Moederhart Opvoedkundige Sentrum is deur 'n moeder-en-dogter span, wat ’n passie vir onderwys en kindersorg het, gestig. Ons benadering en sorg is rondom die hart-van-’n-moeder konsep gesentreer. Ons wil in elke opsig die beste vir ons kinders hê.
Moederhart Opvoedkundige Sentrum is 'n opvoedkundige fasiliteit in Proteahoogte. Dit spreek die fisiese en kognitiewe ontwikkelingsbehoeftes van kinders tussen die ouderdomme 1 tot 5 aan en motiveer leer deur middel van verkenning, kreatiwiteit en gestruktureerde aktiwiteite.
Ons poog om die jong verstand te help vorm en met die nodige sosiale, analitiese en kreatiewe vaardighede toe te rus voordat hulle begin skoolgaan.
· Om 'n veilige en versorgende omgewing te voorsien ten einde 'n genotvolle voorskoolse leerervaring vir elke kind te verseker.
· Om aan ouers die gemoedsrus te gee dat hul kind holisties ontwikkel en versorg word: liggaam, siel en verstand.
· Om in kinders se vormingsjare 'n Bybelse en moreel-gesonde grondslag te vestig deur die bevordering van noodsaaklike waardes van wedersydse respek, hoflikheid en samewerking.
Ons kurrikulum omsluit die volgende:
• Gesonde gewoontes en goeie higiëne
• Veiligheidsbewustheid
• Sensoriese stimulasie
• Ontdek en leer deur vryspel
• Kreatiwiteit en skeppende kunste
• Prettige ouderdom-gepaste en weldeurdagte lesse
• Moedig selfstandigheid, konstruktiewe probleemoplossing, positiewe selfbeeld en verbeterde eiewaarde aan.
Omdat ons daarna streef om gesonde gewoontes te bevorder, bied ons vir elke kind 'n gesonde eetplan wat nie met stysel, suiker en verwerkte proteïen oorlaai is nie. Ons sal daagliks gebalanseerde maaltye bied wat goeie en gesonde ontwikkeling bevorder. Op die manier sal ons kinders die waarde van ’n gesonde leefstyl leer.