31/08/2026
Vanoggend op pad werk toe stop ek by ân robot. ân Man loop verby my kar⊠en soos hy verby die karre stap, groet hy elke bestuurder. Met ân groot glimlag op sy gesig. My eerste gedagte? âAg nee⊠wat wil hierdie ou nou weer hĂȘ?â
Ek is so gewoond aan die gedagte dat mense iets wil hĂȘ of vra, ek het outomaties aanvaar hy gaan ook iets van my vra. Maar hy het nie...Hy het net gegroet...
Hy het verby my kar geloop, steeds met 'n groot glimlag, en aangestap na waarheen hy oppad was. En toe tref dit my. Ek het nie teruggegroet nie... Ek het nie eers terug gesmile nie! En skielik voel ek skuldig...
Nie omdat ek iets verkeerd gedoen het nie, maar omdat ek toe besef hoe maklik ons soms deur die lewe gaan, altyd gereed om onsself te beskerm. Ons verwag die slegte. Ons verwag dat iemand iets van ons wil hĂȘ. Ons is haastig. Ons is moeg. Ons is gestres.
En soms vergeet ons net om vriendelik te wees. Want wat kos dit regtig om iemand te groet? Wat kos dit om vir iemand te glimlag? Wat kos dit om vir iemand ân mooi woordjie te sĂȘ, sommer net omdat ons kan?
Absoluut niks!
Inteendeel⊠dalk maak dit jĂłĂș dag ân bietjie beter. Dalk maak dit iemand anders se dag ân bietjie ligter.
Ons leef in ân wĂȘreld met soveel stres, griewe, bekommernisse en hartseer. Maar daar is ook plek vir die klein goed.
ân Glimlag.
ân Groet.
ân âLekker dag verder.â
ân Surprise koppie koffie.
ân Klein verrassinkie op ân kollega se lessenaar.
ân Boodskap aan iemand wat jy weet ân moeilike dag het.
Sommer net....
So, my challenge vir jou vandag:
âïž Groet iemand wanneer jy in die ry staan en wag om vir jou brood te betaal.
âïž Glimlag vir 'n vreemdeling.
âïž SĂȘ iets mooi vir iemand met wie jy min praat.
âïž Doen iets kleins wat iemand se dag kan ligter maak.
Want dalk is vriendelikheid nie altyd ân groot gebaar nie. Dalk is dit net ân glimlag by ân robot.
En volgende keer⊠gaan ek terug glimlag.