Laerskool Brits

Laerskool Brits Tradisie en karakter💚💛❤️ Oor die meer as 100jaar is daar met ons waterpas en maatlyn aan 'n enkelmuur gebou, asof dit die fondament van 'n wolkekrabber is.

Daar is dinamiese bydraes gelewer om van ons skool 'n baken van hoop vir die toekoms te maak. By Laerskool Brits is daar elke dag die ekstra myl gestap om opvoedende onderwys te bevorder. Uitnemendheid, doelgerigtheid, tradisievastheid en Christelike Afrikaanse toekomsvisie is die roep van die Britsies.

05/10/2026
01/10/2026

🤔 Waarmee gaan JY hierdie Desember see toe ry?

As jou antwoord nie "met 'n splinternuwe Ford Ranger" is nie, kan dit steeds wees!

🎟️ Koop vandag jou lootjie en jy kan nog voor die feesseisoen agter die stuur van hierdie pragtige Ranger inskuif.

Besoek 👉 www.lsbritsraffle.co.za
Sluitingsdatum: 1 Desember 2026

30/09/2026

So wat kan JY wen vir net R100?

Ruitersport 🐎 Baie sterkte aan die volgende ruiters wat die naweek aan die SANESA Kampioenskappe deelneem. Geniet elke o...
25/09/2026

Ruitersport 🐎

Baie sterkte aan die volgende ruiters wat die naweek aan die SANESA Kampioenskappe deelneem. Geniet elke oomblik daarvan en ons hou styf duime vas vir julle. Julle maak ons trots!

🐴 Henray Botha
🐴 Ewan Krämer
🐴 Leah Diesel
🐴 Jean-Miney Bezuidenhout
🐴 Karlo Krämer
🐴 Stassia van Staden

Skaak ♟️ Ons Junior en Senior Skaakspanne het op 18 September aan die Super 8 Skaaktoernooi deelgeneem. Ons spelers het ...
25/09/2026

Skaak ♟️

Ons Junior en Senior Skaakspanne het op 18 September aan die Super 8 Skaaktoernooi deelgeneem.

Ons spelers het puik presteer en ons is ongelooflik trots op elkeen van hierdie spelers.

Uitslae:
🥉 Juniors eindig 3de
🏅 Seniors eindig 4de
Drie van ons spelers het ook gekwalifiseer om vanaf 13 tot 19 Desember aan die NW Manzi Jong Skaak Kampioenskappe deel te gaan neem. Baie geluk aan hierdie leerders:
🌟 Bernard Terblanche
🌟 Declan Bezuidenhout
🌟 Lia Bekker

Welgedaan met elkeen se prestasies! 'n Spesiale dankie ook aan Mnr Jaco van der Merwe en Tannie Laura Bezuidenhout wat ons spelers vergesel het. Ons waardeer julle moeite en insette!

Kunsinspirasie saam met Kobus Möller.Die kunsmaats van Laerskool Brits het op Vrydag, 18 September, die besondere voorre...
25/09/2026

Kunsinspirasie saam met Kobus Möller.

Die kunsmaats van Laerskool Brits het op Vrydag, 18 September, die besondere voorreg gehad om die bekende kunstenaar Kobus Möller in aksie te sien verf.

Dit was ’n inspirerende middag waar ons jong kunstenaars kon kyk, leer, ontdek en droom – ’n kosbare geleentheid om kuns uit ’n meester se perspektief te beleef.

Kuns verbind mense, verryk lewens en inspireer jong kunstenaars om te skep en te groei! 🎨❤️

🐗🌾🪾Veldskool 2026🪾🌾🐗Laerskool Brits se Graad  6 leerders kuier vanaf 21 tot 23 September by Kwaggasrus.Maats leer van sp...
24/09/2026

🐗🌾🪾Veldskool 2026🪾🌾🐗

Laerskool Brits se Graad 6 leerders kuier vanaf 21 tot 23 September by Kwaggasrus.

Maats leer van spanbou.
Konflikhantering.
Geesvang en avontuur.
Hope pret, diere kyk en bosaktiwiteite.

Wat 'n fees om ń Britsie te wees!

🐗🌾🪾🐗🌾🪾🐗🌾🪾🐗🌾🪾

Address

Wicht Straat 2
Brits
0250

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Brits posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Brits:

Shortcuts

Share

Category