06/09/2024
Wanneer mens deur die boek van herinneringe blaai.
Dit is met groot skok dat ek verneem van die heengaan van 'n vriend, studente maat, eks -kollega George Kroneberg .
Ek het George in 1966 ontmoet aan die destydse UKWK. Ons was saam eerstejaar studente en het Aardrykskunde saam geswot.
Na ons studies het ek by Arcadia Sekondêr gaan skool hou en hy was na Florida Hoërskool. Hy was paar jaar ook by Arcadia Sekondêr.
Ons het as huisvriende gereeld gekuier, in sy destydse woning in Sarepta, Kuilsrivier.
Sy oudste twee kinders, Dieter en Liesl, was vriende van my twee seuns, Craig en Ryan.
So verloor mens soms kontak.
Ek het hom per geleentheid weer paar jaar gelede gekry by 'n prys uitdeling geleentheid waar sy kleinkind saam met my kleinkindertjies pryse ontvang het.
Dis met diepe hartseer dat ek vanoggend terugdink aan ons mooi jare van vriendskap.
Rus Sag Groot Man. Jammer ons het so min kontak gehad na Tommy se heengaan.
Innige meelewing met jou vrou Mona, kinders, broer Ivan en suster Fredeline.
Foto geneem met Craig se 5de verjaarsdag.
Op foto:
B Johnson- Arcadia Sekondêr
I Kinnear - Arcadia Sekondêr
George Kroneberg- Arcadia Sekondêr
Franklin Sinden - Arcadia Sekondêr.
Die ander drie het nou alreeds vooruit gegaan. Ek is nog hier. Ons leef op geleende tyd, besef ek elke dag. 🙏🏽 From Ivy Kinnear