Hoërskool Burgersdorp

Hoërskool Burgersdorp Hoërskool Burgersdorp bied elke leerling die geleentheid om te groei volgens sy eie potensiaal!

23/08/2026
Landsdiensbestuur 2027Die nuwe Landsdiensbestuur neem van nou af die leisels oor by ons vorige bestuur.Van links na regs...
22/08/2026

Landsdiensbestuur 2027

Die nuwe Landsdiensbestuur neem van nou af die leisels oor by ons vorige bestuur.

Van links na regs is hulle:
- MJ Nel
- Elsomi vd Merwe
- Oratile Raisa
- Elzané Nel
- Imoghan Goodman
- Danrea de Bruin - ondervoorsitter
- Hannah Meyburg
- Curtis Dafel
- Johan Jansen van Rensburg
- Ewald de Scande
- Tian Hoffman - voorsitter

Ons wil ook graag ’n spesiale dankie sê aan ons Graad 12-bestuur. Baie dankie vir julle harde werk, leiding, toewyding en die voorbeeld wat julle vir ander leerders gestel het. Ons waardeer elkeen van julle!

By Landsdiens kry baie leerders die geleentheid om as jong leiers te groei, verantwoordelikhede te aanvaar en waardevolle lewensvaardighede aan te leer wat hulle kan help om eendag sukses te behaal.

Aan ons nuwe Landsdiensbestuur vir 2027: baie sterkte met die jaar wat voorlê! Mag julle met entoesiasme, verantwoordelikheid en leierskap die pad vorentoe aanpak.

BHS se gladdebekke!Vyf matrieks van Hoërskool Burgersdorp het onlangs hul Afrikaans Huistaalklas met trots by die mondel...
19/08/2026

BHS se gladdebekke!

Vyf matrieks van Hoërskool Burgersdorp het onlangs hul Afrikaans Huistaalklas met trots by die mondelingmoderasie verteenwoordig.

Ons is ongelooflik trots op julle! Julle het jul beste gelewer, met selfvertroue opgetree en sommer net gewys wat BHS-trots beteken!

En omdat harde werk en goeie voorbereiding darem beloon moet word…
het hul onderwyseres, mev. Henriette Koen, hulle ná die tyd met ’n draairoomys bederf — al was dit ’n ysige wintersdag!

Want soms is die beste herinneringe nie die groot dinge nie, maar juis die klein, spesiale oomblikke wat ons saam skep.

Doen slegs jou beste… en maak ’n spesiale herinnering!

18/08/2026

In the Science class there is always something brewing.

Our grade 12 learners recently tested out a theory: Sugar + Sulfuric Acid --> Charcoal + H2O

Baie geluk aan Abi Mostert en Corstiaan van Zyl wat gekies is vir die Vrystaat Skole-skietspan. Ons is trots op hulle!
17/08/2026

Baie geluk aan Abi Mostert en Corstiaan van Zyl wat gekies is vir die Vrystaat Skole-skietspan.

Ons is trots op hulle!

Baie geluk aan Onalwethu en Alexander wat Saterdag deelgeneem het aan die Landloop Vrystaat Kampioenskappe in Bloemfonte...
17/08/2026

Baie geluk aan Onalwethu en Alexander wat Saterdag deelgeneem het aan die Landloop Vrystaat Kampioenskappe in Bloemfontein.

Onalwethu het 40ste geëindig en Alexander 50ste uit ‘n totaal van 92 deelnemers in die o/23 ouderdomsgroep.

Welgedaan manne!

On 14 August, BHS Tennis took on De Aar in a competitive day of matches. Although De Aar came out on top, the BHS player...
16/08/2026

On 14 August, BHS Tennis took on De Aar in a competitive day of matches. Although De Aar came out on top, the BHS players gave it their all and showed great determination on court. Most importantly, everyone enjoyed themselves, supported one another and had plenty of fun. Well done to all our players for their effort and sportsmanship!

Die groot oomblik is hier.  Ons Graad 12’s is in die laaste pylvak voor die NSS-voorbereidingseksamen begin — ’n belangr...
12/08/2026

Die groot oomblik is hier. Ons Graad 12’s is in die laaste pylvak voor die NSS-voorbereidingseksamen begin — ’n belangrike geleentheid om te wys wat hulle geleer het, waar hulle nog moet verbeter en hoe goed hulle voorbereid is vir die finale NSS-eksamen.

As a school, we have done everything within our power to prepare our Matrics. Our teachers have put in extra hours, offered additional classes, prepared and revised work, set and marked papers, provided support and guidance and continuously gone the extra mile to help every learner reach their potential.

Maar nou is dit die leerders se b***t.
’n Onderwyser kan die pad wys, die materiaal voorsien en ondersteuning bied — maar niemand kan namens ’n leerder leer nie. Die finale stuk van hierdie reis vra toewyding, dissipline, verantwoordelikheid en harde werk.

The 5 tips (nuggets) in the picture are now more important than ever. Use them as your guide. Manage your time. Work consistently. Make use of the resources available to you. Prepare thoroughly. And most importantly, do your part.

Die Departement van Basiese Onderwys beklemtoon ook die waarde van doelgerigte voorbereiding, vorige vraestelle, gereelde hersiening en effektiewe tydsbestuur.

And this message is not only for our Grade 12s. Every learner can apply these principles. Examination time is an opportunity to take responsibility for your own performance and to give your very best.

Aan ons matrieks: ons het julle voorberei. Ons glo in julle. Ons staan agter julle. Nou is dit julle b***t!

Nou dat die stof van Interskole ’n bietjie gaan lê het, wil ons net DANKIE sê. Ons wintersportseisoen is nie net die ver...
11/08/2026

Nou dat die stof van Interskole ’n bietjie gaan lê het, wil ons net DANKIE sê.

Ons wintersportseisoen is nie net die verhaal van die spelers op die veld nie. Dit is die storie van elke mens agter die skerms wat ’n hand bygesit, ’n uur opgeoffer en in BHS geglo het.

Dankie aan:
- Elke afrigter van buite wat sy/haar tyd, kennis en passie met ons leerders gedeel het.
- Elke borg wat in ons spanne en ons kinders belê het.
- Elke Blikkie-ondersteuner wat bankvas agter ons gestaan het.
- Elke onderwyser wat ure langs die veld spandeer het, wedstryde bygewoon het en naweke opgeoffer het.
- Ons fotograwe wat ons die jaar bederf het met ongelooflike foto's.
- Ons noodhulpspan wat altyd gereed gestaan het om te help.
- Ons OOV-ouers wat die snoepie aan die gang gehou het.
- En aan elke persoon wat op enige manier ’n bydrae gelewer het – groot of klein.

Ons besef daar is waarskynlik mense wat ons nou uitlos en wat ons later sal byval, want daar is eenvoudig te veel mense om op te noem.
Maar weet dit: ons sien julle, ons waardeer julle en ons sê DANKIE.

Ons suksesstorie is nie deur ’n handjievol mense geskryf nie. Dit is geskryf deur ’n hele BHS-familie wat saamgestaan het, saamgewerk het en saam geglo het.
En daarvoor sal ons altyd dankbaar wees.

Address

Aliwal Weg Burgersdorp
Burgersdorp
9744

Opening Hours

Monday 07:50 - 13:30
Tuesday 07:30 - 13:30
Wednesday 07:30 - 13:30
Thursday 07:30 - 13:30
Friday 07:30 - 13:30

Telephone

+27516531715

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Burgersdorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Burgersdorp:

Share

Category