Laerskool De Kroon

Laerskool De Kroon Laerskool De Kroon het sy deure oop gemaak op 13 Januarie 1890 op die plaas De Kroon net buite Brits.

Gelee langs die R566 op De Kroon Weg met 'n heerlike plattelandse gevoel verskaf ons kwaliteit opvoeding trots in Afrikaans aan 237+ leeringe.

🌟 GELUKKIGE ONDERWYSERSDAG! 🌟Vandag vier ons die ongelooflike mense wat elke dag met passie, geduld en liefde ’n verskil...
05/10/2026

🌟 GELUKKIGE ONDERWYSERSDAG! 🌟

Vandag vier ons die ongelooflike mense wat elke dag met passie, geduld en liefde ’n verskil in ons leerders se lewens maak. β€οΈπŸ“š

Dankie aan elke onderwyser wat nie net kennis oordra nie, maar ook inspireer, motiveer, ondersteun en hoop gee. Julle plant vandag die saad wat môre se drome laat groei. 🌱✨

Aan ons wonderlike personeel: Dankie vir alles wat julle doen! Ons waardeer elkeen van julle. πŸ’™πŸ’›

πŸ’™πŸ’› Laerskool De Kroon πŸ’›πŸ’™

02/10/2026
🌟 ’n Spesiale dag by Laerskool De Kroon! 🌟Ons Opedag was gevul met glimlagte, opwinding, kreatiwiteit en hope De Kroon-g...
23/09/2026

🌟 ’n Spesiale dag by Laerskool De Kroon! 🌟

Ons Opedag was gevul met glimlagte, opwinding, kreatiwiteit en hope De Kroon-gees! πŸ’™πŸ’›πŸ€

Baie dankie aan elke ouer, leerder, personeel- en gemeenskapslid wat ons dag so besonders gemaak het. Ons is ongelooflik trots om ons skool, ons leerders se talente en ons wonderlike skoolfamilie met almal te kon deel. πŸ₯°

πŸ“Έ Hier is ’n paar van die spesiale oomblikke van ons Opedag.
Laerskool De Kroon – waar elke kind kan groei, droom en skitter! ✨

🌟 ’n Spesiale dankie aan ’n anonieme engel! 🌟Soms kom ’n mens se grootste seΓ«n van iemand wat nie erkenning daarvoor vra...
18/09/2026

🌟 ’n Spesiale dankie aan ’n anonieme engel! 🌟

Soms kom ’n mens se grootste seΓ«n van iemand wat nie erkenning daarvoor vra nie. ❀️
Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan ons anonieme engel wat 3 splinternuwe lugversorgers aan ons skool geskenk het – een vir elk van ons drie asbesklasse. πŸ™πŸ»
Ons klasse kan gedurende die warm somermaande temperature van tot 40Β°C bereik, wat dit uiters moeilik maak vir ons leerders om gemaklik te wees, te konsentreer en optimaal te leer.

Danksy hierdie ongelooflike skenking kan ons leerders nou in ’n koeler, meer gemaklike leeromgewing leer en groei. β„οΈπŸ“šπŸ’™
Aan die persoon wat hierdie besonderse gebaar moontlik gemaak het: Baie, baie dankie! U het nie net lugversorgers geskenk nie – u het vir ons kinders ’n beter plek om te leer, te fokus en hul volle potensiaal te bereik, gegee. 🌟

Mag u weet dat u goedhartigheid ’n blywende verskil maak. Ons waardeer u meer as wat woorde kan sΓͺ. πŸ’™
Van ons leerders, personeel en die hele skoolgemeenskap – DANKIE! πŸ™πŸ»πŸ’™

Address

De Kroon Avenue
Brits
0250

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 13:30
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 13:00

Telephone

+27120014380

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool De Kroon posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool De Kroon:

Shortcuts

Share