09/09/2026
LSPID-KLAS GENIET LOSLITDAG
Ons LSPID-klas het Loslitdag met groot entoesiasme gevier!
Dit was heerlik om die leerders in hul gemaklike klere te sien en die dag saam te geniet.
Ons is ook steeds besig om ons sintuie te leer ken en te ontdek.
Deur prettige en praktiese aktiwiteite leer ons hoe ons oë, ore, neus, tong en hande ons help om die wêreld rondom ons te ervaar.
Elke dag is ’n nuwe geleentheid om te leer, te ontdek en saam pret te hê!
Dankie juffrou Isabel Steenkamp en tannie Dotty vir al jul liefde en omgee.