Paardebloem Babahuis

Paardebloem Babahuis

Share

‘n Christelik georiënteerde babasorg wat Christelike waardes aan die kindertjies oordra. Ons fokus op emosionele, intellektuele en fisiese ontwikkeling.

18/02/2025
12/02/2025
08/01/2025

Ek deel weer hierdie vir die begin van die jaar herinnering….

DIE NUWE SKOOLJAAR! Aflaai-angs!

Dit is 'n nuwe jaar en vir baie word kinders môre vir die eerste keer in 'n lang tyd by die skool afgelaai.

Vir baie kinders (en ouers) is dit 'n emosionele oomblik van skeiding.

Dit is sleg vir ouers en vir kinders. Baie keer as ek my kinders aflaai, sien ek die stres, hartseer en verlange in hulle oë en ook in ander kinders en ouers. Daar is baie gereeld ouers wat in karre sit en huil, kinders wat snik en 'n baie hartseer toneel wat erens afspeel.

Weet dat baie kinders en ouers hiermee gekonfronteer word.

'n Paar Wenke:

Berei u kind voor vir wanneer die skool begin. Praat oor positiewe aspekte van skool - maats, speel, sport, sang ens. Laat hulle help met tasse pak en kosblikke regsit. Deelmaak en lekker maak !

Sorg vir 'n goeie aandroetine en slaaptydroetine. (Roetine berei 'n kind voor vir gesonde skeiding, help hulle om sekuur te voel en is voorspelbaar)

Elke kind is anders, moenie kinders met mekaar vergelyk nie.

'Get in and get out' - dit is die grootste vraag vanaf onderwysers: ouers moet so gou moontlik skei en gaan - al is die kind ontsteld. Die meeste onderwysers troos en bou sodoende verhouding sodat die kind die sekuriteit wat hulle in die oomblik nodig het, by die persoon kry wat die res van die dag dit ook sal verskaf. As die troos en sekurtiteit in daardie oomblik van mamma afkom - gee en neem ons weer as ons dan loop. Hoe langer jy rondhang en troos, hoe moeiliker is die skeiding. Gee af, groet en loop.
Dit klink moeilik en hard, maar hoe langer jy neem, hoe meer angs en emosie bou op by u kind. As die bietjie emosie wat met aankoms daar is verwerk moet word is dit minder en makliker vir u kind om dit te verwerk;
as om lank te bly, te paai, te troos ens. en verdere emosie op te bou wat meer verg om te verwerk as jy gaan.
BAIE onderwysers sê, sodra jy in die kar is, is hulle klaar gehuil.

As die aflaai ouerspesifiek is, laat 'n ander ouer die kind aflaai (indien moontlik). As mamma probeer het, en die skeiding is moeilik, laat pappa probeer. Dit is baie keer 'n vinnige hulp.

Verseker u kind daagliks van die roetine, bv : "Na skool kom mamma jou haal en dan gaan ons lekker legkaarte bou!" Weereens roetine en struktuur maak dinge voorspelbaar, en onsekerheid word dus minder.

Onthou dat hierdie generiese wenke is en dat elke kind anders is. Vir sommige kinders mag hierdie dalk nie help nie, maak dan seker dat u as ouer hulp inwin. Daar is baie ervare onderwysers, beraders en sielkundiges ensovoorts wat graag kan help.

Groete
Dr S

Photos from Attachment Nerd's post 26/04/2024
14/12/2023

Paardebloem is opsoek na 'n middag Juffie! Wees asseblief so gaaf om te deel.

05/09/2023

Word deel van ons Paardebloem Familie

05/09/2023

Word deel van ons Dinamiese Span!

03/07/2023

Word deel van ons Dinamiese span by Paardebloem waar ons kindertjies Vreugdevol Groei!

20/05/2023

JanJanJan kaartjies nou beskikbaar... Maak seker jou plek is bespreek! Aantal kaartjies is beperk.

Want your school to be the top-listed School/college in Burgersfort?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


2352 Aloe Street, Aloe Ridge West
Burgersfort
1150