Lawwe Lyfies is ‘n eksklusiewe speelskooltjie vir 3 -5 jariges, met ’n vrolike atmosfeer in ‘n rustige omgewing.
‘n Verskeidenheid van vaardighede word gestimuleer en aangeleer;
• Persepsuele vaardighede
• Groot motoriese vaardighede
• Fyn motoriese vaardighede
• Visuele en ouditiewe stimulasie en vaardighede
• Ruimtelike oriëntering en korrekte liggaamsbalans en -houding
• Woordeskat-en taal vaar
dighede
• Basiese etiket en goeie maniere. Ek was 10 jaar in die onderwys met ondervinding van Hoërskool, laerskool en kleuterskool. Ek het my graad verwerf aan die Universiteit van Potchefstoom waar ek ook my Honneurs in Opvoedkundige Sielkunde verwerf het. Ek is passeivol oor kinders en het vier kleuters van my eie. Ek volg ‘n gebalanseerde dagprogram van 09h00 tot 12h00 wat gevul is met kreatiewe stimulasie en prettige leergeleenthede. ‘n Informele onderrig styl word gebruik, want kinders leer deur te speel, ervaar en te beleef. Ek glo dat elke kleinding 'n indivu is, en dat elkeen se persoonlikheid, eienskappe en fases op hul eie spesiale manier gestimuleer moet word. Alhoewel ek glo dat kleuters 'n daaglikse stimulasie program vir brein, kognitiewe, en motoriese ontwikkeling moet hê, glo ek ook dat hul so veel as moontlik moet leer deur spel. Speel is nog die belangrikste vorm van stimulasie vir kleuters, en is ook waar sosiale ontwikkeling plaasvind, wat belangrk is vir aanpassing in die skool. Die maats is vir my baie spesiaal en dis 'n voorreg om elke een te sien groei, leer en ontwikkel. Ek sien met trots en liefde hoe al die leer , speel, en stimulasie ons kleingoed laat blom. Ek probeer om dikwels fotos van die oulike goedjies wat ons kleingoed aanvang te neem, en stuur dit graag vir Mamma en Pappa, om hul deel te hou van ons maatjies se dag. Dit is vir my belangrik dat kleuters ontwikkel word, kreatiwiteit aangekweek word, selfstandigheid en selfvertroue ontwikkel word, aangesien kinders die skatte van die koninkryk is. Bo alles streef ek daarna om liefde, geloof en vertroue in God in elke hartjie te saai deur kennis van Sy woord, lofprysing en gebedjies.