Waterval CVO Laerskool

Waterval CVO Laerskool

Share

Waterval CVO Laerskool streef daarna
om suiwer Christelike Volkseie onderrig
daar te stel.

16/08/2026
Photos from Waterval CVO Laerskool's post 13/08/2026

Ons is ongelooflik trots op julle.
Ons wens julle alle sterkte en sukses toe vir die wedstryde!
Clarise Spangenberg
Emma Marais
Ruben Wolmarans

01/08/2026

Sterkte aan al ons ouers en leerlinge wat vandag aan die Wildevy MTB-geleentheid deelneem!

01/08/2026

Vandag neem ons leerlinge met trots deel aan die Oos-Tvl Kultuurfees in Pretoria.
Mag elke optrede 'n geleentheid wees om die talente wat God aan julle gegee het, met dankbaarheid en nederigheid te gebruik. Onthou om julle beste te gee, mekaar aan te moedig en ons skool met trots te verteenwoordig.
Ons bid dat die Here elkeen sal lei, beskerm en seën, en dat hierdie dag gevul sal wees met mooi herinneringe, nuwe ervarings en vreugde.
Sterkte aan elke leerling. Ons is ongelooflik trots op julle!

31/07/2026

🌟 Waar elke rand ’n verskil maak! 🌟

Ons is baie trots op die drie projekte wat die afgelope paar maande by die skool voltooi is:

🚻 Vier splinternuwe urinale is in die seunsbadkamer geïnstalleer.
🎨 ’n Nuwe sementblad is gegiet waarop opvoedkundige speletjies geverf gaan word.
🔒 Hoë draad is by die kleuterskool gespan om ekstra veiligheid te verseker.

Baie dankie aan elke ouer en ondersteuner wat deur fondsinsamelings gehelp het om hierdie verbeterings moontlik te maak.

‘n Spesiale dank aan Charmaine Oosthuizen en Stefan Kilian vir julle waardevolle hulp met hierdie projekte. Ons waardeer julle tyd, moeite en ondersteuning opreg!

Saam bou ons aan ’n veiliger, netjieser en lekkerder leeromgewing vir ons leerders! 💙💚

30/07/2026

🎉 Baie geluk aan Daniël Fouché! 🎉
Waterval wens vir Daniël Fouché hartlik geluk met sy besondere prestasie om as Beste O/13 Speler tydens die Winterspele in Orania aangewys te word.
Ons is ongelooflik trots op jou harde werk, selfvertroue en toewyding. Mag hierdie prestasie die begin wees van nog vele hoogtepunte.
Baie geluk, Daniël.

30/07/2026

Ons is ongelooflik trots op ons rugby- en netballeerlinge wat gedurende die afgelope Julievakansie in Orania aan die toernooi deelgeneem het. Julle het ons skool met trots verteenwoordig, julle beste gelewer en uitstekende prestasies behaal.
Baie geluk.

30/07/2026

🌟 Baie geluk aan ons Top Junior Akademiese Span vir Kwartaal 2! 🌟
Julle harde werk, deursettingsvermoë en uitstekende prestasies maak ons ongelooflik trots. Hou aan om na uitnemendheid te streef en wees trots op wat julle bereik het.

30/07/2026

🌟 Baie geluk aan ons Top Senior Akademiese Span vir Kwartaal 2! 🌟
Julle harde werk, deursettingsvermoë en uitstekende prestasies maak ons ongelooflik trots. Hou aan om na uitnemendheid te streef en wees trots op wat julle bereik het.

Photos from Waterval CVO Laerskool's post 30/07/2026

🌟 Entrepreneursdag 2026 🌟

Ons leerders se kreatiwiteit, entoesiasme en entrepreneursgees was duidelik sigbaar. Baie dankie aan elke leerder wat hierdie dag so spesiaal en suksesvol gemaak het! 💚💙

Want your school to be the top-listed School/college in Burgersfort?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address


R37 Wildebeestkraal
Burgersfort
1150

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 13:00