Huppelland Kaapstad

Huppelland Kaapstad Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck se pre-primêre skool, die kleurvolle Huppelland!

Huppellanders en personeel het vandag Erfenisdag met ons jaarlikse braai op die veld gevier. Saam het ons al die ryk kul...
22/09/2026

Huppellanders en personeel het vandag Erfenisdag met ons jaarlikse braai op die veld gevier. Saam het ons al die ryk kulture, gelowe en tradisies wat ons kleurvolle reënboognasie vorm met ware gees gedenk. ‘n Perfekte Kaapse sonskyndag het die platvorm vir ‘n onvergeetlike oggend geskep. Die kleuters het heerlik gespeel en aan hulle boereworsrolle gesmul. Watter voorreg is dit nie om sorgeloos teen die voet van Tafelberg te kan braai en speel nie! ❤️🇿🇦❤️🇿🇦

Ons het die laaste week van die kwartaal met ons Erfenis Markdag afgeskop. Ons Gr 00 kleuters en ouers was hierdie kwart...
21/09/2026

Ons het die laaste week van die kwartaal met ons Erfenis Markdag afgeskop. Ons Gr 00 kleuters en ouers was hierdie kwartaal die knap verkopers. Die hele oggend was weereens op ‘n volgende vlak van innovasie en kreatiwiteit. Kyk gerus self na die kreatiewe verkope en detail van die tafels se verfraaiing. Welgedaan aan ons ouers en aan ons verkopers. Wat ‘n jolige oggend vol gees en genot! 🇿🇦❤️🇿🇦❤️

Dinsdag gaan ons BRAAI! 🇿🇦🇿🇦🔥🔥
20/09/2026

Dinsdag gaan ons BRAAI! 🇿🇦🇿🇦🔥🔥

Volgende week Maandag is dit ons Gr 0 kleuters se beurt om iets lekker en kreatief by ons Erfenis-Mardag te verkoop. Oue...
17/09/2026

Volgende week Maandag is dit ons Gr 0 kleuters se beurt om iets lekker en kreatief by ons Erfenis-Mardag te verkoop. Ouers moet onthou om kaartjies vir Huppellanders op Karri te koop. Ons kleuters kry dan almal ‘n kans om 4 items te gaan kies en koop. 🇿🇦🇿🇦

Huppelland se 2de kamp vind op 30 Oktober plaas. Daar is slegs beperkte plek beskikbaar. Maak seker om jou kampeerplek b...
16/09/2026

Huppelland se 2de kamp vind op 30 Oktober plaas. Daar is slegs beperkte plek beskikbaar. Maak seker om jou kampeerplek betyds te bespreek. Dit is altyd vir groot en klein ‘n onvergeetlike aand van kuier, speel en laatnag kampvuurstories ⛺️🏕️

Ons Gr 00 & Gr 0 kleuters het vanoggend groot pret op die veld gehad tydens hulle bergfietsry buitemuurs met coach Alex ...
15/09/2026

Ons Gr 00 & Gr 0 kleuters het vanoggend groot pret op die veld gehad tydens hulle bergfietsry buitemuurs met coach Alex van BreakAway Rides. SA se toekomstige Epic ryers is reeds besig om hard te oefen! 🚵🏽‍♂️🚵🏾‍♀️🚵

Maandagoggend-inspirasie vanuit ons Beertjieklas. Hierdie kreatiewe vuurpyle het hulle met juffrou Lilian gemaak. Welged...
14/09/2026

Maandagoggend-inspirasie vanuit ons Beertjieklas. Hierdie kreatiewe vuurpyle het hulle met juffrou Lilian gemaak. Welgedaan, Beertjies! 🚀🚀🪐🪐☄️☄️

Juffrou Liezel se Hondjies het hierdie week die ‘t’ klank aangeleer. Na fyn observasie het hulle met pastelle ‘n ‘tarent...
11/09/2026

Juffrou Liezel se Hondjies het hierdie week die ‘t’ klank aangeleer. Na fyn observasie het hulle met pastelle ‘n ‘tarentaal’ geteken. Tutu (ons tuin-tarentaal) is vir hierdie projek geleen sodat die kleuters sy vorm van naby kon besigtig. Ons hoop almal hou heerlik naweek en rus goed uit. Daar is nog net 8 skooldae oor voor die skool sluit.. GO BOKKE! 🏆🏆🏆🌟🌟🌟

Saterdagaand gaan ons SPRINGBOKKE die laaste wedstryd van die reeks teen die Kiwis in Baltimore speel. Ons nooi ouers en...
10/09/2026

Saterdagaand gaan ons SPRINGBOKKE die laaste wedstryd van die reeks teen die Kiwis in Baltimore speel. Ons nooi ouers en Huppellanders om môre weer hul Bok-hempies te dra, sodat ons saam lekker kan geesbou. Springboks, ons weet die trofee kan in twee deel, maar bring vir ons albei helftes terug Suid-Afrika toe!! GO BOKKE!!

Juffrou Corneli se Beertjieklas het groot pret gehad terwyl hulle Stegosourusse met hulle eie name geskep het bv: Leasou...
09/09/2026

Juffrou Corneli se Beertjieklas het groot pret gehad terwyl hulle Stegosourusse met hulle eie name geskep het bv: Leasourus & Marcellesourus. Die kleurvolle werke is met khoki-pen, pastel en inkverf gemaak. Welgedaan, Beertjies! 🦖🦕🦖🦕

Address

Varsity Street, Tamboerskloof
Cape Town
8001

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:15
Tuesday 07:30 - 17:15
Wednesday 07:30 - 17:15
Thursday 07:30 - 17:15
Friday 07:15 - 17:15

Telephone

+27214246056

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huppelland Kaapstad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Huppelland Kaapstad:

Shortcuts

Featured

Share

Category