Laerskool Sanddrift

Laerskool Sanddrift Die klein skooltjie met die groot hart!
(1)

03/10/2026
02/10/2026

By Sandties is ons elke dag Opedag-gereed! 'n 100 jaar van van saai, 'n leeftyd van oes! Skakel ons skoolkantoor en kom besoek ons skool, elke dag, enige dag!

🌿 BY ONS SKOOL IS ELKE DAG OPEDAG! By ons skool glo ons dat ons nie net op één spesiale dag ons beste voetjie moet voors...
28/09/2026

🌿 BY ONS SKOOL IS ELKE DAG OPEDAG!

By ons skool glo ons dat ons nie net op één spesiale dag ons beste voetjie moet voorsit nie. Ons skool se hart, ons personeel en ons leerders behoort elke dag gesien en beleef te kan word.

Daarom is elke dag Opedag by ons skool!

πŸ‘©β€πŸ« Ouers is altyd welkom om ’n afspraak te maak en self te kom kyk wat by ons skool aangaan. Kom stap saam met ons deur die klaskamers, ontmoet ons personeel, ervaar die atmosfeer en sien hoe ons leerders leer, groei en ontwikkel.

Ons hoef nie vir één dag ’n mooi prentjie voor te hou nie β€” ons is elke dag gereed om ons skool met trots aan ouers te wys. 🌱

Want ’n skool is soveel meer as net geboue en boeke…
dit is mense, waardes, liefde, groei en ’n plek waar kinders behoort. πŸ’™

πŸ“ž Maak gerus ’n afspraak en kom kuier by ons.
Ons deure staan oop β€” nie net op Opedag nie, maar elke dag! 🌟

Laerskool Sanddrift
Ons wortels is diep – ons toekoms is sterk! πŸŒ³πŸ’™

22/09/2026

Ons het ’n kort voorsmakie van Vlakvark Produksie van ons skool se revue ontvang – en wat ’n lekker herinnering aan ’n besonderse geleentheid!

Van die kostuums en musiek tot die groot glimlagte en spesiale oomblikke op die verhoog – nou kan julle dit weer en weer geniet.

Die volledige opname van die revue kan by die skoolkantoor bestel word.

Baie dankie aan VlakVark Productions vir die mooi opname van ons revue.

22/09/2026

Moenie dat hierdie geleentheid by jou verbygaan nie, bespreek jou tafel vir ons jaarlikse Sportmanete 2026. VlakVark Productions

NOORDWES-KAMPIOENE! Vandag het ons Eerstespan krieketseuns geskiedenis gemaak! In die Noordwes-finaal teen Buhrmansdrift...
21/09/2026

NOORDWES-KAMPIOENE!

Vandag het ons Eerstespan krieketseuns geskiedenis gemaak!

In die Noordwes-finaal teen Buhrmansdrift het ons manne met vasberadenheid, spanwerk en ongelooflike Sanddrift-gees gespeel β€” en as Noordwes-kampioene van die veld gestap!

’n Besonderse gelukwensing aan ons spelers Γ©n aan hul afrigter, Mnr. Ashley Carr, vir sy harde werk, toewyding en leiding deur die seisoen. Hierdie prestasie is die resultaat van ure se oefening, opoffering en geloof in die span.

Vandag het julle nie net ’n finaal gewen nie β€” julle het ’n nuwe hoofstuk in Sanddrift se geskiedenis geskryf.

Ons is ongelooflik trots op julle!

NOORDWES-KRIEKETKAMPIOENE 2026!

ARBEID-ADEL β€” vandag het julle dit geleef!

BOEKKLUB πŸ“šOns is baie trots op die volgende leerder wat  n toekening vir lees ontvang het.30 boeke: John-Henry Griffiths...
21/09/2026

BOEKKLUB πŸ“š

Ons is baie trots op die volgende leerder wat n toekening vir lees ontvang het.

30 boeke: John-Henry Griffiths

Jy maak ons trots!⭐️🌟

NOORDWES FINAAL – HIER KOM ONS! Ons Eerstespan-krieketseuns speel vandag in die Noordwes-finaal teen Buhrmansdrift! Die ...
21/09/2026

NOORDWES FINAAL – HIER KOM ONS!

Ons Eerstespan-krieketseuns speel vandag in die Noordwes-finaal teen Buhrmansdrift!

Die manne maak eers seker die energievlakke is reg met ’n lekker ontbyt by Kokoriba en dan is dit tyd om alles op die veld te gee!

Seuns, ons is ongelooflik trots op julle en wens julle baie sterkte toe vir vandag se groot wedstryd. Speel met trots, speel vir mekaar en geniet elke oomblik!

Die hele Sanddrift-familie staan agter julle!

Address

Beestekraal
Brits
0250

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:30
Tuesday 07:00 - 14:30
Wednesday 07:00 - 14:30
Thursday 07:00 - 14:30
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27122775007

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Sanddrift posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Sanddrift:

Shortcuts

Share