Wierda Baba Sentrum

Wierda Baba Sentrum Die Sentrum sal streef om u baba/peuter 'n tweede tuiste te bied deur liefdevolle versorging.

🌸🌿 Geseënde Lentedag, WBS-familie! 🌿🌸Vandag vier ons die begin van ’n nuwe seisoen – ’n seisoen van nuwe groei, nuwe hoo...
01/09/2026

🌸🌿 Geseënde Lentedag, WBS-familie! 🌿🌸

Vandag vier ons die begin van ’n nuwe seisoen – ’n seisoen van nuwe groei, nuwe hoop en nuwe geleenthede. 🌷💛

Soos die blomme begin blom en die bome weer hul groen tooisel aantrek, is ons dankbaar vir elke klein maatjie wat daagliks groei, leer en op hul eie besondere manier blom. 🌼🦋

Mag hierdie lente vir elke WBS-gesin gevul wees met vreugde, liefde, sonskyn en baie mooi herinneringe saam. ☀️🌸

Welkom, Lente! Ons is bly jy is hier! 🌷💚

🌸

Nog ’n oud-WBS-maatjie wat uitblink in dans! 💃✨Ons is ongelooflik trots op jou, Danè! ❤️ Hou aan dans en jou drome najaa...
31/08/2026

Nog ’n oud-WBS-maatjie wat uitblink in dans! 💃✨
Ons is ongelooflik trots op jou, Danè! ❤️ Hou aan dans en jou drome najaag! 🌟👏

27/08/2026
🐄🥛 Ons het ’n week vol opwinding gehad met ons Beeste & Suiwel-tema!Berta die Koei het vir ons kom kuier, en ons het som...
23/08/2026

🐄🥛 Ons het ’n week vol opwinding gehad met ons Beeste & Suiwel-tema!

Berta die Koei het vir ons kom kuier, en ons het sommer baie geleer oor beeste en waar melk vandaan kom. 🐮🥛 Ons het ook heerlike sjokolademelkies gedrink en aan lekker kaas geproe wat van melk gemaak word. 🧀😋

Ons het geknip ✂️, ingekleur 🎨, middellynkruising geoefen en heerlik sensories ontdek.

Van leer tot lag – ons week was propvol pret, ontdekking en klein handjies wat groot dinge leer! 💛🐄

Ons sluit die week se tema Groente en Vrugte af met 'n heerlike bakkie sop en 'n vars vrugteslaai wat die maats self gem...
08/08/2026

Ons sluit die week se tema Groente en Vrugte af met 'n heerlike bakkie sop en 'n vars vrugteslaai wat die maats self gemaak het! 🍲🍎🍇

Hierdie week het ons geleer dat ons party groente gaar of rou kan eet, met of sonder skil kan geniet. Ons klein sjefs het met groot trots geproe en gesmul.

Gelukkig het niemand die lepel saam met die sop geëet nie... net die lekkerte! 😄
Wat 'n smaaklike manier om die week af te sluit!

🐦 Wat ’n onvergeetlike afsluiting van ons Voëls-tema! 🪶Ons het ons Voëls-tema op ’n besonderse manier afgesluit met ’n b...
01/08/2026

🐦 Wat ’n onvergeetlike afsluiting van ons Voëls-tema! 🪶

Ons het ons Voëls-tema op ’n besonderse manier afgesluit met ’n besoek van Family Pet Centre Centurion.

Ons klein ontdekkers het eerstehands meer geleer oor verskillende voëls, hul gewoontes en unieke eienskappe. Daar was gefladder van vlerke, nuuskierige ogies, oop monde van verwondering en selfs ’n paar maatjies wat gewens het hulle kon saam met die voëls huis toe vlieg! 🤩🐦

Dit was die perfekte afsluiting van ’n week vol leer, pret, lag en wonderlike ontdekkings. Baie dankie aan Family Pet Centre Centurion vir julle tyd en die besondere ervaring wat julle vir ons kinders geskep het. 💙

Wat ’n heerlike verrassing! 🥞❤️Ons dag is ekstra spesiaal gemaak toe twee oud-WBS-maatjies, Lariska en Eben, ons vandag ...
31/07/2026

Wat ’n heerlike verrassing! 🥞❤️

Ons dag is ekstra spesiaal gemaak toe twee oud-WBS-maatjies, Lariska en Eben, ons vandag kom verras het met heerlike pannekoek!

Baie dankie, Mamma Leryke Potgieter, dat julle kom kuier het. Dit is altyd so lekker om ons oud-maatjies weer te sien en te beleef hoe mooi hulle groei. Julle sal altyd deel van die WBS-familie wees! 💛

🦁🌿 Safari-avontuur by WBS! 🌿🦏Ons het ons Wilde Diere-tema op die lekkerste manier afgesluit – met ’n Safari in ons eie t...
25/07/2026

🦁🌿 Safari-avontuur by WBS! 🌿🦏

Ons het ons Wilde Diere-tema op die lekkerste manier afgesluit – met ’n Safari in ons eie tuin! 🚙🐘

Ons klein wildbewaarders het op avontuur gegaan op soek na die Groot 5. Van die leeu se magtige brul tot die olifant se trompet en die ander wilde diere se geluide… die hele tuin het behoorlik geleef terwyl Juffrou die maatjies meer van elke dier vertel het. 🦁🐘🦏🐆🐃

Nuuskierige ogies, groot glimlagte en hope pret – ’n safari wat ons nie sommer gou sal vergeet nie! 💚🌿🐾

21/07/2026

🌳🍎 Die appel val nie ver van die boom nie! 🍎🌳

Ons is sommer baie opgewonde oor ons Ouma- en Oupadag wat voorlê! 💛

Liewe Oumas, Oupas en Grootouers – kom geniet ’n heerlike piekniek saam met julle klein hartediefies en maak kosbare herinneringe wat ’n leeftyd sal hou.

🧺 Datum: 12 September

Ons kan nie wag om julle te verwelkom nie! 🌼❤️

Address

174 Ruimte Road
Centurion Outlying
0157

Opening Hours

Monday 06:00 - 18:00
Tuesday 06:00 - 18:00
Wednesday 06:00 - 18:00
Thursday 06:00 - 18:00
Friday 06:00 - 18:00

Telephone

+27799562186

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wierda Baba Sentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Wierda Baba Sentrum:

Shortcuts

Share

Category