12/08/2026
♟️💙 Nog 'n heerlike Vrydag van Vriendskaplike Skaak! 💙♟️
Ons het weer 'n wonderlike dag saam met die skaakspanne van ons mede-skole geniet. Baie dankie aan Vredelust Laerskool vir julle hartlike gasvryheid en vir die veilige, vriendelike en leersame omgewing wat julle vir ons leerders geskep het. ♟️
🏆 Baie geluk aan Noah Labuschagne (Gr. 3) en Willem Kruger (Gr. 4) wat al drie hul wedstryde gewen het! 👏
Waar strategie en deursettingsvermoë ontmoet, word kampioene skuif vir skuif gebou. ♟️✨
12/08/2026
💙💛 Tyd om ons ongelooflike nasorgpersoneel te bederf! 💛💙
Ons Leerderraad het dit vandag spesiaal gemaak vir die mense wat elke middag met soveel liefde en toewyding na ons Terriërs omsien. 🥰🍪☕️
Ons is só dankbaar dat julle deel is van ons Totius-familie! Julle harde werk, geduld, liefde en al die laatmiddae word raakgesien en opreg waardeer. ❤️
'n Groot dankie vir alles wat julle elke dag doen om ons leerders te versorg en 'n veilige, liefdevolle ruimte vir hulle te skep.
Julle maak 'n verskil! 🌟
Met liefde van die Totius-Leerderraad. 💙💛
11/08/2026
🤖🏆 Totius-leerders Skitter by WRO!
Saterdag, 8 Augustus, het drie robotikaspanne aan die jaarlikse WRO (World Robot Olympiad) deelgeneem – twee Elementary-spanne en een Junior-span.
Die spanne moes met voorafgeprogrammeerde robots verskeie uitdagings binne twee minute voltooi, met punte vir take wat suksesvol afgehandel is en die tyd wat dit geneem het.
🎉 Ons Junior-span het ’n fantastiese 3de plek behaal! Ons is besonder trots op ons twee Terriërs, Derik Prinsloo en Ilze Vlok, met hul uitstekende prestasie.
👏 Baie geluk ook aan Janko Meiring, Franqu van der Merwe, Daniël Grobler en Christian Smit wat ook aan die kompetisie deelgeneem het. Ons is trots op elkeen van julle!
STEM kodering ChinguBotics 🤖🏆
10/08/2026
🌍🍴 'n Wêreld van geure in Graad 4! 🇿🇦✨
Ons Graad 4-leerders behandel tans in PSW die invloed van ander lande op Suid-Afrika se diverse kultuur – van voedsel en kleredrag tot musiek en gelowe.
Hulle het Vrydag die geleentheid gehad om tradisionele kosse uit Suid-Afrika én ander lande skool toe te bring. Die leerders kon die verskillende disse sien, proe en ontdek hoe ons reeds baie van hierdie invloede as deel van ons eie Suid-Afrikaanse kultuur aanvaar het. 😋🌍
'n Heerlike, praktiese manier om te leer dat ons kulturele diversiteit iets is om te vier, waardeer en geniet! 💙💛
08/08/2026
🏉💙💛 o.13A-rugby vs. Bellpark | Woensdag, 5 Augustus 💙💛🏉
Baie geluk aan ons o.13A-rugbyspan met 'n uitstekende vertoning teen Bellpark!
Julle het rugby van hoogstaande gehalte gespeel en gewys wat dit beteken om as 'n span saam te staan. Die harde werk, toewyding en spanwerk was duidelik op die veld te sien.
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Mooi so, seuns! 👏🏉
07/08/2026
✨ Twinning op sy beste! 💙💛
Lizelle van Tonder (Gr. 3) en Amri Jacobs (Gr. 2) het vandag onverwags presies dieselfde truitjie as juffrou Stoffberg aangehad! 😄
Hierdie oulike verrassing was eenvoudig té kostelik om nie vas te vang nie! 📸💛
07/08/2026
📚✨ Lees is lekker! ✨📚
"Waar boeke oopgaan, groei verbeelding!"
Op Dinsdag 4 Augustus en Woensdag 5 Augustus het LAPA-uitgewers weer hul jaarlikse boekuitstalling by Laerskool Totius aangebied.
Vir LAPA is 'n besoek aan Totius jaar na jaar 'n hoogtepunt, want ons Terriërs is lief vir lees! 📖✨ Dit was wonderlik om die opgewondenheid te sien waarmee ons leerders die boeke verken, nuwe stories ontdek en hul liefde vir lees verder ontwikkel het.
Ons Terriërs het die boekuitstalling met groot opgewondenheid verken en heerlik deur al die boeke geblaai. Elke leerder kon hul gunstelingboeke op 'n bestelvorm aandui en dit die volgende dag kom aankoop.
📖💙 Hierdie foto's is van Graad 1.1, wat sommer baie opgewonde was om al die boeke te ontdek! Dit is altyd lekker om ons jong Terriërs se liefde vir lees te sien groei.
'n Opregte dankie aan LAPA-uitgewers vir nog 'n uitstekende en suksesvolle boekuitstalling. Julle speel 'n waardevolle rol om 'n liefde vir lees by ons leerders aan te wakker.
'n Spesiale dankie ook aan ons Totius-Terriërs en hul ouers wat jaar ná jaar hierdie boekuitstalling 'n reuse-sukses maak. Julle ondersteuning help om die wêreld van boeke vir ons leerders oop te sluit. 📚❤️