Laerskool Du Preez van Wyk

Laerskool Du Preez van Wyk Geleë in die boomryke dorp Bronkhorstspruit, Gauteng. Die skool bestaan uit nagenoeg 700 leerders.

🏑 HELP ONS OM ONS DROOM TE BOU! 🏑Dupies droom van ’n volgrootte gras-hokkieveld op ons eie skoolterrein – ’n plek waar o...
01/09/2026

🏑 HELP ONS OM ONS DROOM TE BOU! 🏑

Dupies droom van ’n volgrootte gras-hokkieveld op ons eie skoolterrein – ’n plek waar ons hokkiedogters kan oefen, speel en hul volle potensiaal bereik!

WORD DEEL VAN ONS DROOM!

Besighede kan ons hokkieprojek ondersteun met ’n eenmalige borgskap van R10 000.

As dankie vir jou ondersteuning, kry jou besigheid die geleentheid om ’n 1 m × 2 m advertensiebord langs die veld vir 10 jaar te plaas.

💰 R10 000 borgskap
📢 Advertensiebord vir 10 jaar
🏑 ’n Belegging in ons leerders en hul sportdrome

Die spasies is beperk!

📞 Kontak Lize Janse van Rensburg
082 6511 673

Help ons om Dupies se hokkiedroom ’n werklikheid te maak!

Die Dupie-familie het vandag nóg twee waardevolle personeellede ryker geword!Ons is baie opgewonde om juffrou Marlene Bo...
01/09/2026

Die Dupie-familie het vandag nóg twee waardevolle personeellede ryker geword!

Ons is baie opgewonde om juffrou Marlene Botha as ons nuwe LSEN-klas juffrou te verwelkom, asook juffrou Saartjie van Wyngaardt wat as studente juffrou by die Dupiedwergies aansluit.

Baie welkom aan julle altwee by die Dupie-familie! Ons sien baie uit daarna om julle deel van ons span te hê en glo dat julle elkeen op ’n besondere manier ’n verskil in ons leerders se lewens sal maak.

Mag julle tyd by ons gevul wees met groei, mooi herinneringe, nuwe uitdagings en baie spesiale oomblikke.

Welkom by die span, juffrou Marlene en juffrou Saartjie!

01/09/2026
Annabella Le Riché, Karla du Plessis, Nimiah Van Graan en Eluné Fouché het Saterdag 29 Augustus 'n hoëprestasienetbalkur...
31/08/2026

Annabella Le Riché, Karla du Plessis, Nimiah Van Graan en Eluné Fouché het Saterdag 29 Augustus 'n hoëprestasienetbalkursus vir doelspel en doelvaardighede by Hoërskool Menlopark bygewoon. Ons is opgewonde vir die netbalseisoen wat voorlê!

Die Dupie-familie het vandag ’n personeellid ryker geword!Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat juffrou Marina Jans...
31/08/2026

Die Dupie-familie het vandag ’n personeellid ryker geword!

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat juffrou Marina Jansen van Vuuren by ons span aangesluit het as ’n nuwe Graad 1-onderwyseres.

Baie welkom by die Dupie-familie, juffrou Marina! Ons sien baie uit daarna om jou deel van ons span te hê en saam met jou ’n verskil in ons leerders se lewens te maak.

Mag jou nuwe avontuur by ons gevul wees met baie mooi oomblikke, groei en vreugde!

Welkom by die span!

Ons 0/7 en 0/8 mini-krieketspelers het Saterdag 29 Augustus by Laerskool Voorpos hul staal gewys! Die seuns het baie goe...
31/08/2026

Ons 0/7 en 0/8 mini-krieketspelers het Saterdag 29 Augustus by Laerskool Voorpos hul staal gewys! Die seuns het baie goed gespeel en dit was wonderlik om te sien hoeveel hulle gegroei het.

Vrydag 28 Augustus - HokkieDupies vs Maragon OlympusO/10 (1) Wen 8-0 O/10 (2) Wen 5-1O/11 Verloor 1-0O/12 Wen 10-0O/13 V...
30/08/2026

Vrydag 28 Augustus - Hokkie
Dupies vs Maragon Olympus
O/10 (1) Wen 8-0
O/10 (2) Wen 5-1
O/11 Verloor 1-0
O/12 Wen 10-0
O/13 Verloor 1-0

Dogters, julle het pragtig gespeel!

Die graad 3 leerders is nog nie te oud om soos hul gunsteling boekkarakte aan te trek nie.
28/08/2026

Die graad 3 leerders is nog nie te oud om soos hul gunsteling boekkarakte aan te trek nie.

Op die graad 2 stoep was dit vandag karakterdag. Dit was groot pret om al die leerders se gunsteling karakters te ontmoe...
28/08/2026

Op die graad 2 stoep was dit vandag karakterdag. Dit was groot pret om al die leerders se gunsteling karakters te ontmoet.

Address

Bothastraat 48
Bronkhorstspruit
1020

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27139320007

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Du Preez van Wyk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category