Laerskool Olienpark

Laerskool Olienpark Laerskool Olienpark. Die skool waar elke Parkie belangrik is!

06/10/2026
🖊️💙 ’n Groot mylpaal vir ons Graad 3’s!Vandag het ons Graad 3’s hul penlisensies ontvang en hul potlode verruil vir hul ...
06/10/2026

🖊️💙 ’n Groot mylpaal vir ons Graad 3’s!

Vandag het ons Graad 3’s hul penlisensies ontvang en hul potlode verruil vir hul eerste blou pen! 🎉

’n Klein pen, maar ’n groot tree in hul skoolloopbaan – ’n tree nader aan Graad 4!

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Mag julle hierdie nuwe verantwoordelikheid met trots dra! 🖊️✨

Baie dankie Tempo Office National wat die dag moontlik gemaak het. Ons waardeer julle betrokkenheid by ons skool!

Parkies het die vakansie afgesluit met n heerlike "Gravel Grinder" byeenkoms by NG Vorentoe.Rudolp en Arno het onderskei...
05/10/2026

Parkies het die vakansie afgesluit met n heerlike "Gravel Grinder" byeenkoms by NG Vorentoe.

Rudolp en Arno het onderskeidelik eerste en tweede geëindig in hul ouderdomsgroep. Rudolph was algeheel 2de en Arno algeheel 12de. Baie geluk!

🚴‍♀️ Parkies presteer by die Suid-Afrikaanse Fietsrykampioenskappe! 🇿🇦Parkies is baie trots op Alyna Naudé, wat in die o...
30/09/2026

🚴‍♀️ Parkies presteer by die Suid-Afrikaanse Fietsrykampioenskappe! 🇿🇦

Parkies is baie trots op Alyna Naudé, wat in die o.13 Sub Junior Girls-afdeling deelgeneem het, en Lisa Naudé, wat in die o.9 Nipper Girls-afdeling deelgeneem het tydens die Suid-Afrikaanse Fietsrykampioenskappe, wat deur XCO in Stellenbosch aangebied is.

Op dag een, waar hulle Laerskool Olienpark verteenwoordig het, het Alyna ’n uitstekende 7de plek behaal, terwyl Lisa ’n puik 8ste plek behaal het.

Op dag twee, waar hulle Noordwes verteenwoordig het, het Alyna ’n 9de plek en Lisa ’n 11de plek behaal.

Ons is ongelooflik trots op julle, Alyna en Lisa! Julle harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir fietsry is ’n inspirasie. 🚴‍♀️💪

Daar lê beslis ’n blink toekoms in die fietsrywêreld vir hierdie twee jong Parkies voor! 🌟

Sterk en Stewig! ❤️🤍🩶

Address

Anita Street
Brits
0250

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27122525658

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Olienpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category