23/06/2022
✏️✏️✏️Het jy al ooit gewonder wat 'n inleiding moet bevat? Daar is net drie dinge!
Stuur hierdie plasing vir vriende en familie wat tans studeer of gereeld moet opstelle skryf. Volg ons vir nog baie handige wenke!
Jou inleiding bevat drie dinge:
✏️1. 'n Inleidende sin.
Die inleidende sin verduidelik waar jou opstel inpas in die veld. Eers die groter konteks en dan die kleiner konteks. As jy byvoorbeeld skryf oor n spesifieke sel in die mens se lyf sal jy in jou inleidende sin noem dat hierdie opstel gaan oor mense, biologie en selle. Jy sal ook noem watter spesifieke sel dit oor gaan.
✏️2. 'n Hipotese
Die hipotese is die hoofargument van jou opstel. Daar is 'n gratis plasing op SkryfAfrikaans.com wat dit mooi duidelik verduidelik.
✏️3. 'n Padkaart
Hier gebruik jy 'n paar sinne om te verduidelik watter kleiner argumente jy gaan voer in kou opstel. Dit is dan die "padstops" wat jy gaan maak.
As jy al drie hierdie soort sinne het, het jy n eenvoudige inleiding! Lees meer oor inleidings op SkryfAfrikaans.com.
✏️✏️✏️