Wippie en Snippie Speelskool

Wippie en Snippie Speelskool Wippie en Snippie is 'n Speelskool in Stellenberg en voel soos 'n tweede huis vir ons maatjies.

Ons leer deur te speel, gee individuele aandag aan elkeen en laat hulle toe om veilig en geliefd te voel asook om te groei en te ontwikkel op 'n unieke manier.

Tema:  ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ Ek is trots op my land, Suid-Afrika! ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆOns Wippies leer oor die Suid - Afrikaanse vlag. Daar word ingekleur, g...
28/09/2026

Tema: ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ Ek is trots op my land, Suid-Afrika! ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ

Ons Wippies leer oor die Suid - Afrikaanse vlag. Daar word ingekleur, geverf en geknip. Ons sluit ons tema en kwartaal af met 'n lekker braai!

24/09/2026
Tema: Lente en insekte ๐ŸŒผ๐Ÿฆ‹๐Ÿ๐Ÿ›๐Ÿž๐ŸŒปOns sluit ons Lente tema af deur ons eie tulpe te maak en te versier. Die maatjies leer moo...
18/09/2026

Tema: Lente en insekte ๐ŸŒผ๐Ÿฆ‹๐Ÿ๐Ÿ›๐Ÿž๐ŸŒป

Ons sluit ons Lente tema af deur ons eie tulpe te maak en te versier. Die maatjies leer mooi hulle syfers en ons oefen met liewenheersbesies ons hand oog koordinasie. Die klein Wippies plak die regte kleur stickers op die blomme en ons sorteer insekte wat kruip en vlieg!

By Wippie en Snippie Speelskool groei elke maatjie met liefde en selfvertroue. 'n Skooltjie met Christelike waardes en b...
14/09/2026

By Wippie en Snippie Speelskool groei elke maatjie met liefde en selfvertroue. 'n Skooltjie met Christelike waardes en baie aandag help ons klein hartjies aan groot drome bou.

Tema: Lente en insekte ๐Ÿ’๐ŸŒผ๐Ÿž๐Ÿ›๐Ÿ๐Ÿฆ‹Ons kleur naaldekokers in volgens die regte nommer en kleur en maak 'n mooi lentetuin! Die ...
14/09/2026

Tema: Lente en insekte ๐Ÿ’๐ŸŒผ๐Ÿž๐Ÿ›๐Ÿ๐Ÿฆ‹

Ons kleur naaldekokers in volgens die regte nommer en kleur en maak 'n mooi lentetuin! Die klein Wippies pak knopies en ons groot maatjies oefen om hulle name te pak want die groot skool wag. ๐Ÿคฃ๐Ÿ˜‚

11/09/2026

๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ๐Ÿˆ๐Ÿ’šOns bloed is groen! BokFriday! ๐Ÿ’š๐Ÿˆ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ

Ons mammas en pappas drink Springbokkies, maar ons Wippies is gelukkig met geel vla en groen jellie ๐Ÿ˜‚๐Ÿคฃ

Tema: Mense wat ons help ๐Ÿ‘ฎ๐Ÿง‘โ€๐Ÿš’๐Ÿง‘โ€โš•๏ธ๐Ÿง‘โ€๐ŸณDie laaste bietjie van ons Mense wat ons help tema. Ons het ons agtergrond vir ons k...
08/09/2026

Tema: Mense wat ons help ๐Ÿ‘ฎ๐Ÿง‘โ€๐Ÿš’๐Ÿง‘โ€โš•๏ธ๐Ÿง‘โ€๐Ÿณ

Die laaste bietjie van ons Mense wat ons help tema.
Ons het ons agtergrond vir ons kunswerk lekker met albaster rol gedoen en probeer fokus op rigting met hierdie kunswerkie se agtergrond asook ons beweging. So 'n lekker aktiwiteit wat help met so baie dinge sonder dat ons agterkom ons leer eintlik!

*Ontwikkel fynmotoriese vaardighede deur die bak te hanteer en die albaster te beheer.
*Oefen hand-oog-koรถrdinasie terwyl hulle die albaster dophou en rig.
*Leer die konsep links na regs deur die albaster van links na regs te laat rol.
*Ontwikkel rigtingsbegrip en ruimtelike bewustheid.
*Ervaar oorsaak en gevolg โ€“ wanneer die bak beweeg, beweeg die albaster en laat dit 'n verfspoor.
*Bevorder konsentrasie, beheer en probleemoplossing.
*Ontwikkel kreatiwiteit en selfuitdrukking deur unieke patrone en lyne te skep.

Dit weer raak al hoe lekkerder en ons geniet al hoe meer tyd buite!

'n Paar van ons Wippies het kans gesien vir instrumente vandag om by die spesiale dag te pas! Ons staan as een!  Wat 'n ...
04/09/2026

'n Paar van ons Wippies het kans gesien vir instrumente vandag om by die spesiale dag te pas! Ons staan as een! Wat 'n spesiale dag! Paarl School Development Foundation Paarl-skool/Paarl School

Address

Stellenberg
Cape Town

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 04:00
Thursday 07:30 - 04:00
Friday 07:30 - 04:00

Telephone

+27846112020

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wippie en Snippie Speelskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Wippie en Snippie Speelskool:

Featured

Share