Kleuterzone Paarl Suid

Kleuterzone Paarl Suid Kleuterzone Suider Paarl is ‘n skool met ongelooflike oulike personeel. Gaan loer gerus op die personeel skakel van ons webtuiste.
(1)

Ons Personeel is passievol, toegewyd en kan nie wag om deel te wees van elke maat se ontwikkeling nie. Kleuterzone Suider Paarl is ‘n nuwe skool met ongelooflike oulike personeel. Ons arms is oop vir babas vanaf 3 maande tot kleuters van 5 jaar. Ons klassies is tweetalig en elke dag se lessies word in Engels en Afrikaans aangebied. Ons kurrikulum sluit die volgende in:
• Sensoriese Ontwikkeling
• Perseptuele Ontwikkeling
• Fynmotoriese Ontwikkeling
• Kuns en Skeppinde Aktiwiteite
• Grootmotoriese Ontwikkeling
• Musiek en Ouditiewe Ontwikkeling
• Wiskundige Vaardighede
Ons bied al die bo genoemdes aan op n opwindinde en pret manier en dit word elke dag ontwikkel en herhaal vir goeie vaslegging by elke maat. Robotica word ook by ons aangebied as n buitemuurse aktiwiteit en word in ons skoolfonds ingesluit. Ons glo dat elke klein mensie verskil en gun ook elke kleuter die reg om ekspressief te wees. Ons glo ook in leer deur speel en strewe daarna om elke dag vir ons kinders opwindend te maak. Ons Kleuterzone span glo: SAAM KAN ONS ENIGE IETS BEREIK”. Ons floreer wanneer ons saam werk en beplan om dit in ons allerdaagse aktiwiteite toe te pas. Alleen kan ons so min doen, maar saam kan ons die wêreld verander. Daarom glo ons dit is belangrik om hande te vat met ons ouers en saam te werk aan n beter toekom vir ons kleuters. Ons is ‘n Christelike skool en dus neem ons span ook hande met die Here en sal Bybelstudie en Gebed in elke klas op n daaglikse basis beoefen word. Ons ag ons skool as n liefdevolle tweede tuiste, en ons sien uit en is dankbaar vir die voorreg om deel te wees van die kinders by Kleuterzone Suider Paarl se opvoeding en ontwikkeling.

Address

Portion 6, Farm Lo Andrie, Nr815, Corner Of Contractorspad & R45
Cape Town
7646

Opening Hours

Monday 06:00 - 18:00
Tuesday 06:00 - 18:00
Wednesday 06:00 - 18:00
Thursday 06:00 - 18:00
Friday 06:00 - 18:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleuterzone Paarl Suid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Kleuterzone Paarl Suid:

Shortcuts

Featured

Share

Category