03/10/2026
VAKANSIEPROGRAM: SNAAKSE HARE EN ROOMYS 👀 🍨
Ons sluit ons pretbelaaide vakansieprogram op 'n hoë noot af - met uitspattige haarstyle en heerlike roomys! Ons moet vir ons oulike mammas 'n pluimpie gee - julle kreatiewe vernuf het beslis gewys! Baie dankie ook aan ons wonderlike en toegewyde span juffrouens en assistentjuffrouens vir al jul moeite en goeie gees!