Ons Winkel Bronkhorstspruit

Ons Winkel Bronkhorstspruit Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Dis heerlike lente, die winter is verby… 🌷
01/09/2026

Dis heerlike lente, die winter is verby… 🌷

27/08/2026
25/08/2026
Skakel in vandag of kom maak n draai by die winkel! Sien uit om julle te sien!
25/08/2026

Skakel in vandag of kom maak n draai by die winkel! Sien uit om julle te sien!

Dinsdag 25 Augustus kuier Pretoria FM by Ons Winkel Bronkhorstspruit.

Jy kan inskakel van 9:00 tot 15:45 en hoor waarmee ons besig is in ons streek of kom groet ons hier by 65 Lanham Straat, bring ‘n skenking en kuier saam ons!

Dinsdag 25 Augustus kuier Pretoria FM  by Ons Winkel Bronkhorstspruit.Jy kan inskakel van 9:00 tot 15:45 en hoor waarmee...
20/08/2026

Dinsdag 25 Augustus kuier Pretoria FM by Ons Winkel Bronkhorstspruit.

Jy kan inskakel van 9:00 tot 15:45 en hoor waarmee ons besig is in ons streek of kom groet ons hier by 65 Lanham Straat, bring ‘n skenking en kuier saam ons!

Lente is oppad, tyd om skoon te maak, weg te pak en te skenk is hier. Skenk jou items aan Ons Winkel Bronkhorstspruit en...
15/08/2026

Lente is oppad, tyd om skoon te maak, weg te pak en te skenk is hier.

Skenk jou items aan Ons Winkel Bronkhorstspruit en help ons n verskil maak in die omgewing.

63 Lanham Staat
Bronkhorspruit
067 090 9996

Het jy geweet deur jou oortollige items te skenk help jy n student met ‘n rente vrye studie leuning? Skenk jou ou huis e...
13/08/2026

Het jy geweet deur jou oortollige items te skenk help jy n student met ‘n rente vrye studie leuning?

Skenk jou ou huis en kombuis ware aan Ons Winkel Bronkhorstspruit en help ons die nodige verskil in n student se lewe maak!

Daar is iets vir ALMAL by Ons Winkel Bronkhorstspruit!Van pragtige huis decor tot kamp gereedskap vir die manne! Kom maa...
12/08/2026

Daar is iets vir ALMAL by Ons Winkel Bronkhorstspruit!

Van pragtige huis decor tot kamp gereedskap vir die manne!

Kom maak n draai by 63 Lanham Straat
Bronkhorstspruit

🌸Vrouemaand vier vroue wat 'n verkil maak.🌸❤️Dankie aan elke vrou wat skenk, inkopies doen, vrywillig diens lewer en die...
09/08/2026

🌸Vrouemaand vier vroue wat 'n verkil maak.🌸

❤️Dankie aan elke vrou wat skenk, inkopies doen, vrywillig diens lewer en die Ons Winkels ondersteun.
Julle help om hoop en geleenthede in gemeenskappe te skep.

Vier Vrouemaand saam met ons - skenk kwaliteit-items
aan Ons Winkel Bronkhorstspruit!

63 Lanham Straat
📞067 090 9996

Kragdag 2026!!Ons is oop en reg vir hierdie naweek! Kom maak n draai en sien watse winskopies ons op die rakke het! Krag...
06/08/2026

Kragdag 2026!!

Ons is oop en reg vir hierdie naweek!

Kom maak n draai en sien watse winskopies ons op die rakke het!

KragDag

Address

Bronkhorstspruit
1020

Opening Hours

Monday 08:30 - 16:30
Tuesday 08:30 - 16:30
Wednesday 08:30 - 16:30
Thursday 08:30 - 16:30
Friday 08:30 - 16:30
Saturday 08:30 - 12:00

Telephone

+27768529845

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Bronkhorstspruit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Ons Winkel Bronkhorstspruit:

Shortcuts

Share