03/09/2026
JF-Hokkietoernooi
Burgersdorp se meisies en seuns het met groot entoesiasme aan die JF-Hokkietoernooi deelgeneem. Dit was ’n heerlike dag vol goeie hokkie, pret en waardevolle blootstelling.
Ons nege meisiespanne het altesaam 41 wedstryde gespeel. Hulle wen 24, speel 7 gelykop en verloor 10.
Ons agt seunsspanne het altesaam 20 wedstryde gespeel. Hulle wen 13, speel 4 gelykop en verloor slegs 3.
Die toernooi was ’n wonderlike geleentheid vir ons leerders om hul vaardighede te toets teen skole teen wie ons nie gereeld speel nie. Die spanne het goeie blootstelling gekry, waardevolle ervaring opgedoen en elkeen het die dag baie geniet.
’n Groot dankie aan elke afrigter vir julle tyd, moeite, ondersteuning en toewyding aan julle spannetjies. Julle insette maak dit moontlik vir ons kinders om hierdie geleenthede te geniet en te groei. 🏑
Ons is trots op elke speler en afrigter wat Burgersdorp met soveel entoesiasme verteenwoordig het!