13/09/2024
ASTRO-OPENING
Almal is welkom om môre die astro-opening by te woon. Ons het 22 spanne wat sosiale wedstryde na die openingseremonie en eerstespanwedstryd gaan speel. Ons gaan ook vanaf 11:30 vure aansteek en braai. Die skool voorsien pap en sous; bring gerus u eie vleis saam. Kom geniet die dag saam met ons!
11/09/2024
Ons wil graag ons dankbaarheid uitspreek aan Goscor Lift Trucks, Goscor Earthmoving Equipment vir die borg van 'n "skidsteer" en bestuurder. Dit het die opruim van ons nuwe Astro-veld spoedig laat verloop.
19/08/2024
Skoonmaak Saterdag, elke hand sal waardeer word!
06/08/2024
🏑ASTRO-PROJEK🏑
Vandag is 'n groot dag - Ons blou astromat word afgelaai.
21/06/2024
Onthou ons gaan more bourommel optel en daarna braai! Ons begin so 9:00 en braai teen 11:30. Bring asb pikke, grawe, kruiwaens en handskoene. Daar is braaiers, hout en houtskool, bring asb wat julle wil braai en iets om te drink.
27/05/2024
🏑ASTRO-PROJEK🏑
Die blou mat is op pad!
Die mat is gelaai op 'n vragskip van China af en behoort teen die einde Junie in die Durban hawe aan te kom.