22/09/2026
Juffrou Christine verjaar die vakansie, maar dit is nie 'n verskoning om nié haar verjaarsdag te vier nie!
So, dit was vandag 'n feesdag in die graad 1-klas (ag en sommer vir die hele skool met 'n langer pouse).
Ons is oneindig dankbaar vir alles wat die Here vir ons gee deur ons liewe juffrou. En ons bid dat Hy, die een op wie sy ook volkome vertrou, haar in die nuwe lewensjaar sal seën, naby wees en spaar.
Lekker verjaar juffrou Christine!