Noag se arkie Kleuterskool

Noag se arkie Kleuterskool Noag se arkie streef daarna dat elke kleuter sy volle potensiaal sal bereik, deur gehalte opvoeding, met deernis en liefde.

Christelike kleuterskool (1 - 5 jaar) in Welgelegen, Parow (Die Panorama, Plattekloof en Welgelegen areas)
Waar kleuters met christelike sorg toegerus word vir groei en ontwikkeling. Noag se arkie is n Christelike kleuterskool wat daar na streef om elke kleuter die geleentheid te gun om ten volle te ontwikkel op alle terreine ter voorbereiding vir graad R. Dit is ook baie belangrik vir Noag se arkie om:
• ‘n Veilige hawe te skep vir die kleuters
• Die kleuters geestelik, verstandelik en liggaamlik voor te berei vir die wêreld daar buite
• Gesonde, konstruktiewe spel en ontspanning te bied vir die kleuters

TAAL
Afrikaans is die primêre voertaal van Noag se arkie. Op sommige dae word storie-tyd en kringe in Engels aangebied en die kleuters leer sodoende maklik die tweede taal aan. FASILITEITE
• Opvoedkundige speelgoed
• Klim en klouter apparaat
• Swaaie
• Skoon sandput
• Gras areas
• Trampolien
• Kasteel met fantasie hoekies

SKOOLURE
• Die hek is oop vanaf 7:00
• Dagprogram begin stiptelik om 8:15
• Ontbyt word bedien teen 8:15
• Laatkommers steur die groepsaktiwiteit en verbreek die konsentrasie van die ander kleuters. Sorg dus asb dat kleuters betyds by die skool sal wees.
• Kleuters mag vanaf 13:00 gehaal word.
• Die skool sluit 14:00. Wees asb stiptelik met die afhaal van kleuters. Dit is vir ons eerste prioriteit dat u kleuter veilig afgelaai word in die oggend. Dus maak ons dit ons werk om elke kleuter persoonlik by die hek te ontmoet en klas toe te neem. Ouers moet asb so gou as moontlik vertrek. Onthou u kleuter is in goeie hande en trane droog vinnig op sodra ouers gery het. RUSTYD
Die DEPARTMENT VAN GESONDHEID vereis dat kleuters wat die skool bywoon sal rus. Elke kleuter word met sy/haar eie matras en kussing voorsien. Kleuters moet hulle eie gemerkte kombers saambring.

🌈 Registreer nou vir 2027! 🌈  Soek jy 'n veilige, liefdevolle plek waar jou kleintjie kan speel, leer en groei in God se...
27/09/2026

🌈 Registreer nou vir 2027! 🌈

Soek jy 'n veilige, liefdevolle plek waar jou kleintjie kan speel, leer en groei in God se liefde? By Noag se arkie is elke kind 'n spesiale geskenk. 💛

Ons is meer as net 'n skool – ons is 'n tweede huis:

👶 Ouderdomme 1 – 5 jaar
💛 Klein klassies en persoonlike aandag
🎓 Ervare, gekwalifiseerde onderwysers
💬 Afrikaans en Engels
📝 Daaglikse skriftelike terugvoering aan ouers
🍽️ Ontbyt en gekookte middagete ingesluit
🕖 Skoolure 07:00 – 14:00, voldag tot 17:30

Laat jou kind se avontuur hier begin – moet nie die ark mis nie! ⛵

👉 Registreer aanlyn: https://www.noagsearkie.co.za/registreer/
📞 Of skakel vir Elaine de Bruin (skoolhoof): 083 342 7400
📍 39 General Jaap van Deventer Street, Welgelegen 2, Kaapstad

31/08/2026

💚 BAIE DANKIE! 💚

Wat 'n spesiale dag was ons Noag se Arkie Pretloop!

Die weer het gedreig, maar dit het nie een van ons gekeer nie reënstewels,
sambrele en 'n klomp groot glimlagte het die dag gemaak. Dankie aan elke
ouer, oupa, ouma en maatjie wat opgedaag het, saamgestap, saamgehardloop
en saamgelag het. Julle ondersteuning is die hart van hierdie dag, en dit
is danksy julle dat die Pretloop so 'n groot sukses was.

'n Besonderse dankie aan ons borge, wat dit alles moontlik gemaak het:

🌈 Bossa Burgundy
🌈 Schell Dental Hygiene
🌈 en nog baie ander

Julle vrygewigheid het die pryse, die pret en die glimlagte moontlik gemaak.
Ons waardeer dit meer as wat woorde kan sê.

Dankie ook aan elke helper agter die skerms — die wat koffie en warm sjokolade
geskink het, die tafels gedek het, die roete gemerk het en die sertifikate
uitgedeel het. Julle het die dag laat werk.

Ons harte is vol. Sien julle volgende jaar! 💚

31/08/2026
🏃‍♀️🌈 NOAG SE ARKIE FUN RUN 2026! 🌈🏃‍♂️Dis amper tyd vir ons GROOT jaarlikse fondsinsameling en hierdie jaar gaan dit ’n...
18/08/2026

🏃‍♀️🌈 NOAG SE ARKIE FUN RUN 2026! 🌈🏃‍♂️

Dis amper tyd vir ons GROOT jaarlikse fondsinsameling en hierdie jaar gaan dit ’n PRET-dag vir die hele gesin wees! 🎉

📅 Saterdag, 29 Augustus 2026
⏰ 09:00
📍 NG Kerk Panorama
🏃 2,5 km of 5 km – jy kies!

En die beste deel? 😍
☕🍫 ELKE inskrywing kry ’n GRATIS drankie van Bean Authentic! Kies tussen koffie, hot chocolate, Kids Chino of sugar-free hot chocolate. Dit moet op die dag af gehaal word

👨‍👩‍👧‍👦 Almal is welkom!
Kinders, volwassenes, stootwaentjies, klein fietsies en selfs honde aan ’n leiband. 🐶

🎪 Daar gaan ook hope pret wees:
✨ Gesigverf
✨ Springkastele en kinderaktiwiteite
✨ Heerlike kos en drinkgoed
✨ Raffles met fantastiese pryse

🎟️ Inskrywings:
Volwassenes: R100
Kinders onder 18: R50
Noag se Arkie-leerders: GRATIS

❤️ Kom stap, draf of hardloop saam met ons en help ons om van hierdie fondsinsameling ’n groot sukses te maak!

👉 MOENIE WAG NIE – SKRYF NOU IN!
🔗 https://shop.noagsearkie.co.za/product/noag-se-arkie-2-5-5-km-fun-run-2026/

📣 Tag jou stap- of hardloopmaat en deel hierdie post met familie en vriende!

Ons sien julle daar! 🌈🏃‍♀️🏃‍♂️

🏃 Kom geniet ’n lekker oggend saam met die hele gesin! Sluit aan by Noag se Arkie Kleuterskool se jaarlikse 5 km Fun Run. ✔ Saterdag 29 Augustus 2026 ✔ 09:00 ✔ NG Kerk Panorama Elke inskrywing ontvang ’n GRATIS drankie van Bean Authentic. NB: Die drankie moet op 29 Augustus 2026 afgehaa...

31/07/2026

🐦 Kuns van die Week: Voëls

Hierdie week het ons kleuters die wonderlike wêreld van voëls ontdek! Van pikkewyne van geskeurde swart papier, tot kuikentjies wat in die nes wag, tot voëltjies vol sagte vere — elke kunswerkie is met klein handjies en groot liefde gemaak. 💛

Kyk gerus na die video en sien hoe hoog ons kleintjies vlieg!

Noag se arkie Kleuterskool
📞 083 342 7400 | 🌐 www.noagsearkie.co.za


🎵 Music track: Coconut Kind of Love by Aetheric
Source: https://freetouse.com/music
No Copyright Music for Video (Free)

03/07/2026

❄️ Kuns van die Week: Winter en Teenoorgesteldes ❄️

Ons kleuters by Noag se Arkie Kleuterskool het hierdie week met groot pret geleer oor teenoorgesteldes — dag en nag, son en maan, warm en koud! 🌙☀️

Kyk hoe pragtig het hulle hul eie winterse musse, handskoene en dag-en-nag-kunswerke geskep. Elke stukkie is met liefde en klein handjies gemaak. 💙🎨

Ons is so trots op ons kleintjies se kreatiwiteit! Watter kunswerk is jou gunsteling? 👇

21/06/2026

🌈 Gelukkige Vadersdag aan al ons spesiale pappas! 🌈

Vandag vier ons júlle, ons helde! 💙

Dankie vir die sterk arms wat ons vashou, die lag wat ons harte vul, en die liefde wat nooit ophou nie. Julle beteken die wêreld vir julle kleintjies.

Mag julle dag oorloop van drukkies, soentjies en spesiale oomblikke saam met julle gesinne. 🥰

Julle is kosbaar en julle word ontsettend liefgehad! 🙏

Geseënde Vadersdag van almal by Noag se Arkie! 🚢

Lekker kuns pret by Noag se Arkie Kleuterskool!Ons maatjies geniet dit om kreatief te wees en hul verbeelding te gebruik...
23/02/2026

Lekker kuns pret by Noag se Arkie Kleuterskool!
Ons maatjies geniet dit om kreatief te wees en hul verbeelding te gebruik. 🎨✨
Ons is so trots op hulle mooi werk! 💛
📍 Noag se Arkie Kleuterskool

06/11/2025

Wat ‘n fees vir die oë en ore! 🎶💫
Ons kleuters het elke oomblik op die verhoog laat leef – vol selfvertroue, glimlagte en energie! 🌟
Baie dankie aan almal wat hierdie aand só besonders gemaak het – van ons wonderlike ouers en juffrouens tot elke klein held van Noag se arkie. ❤️

Wat ‘n ongelooflike aand! 🌈✨Baie dankie aan al ons ouers, kinders en vriende wat saam met ons gestap het deur Sprokiesla...
06/11/2025

Wat ‘n ongelooflike aand! 🌈✨
Baie dankie aan al ons ouers, kinders en vriende wat saam met ons gestap het deur Sprokiesland by ons konsert! 👑🐻🧚‍♀️

Hier is ‘n paar snippets van die aand vol laggies, musiek en sprokiespret – ons is só trots op elke klein sterretjie van Noag se Arkie Kleuterskool. 🌟❤️

Address

39 General Jaap Van Deventer Street, Welgelegen 2
Cape Town
7500

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 07:00 - 17:30

Telephone

+27833427400

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Noag se arkie Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Featured

Share

Category