Skoleondersteuningsentrum SOS

Skoleondersteuningsentrum SOS Die SOS is daartoe verbind om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker.

Ons werk om bestaande gehalteonderrig te behou en te versterk, terwyl ons ook daar waar dit nodig is, nuwe geleenthede skep. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou. Afrikaanse skole in Suid-Afrika vaar uitsteke

nd op elke opvoedkundige terrein. Te midde van druk vanuit verskeie oorde, bly Afrikaanse skole steeds eilande van uitnemendheid wat vir ouers waarde vir geld en vir leerders ’n skoolloopbaan van wêreldgehalte bied. Die SOS werk om elke skool in ons land, waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied. Ons fokus hoofsaaklik op die ondersteuning en ontwikkeling van Afrikaanse onderwysers. Ons glo dat hierdie belegging ’n hoë opbrengs lewer – suksesvolle leerders wat hul skoolloopbaan voltooi met verskeie keuses vir tersiêre opleiding en beroepe.

’n Onderwysstelsel is net so goed soos die gehalte van sy onderwysers! - McKinsey-verslag

08/09/2026

KI is oral, maar hoe gebruik ’n mens dit werklik sinvol in die klaskamer?

Die KI-padkaart vir onderwysers help jou om jou weg deur die wêreld van KI te vind. Tydens dié praktiese webinaar kry jy ’n beter begrip van KI en hoe jy dit op ’n bruikbare manier in jou onderrig kan toepas.

- 9 September 2026
- 15:00 – 16:00
- Aanlyn (Microsoft Teams)
- R150 vir lede | R250 vir nielede

Moenie verdwaal tussen al die KI-moontlikhede nie. Kry die rigting wat jy nodig het en bespreek jou plek vandag:

https://skoleondersteuningsentrum.jotform.com/262142331303946

Skole, skoolhoofde, skoolbestuur én ouers – ons wil graag van julle hoor.Solidariteit doen tans navorsing om ’n beter be...
08/09/2026

Skole, skoolhoofde, skoolbestuur én ouers – ons wil graag van julle hoor.

Solidariteit doen tans navorsing om ’n beter beeld te kry van openbare skole se huidige posisie en om moontlike toekomsscenario’s vir skole te ondersoek.

Ons nooi jou daarom uit om die skole-onafhanklikheidsvraelys te voltooi – of dit gerus met jou skool, skoolhoof of beheerliggaam te deel.

Die onafhanklikheid van ’n openbare skool is tans nie binne die bestaande wetlike raamwerk moontlik nie. Sommige van die vrae in die vraelys is daarom hipoteties, terwyl ander daarop fokus om feitelike inligting in te samel wat vir hierdie navorsing van belang is.

Alle antwoorde word anoniem en vertroulik hanteer en uitsluitlik vir navorsingsdoeleindes gebruik.

Neem deel aan die navorsing:
https://www.surveymonkey.com/r/SNIskole

Hoe meer skole en belanghebbendes deelneem, hoe beter kan ons die huidige werklikheid verstaan en verantwoordelik oor die toekoms van skole d**k.

Take this survey powered by surveymonkey.com. Create your own surveys for free.

08/09/2026

Ken jy ’n onderwyser of skoolhoof wat grense verskuif en onderwys nuut benader?

André Labuschagne, hoof van Hoërskool Centurion, moedig skole aan om erkenning te gee waar dit verdien word.

Nomineer jou Onnieveerder vóór 10 September by onnieveerder.skole.co.za.

06/09/2026

Landbouonderwys gaan nie net oor wat vandag in die klaskamer gebeur nie. Dit gaan ook oor hoe ons vandag belê in die kennis, vaardighede en mense wat môre die landboubedryf verder gaan neem.

Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, vertel wat jy by vanjaar se Landbouonderwyskongres kan verwag en waarom hierdie geleentheid nie misgeloop moet word nie.

Kom luister na kundiges, deel idees met ander rolspelers en kry praktiese kennis en nuwe perspektiewe wat jy saam met jou kan terugneem skool toe.

Kom gesels, leer en bou saam aan sterker landbouonderwys vir die volgende geslag.

28–29 September 2026
CVO Gromar, Groblersdal
R950 p.p.

Bespreek jou plek: landboukongres2026.skole.co.za

06/09/2026

Wie in jou skool verdien om raakgesien te word?

Nominasies sluit op 10 September. Moenie jou Onnieveerder se kans op erkenning laat verbyglip nie, daar is 4 dae oor tot nominasies sluit.

Probleme klop aan die kantoordeur.Onnieveerders antwoord met 'n plan.Hettie Smith van Laerskool Danie Malan het ditbewys...
04/09/2026

Probleme klop aan die kantoordeur.
Onnieveerders antwoord met 'n plan.
Hettie Smith van Laerskool Danie Malan het dit
bewys toe sy in 2025 as Innoverende Skoolhoof
aangewys is.

Ken jy só skoolhoof of onderwyser aan die voorpunt van
vernuwing en innovasie? Net 6 dae oor om een te nomineer!

Nomineer hulle voór 10 September by
onnieveerder.skole.co.za.

03/09/2026

Wanneer ’n kind bedreig voel, is die fokus op oorleef. Nie floreer en leer nie.

In hierdie episode van SkoolSlim gesels dr. Leandie Bräsler met Lourindi Nel, spelterapeut by Learning for Life, oor trauma in die klaskamer en waarom dissipline ook insig in die geheelkind verg.

Nou beskikbaar op AfriForumTV of YouTube: https://youtu.be/Ri2EItg3gS4?si=fGAqEX7vRgfcbCDj

02/09/2026

Wie in jou personeelkamer help vandag reeds om môre se leiers te vorm?

Daardie onderwyser wat elke dag méér doen as om net klas te gee, verdien om raakgesien te word.

Retief Smith, skoolhoof van Hoërskool Eldoraigne, moedig skole aan om hul Onnieveerders te nomineer.

Nomineer jou Onnieveerder vóór 10 September by onnieveerder.skole.co.za.

Address

Trentbridge Kantoorpark, Blok A, Eerste Vloer Leoniestraat 183
Centurion
0163

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27126120234

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Skoleondersteuningsentrum SOS posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Skoleondersteuningsentrum SOS:

Shortcuts

Share

Category