Altewys

Altewys Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Altewys, Education Website, 161 Ruimte Road, Wierdapark, Centurion.

πŸ„ Interaktiewe werkswinkels, mentorskap en ekstra klasse
πŸ„ Sielkundegebaseerde metodes
πŸ„ BSc in Sielkunde, Fisiologie en Genetika | Honneurs in Toegepaste Sielkunde
πŸ„ BCom Bedryfsielkunde | NGOS

πŸ§ͺπŸ”¬ Wetenskap kom tot lewe!Voor die eksamen het ons Graad 6 Natuurwetenskappe en Tegnologie-klas hul hande vuil gemaak me...
09/07/2026

πŸ§ͺπŸ”¬ Wetenskap kom tot lewe!

Voor die eksamen het ons Graad 6 Natuurwetenskappe en Tegnologie-klas hul hande vuil gemaak met praktiese eksperimente! πŸ‘©β€πŸ”¬πŸ‘¨β€πŸ”¬

Ons het:
✨ Verskillende mengsels ondersoek
✨ Geleer hoe om mengsels te skei
✨ Versadigde en onversadigde oplossings gemaak en vergelyk
✨ Ontdek dat die beste manier om wetenskap te leer, is om dit self te ervaar!

By Altewys glo ons dat leer nie net uit boeke gebeur nie – dit gebeur deur vrae te vra, te eksperimenteer en self te ontdek. πŸ’šπŸ„

🌟 Ons het jou hulp nodig! 🌟Ons is ongelooflik dankbaar om genomineer te wees vir Best of Pretoria 2026 – Best Educationa...
09/07/2026

🌟 Ons het jou hulp nodig! 🌟

Ons is ongelooflik dankbaar om genomineer te wees vir Best of Pretoria 2026 – Best Educational Service! ❀️

Elke stem beteken vir ons wΓͺreld. As Altewys al 'n verskil in jou of jou kind se lewe gemaak het, sal ons dit opreg waardeer as jy vir ons stem.

✨ Jou ondersteuning help ons om nog meer kinders te ondersteun, te inspireer en te help groei.

πŸ’› Stem vandag vir Altewys Tutoringsentrum!

Dankie dat julle deel is van ons reis. Ons kon dit nie sonder julle doen nie! πŸ„β€οΈ

https://www.bestofsouthafrica.co.za/pretoria/bop-voting-education/

πŸ“š SUKKEL JOU KIND MET REKENINGKUNDE?KORT HULE DALK 'N HUPSTOOT OM BY HULLE ONDERSKEIDING UIT TE KOM? πŸ“šOns bied klein gro...
10/06/2026

πŸ“š SUKKEL JOU KIND MET REKENINGKUNDE?

KORT HULE DALK 'N HUPSTOOT OM BY HULLE ONDERSKEIDING UIT TE KOM? πŸ“š

Ons bied klein groep Rekeningkunde-lesse vir Graad 8–12 leerders aan!

Ons fokus daarop om leerders te help om konsepte werklik te verstaan, moontlike gappings in vorige kennis te vul, selfvertroue te bou en beter punte te behaal.

βœ” Graad 8–12 CAPS-kurrikulum
βœ” Maksimum 6 leerders per groep
βœ” Weeklikse 1-uur lesse
βœ” Toets- en eksamenvoorbereiding
βœ” Individuele aandag in 'n klein groep
βœ” Ervare tutor met 'n BCom-graad en onderwysopleiding

πŸ“ Wierdapark, Centurion

⚠️ Slegs 6 plekke per groep beskikbaar!

Kontak ons vandag om jou kind se plek te bespreek.

πŸ“§ [email protected]
πŸ“ž 061 074 7330

πŸ† Ons het opwindende nuus!Altewys is genomineer vir Best of Pretoria 2026! πŸ’šWat as 'n passie begin het om leerders te he...
08/06/2026

πŸ† Ons het opwindende nuus!

Altewys is genomineer vir Best of Pretoria 2026! πŸ’š
Wat as 'n passie begin het om leerders te help groei in selfvertroue en akademiese sukses, het ontwikkel in 'n gemeenskap van ongelooflike leerders, ondersteunende ouers en toegewyde tutors.

Hierdie nominasie behoort aan elke leerder wat hard gewerk het, elke ouer wat ons vertrou het met hul kind se opvoeding, en elke tutor wat daagliks hul hart in onderrig uitstort.

Dankie dat julle deel is van ons reis. Ons waardeer elkeen van julle se ondersteuning meer as wat woorde kan sΓͺ. πŸ’š

πŸ—³οΈ Stemmery begin op 23 Junie 2026, so hou ons blad dop vir meer inligting.

05/06/2026

🎭 Wat is die verskil tussen stereotipering, vooroordeel en diskriminasie?

By ons PSW Neutedop-klas het ons hierdie belangrike konsepte op 'n prettige en praktiese manier verken deur poppe en rolspel te gebruik! 🧠✨

Wanneer ons leer deur te doen, word moeilike begrippe makliker om te verstaan Γ©n te onthou. Vandag se klas was gevul met lag, leer en waardevolle gesprekke oor hoe ons ander mense behandel.

🌱 Klein lesse vandag kan 'n groot verskil maak in hoe ons môre met mekaar omgaan.

πŸŒπŸ—ΊοΈ Nog ’n lekker Neutedop Geografie klas agter die rug! Hierdie naweek het ons hard gewerk, baie geoefen en saam voorbe...
03/06/2026

πŸŒπŸ—ΊοΈ Nog ’n lekker Neutedop Geografie klas agter die rug! Hierdie naweek het ons hard gewerk, baie geoefen en saam voorberei vir vandag se Geografie eksamen πŸ“šβœ¨

Ek is trots op elke leerder se moeite en deursettingsvermoΓ«. Sterkte vir die eksamen β€” julle gaan pragtig doen! πŸ’š

Ons het die naweek baie pret gehad by ons PSW Neutedop-klas! βœ¨οΈπŸ˜πŸ„Hier gebruik ons poppe om verskillende scenario's uit t...
31/05/2026

Ons het die naweek baie pret gehad by ons PSW Neutedop-klas! βœ¨οΈπŸ˜πŸ„

Hier gebruik ons poppe om verskillende scenario's uit te beeld om die verskil tussen diskriminasie, stereotipering en ander belangrike konsepte beter te verstaan.

Dankie vir almal wat deelgeneem het. Ons sien julle weer volgende naweek vir die res van die vakke.

✨ Harde werk + die regte ondersteuning = groei! ✨Hierdie leerder het van 34% in Kwartaal 1 na 83% in Kwartaal 2 verbeter...
22/05/2026

✨ Harde werk + die regte ondersteuning = groei! ✨

Hierdie leerder het van 34% in Kwartaal 1 na 83% in Kwartaal 2 verbeter in haar formele Wiskunde-assesserings! πŸ“šβž•

Ons is ongelooflik trots op die toewyding, moeite en selfvertroue wat sy oor die afgelope maand opgebou het. πŸŒ±πŸ’š

By Altewys fokus ons op meer as net punte β€” ons wil ontwikkel | ondersteun | presteer.
Blaai om te sien wat konsekwente ondersteuning en oefening in net een kwartaal kan doen! πŸ‘β­

Deel 2 van ons studievaardighede-werkswinkel β€” Die naweek het leerders praktiese studiemetodes geleer, soos hoe om effek...
04/03/2026

Deel 2 van ons studievaardighede-werkswinkel β€” Die naweek het leerders praktiese studiemetodes geleer, soos hoe om effektiewe opsommings te maak, inligting te visualiseer en hul breine te help om inligting beter te onthou πŸ§ πŸ“š

Baie dankie aan Ietzie Pienk Ietzie Groen Naskool vir die geleentheid om hierdie werkswinkel by julle aan te bied 🌱

Address

161 Ruimte Road, Wierdapark
Centurion
0157

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Altewys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Altewys:

Shortcuts

Share