26/09/2026
Wingu Academy is op soek na Afrikaans Huistaalsprekers wat ons kan help om gehalte aanlyn leerinhoud vir Graad 1 en Graad 8 te ontwikkel.
Die meeste van die inhoud bestaan reeds — ons benodig mense met ’n uitstekende Afrikaanse taalvermoë wat die inhoud akkuraat en natuurlik in Afrikaans kan vertaal en aanpas vir verskeie vakke.
💛 Wat maak hierdie geleentheid besonders?
Werk buigsame ure, ontvang al die nodige opleiding en kry waardevolle ervaring in die groeiende wêreld van EdTech en digitale inhoudskepping.
Studente is ook welkom om aansoek te doen.
As jy passievol is oor Afrikaans, onderwys en die ontwikkeling van inhoud wat ’n verskil in leerders se leerervaring kan maak, wil ons graag van jou hoor.
📩 Stuur jou CV, ’n afskrif van jou kwalifikasies en jou mees onlangse akademiese rekord na: [email protected]
Sluit aan by Wingu Academy en help ons om uitstekende Afrikaanse leerinhoud vir die volgende generasie leerders te skep.