SmartBrain Brits en Harties

SmartBrain Brits en Harties

Share

Kinderontwikkeling-Instituut

Photos from SmartBrain Brits en Harties's post 28/03/2026
25/02/2026

Skokkende statistiek! Hoe gemaak as jou eie kind deel vorm van dié wat wel sukkel?

Baie kinders sukkel om goed te lees. Ons program is juis daar om te help. Ons werk stadig, stap vir stap met klanke, woorde en sinne. Ons help kinders om beter te verstaan wat hulle lees en om meer selfvertroue te kry.
Ons glo elke kind KAN leer lees.

Tree betyds op! Praat met ons. Daar IS ń oplossing.

Met ons wonderlike program, geduld, oefening en die regte gesindheid maak ons ’n groot verskil.

Dit is nie nét statistiek nie - dit is ons kinders se toekoms.

Photos from SmartBrain Brits en Harties's post 01/02/2026

Ons is volstoom aan die gang, en ons leeskinders klim die leertjie van sukses een trappie op ’n slag. Met elke woord groei hul selfvertroue en liefde vir lees en leer.

We are moving full steam ahead, and our reading learners are climbing the ladder of success one step at a time. With every word, their confidence and love for reading and learning grow.

Photos from SmartBrain Brits en Harties's post 03/11/2025

“Ek soek hulp,” pleit menige angstige ma’s. “Ek is raadop!” “Ek het al alles probeer en gehoor.” “My kind se swak leesvermoë beinvloed haar hele persoonlikheid.” “Die juffrou sê dat my kind nie in die klas kan konsentreer nie, dat haar skoolwerk slordig is en dat take nooit behoorlik voltooi word nie.” “Verder skryf my kind opdragte verkeerd van die bord af of soms glad nie.” “Kan julle my kind help asseblief.

En dan, na soveel harde werk, kry ons sulke pragtige rapporte! Ons is trots!

Photos from SmartBrain Brits en Harties's post 03/11/2025

Ons spog maar net so bietjie... SmartBrain is trots op julle!

22/10/2025

Jesaja 41:10 "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou."

Photos from SmartBrain Brits en Harties's post 16/10/2025

Dit is ideaal om klanke VOOR Graad 1 te ken, omdat dit ’n sterk grondslag vir lees en skryf lê. Kinders wat hul klanke ken:

🔆Herken woorde MAKLIKER

🔆Lees met meer SELFVERTROUE

🔆Help dat die oorgang na FORMELE LEESONDERRIG (Graad 1) baie glad verloop

Hoe maak mens lees en leer lekker? By SmartBrain wys ons julle!

Dit kan nie skade doen om net ń GRATIS EVALUASIE aan te vra nie...

//

It is ideal to know phonics BEFORE Grade 1, as it lays a strong foundation for reading and writing. Children who know their phonics:

🔆Recognize words EASILY

🔆Read with more CONFIDENCE

🔆Helps make the transition to FORMAL READING (Grade 1) go much smoother

How do you make reading and learning fun? At SmartBrain we show you!

Why not take a chance and book a FREE EVALUATION?

18/09/2025

Ons is ongelooflik dankbaar en trots om die Silwer-toekenning in Suid-Afrika vir die beste SmartBrain-leesentrum te ontvang! 🎉📚

Ons wil graag vir elkeen dankie sê wat ons ondersteun het, ons boodskappe gedeel het en in ons geglo het. Ons dank ook ons Hemelse Vader vir die wysheid en die geleentheid om hierdie pad te stap en soveel leerders te help met hulle lees- en akademiese reis.

’n Spesiale dank aan die SmartBrain-span wat ons gehelp het om hierdie sentrum te vestig.

Ons vier ook ons 2de verjaardag – ’n mylpaal wat vir ons wys dat volhoubare resultate nie altyd ’n sprint is nie, maar meer dikwels ’n marathon. Dankie dat julle saam met ons hardloop op hierdie pad! 💙💛

---

We are truly grateful and proud to receive the Silver award in South Africa for the best SmartBrain reading center! 🎉📚

A big thank you to everyone who supported us, shared our message, and believed in us. We also thank our Heavenly Father for the wisdom and opportunity to walk this journey and help so many learners in their reading and academic growth. A special thanks goes to the SmartBrain-team who helped us establish this center.

We are also celebrating our 2nd birthday – a milestone that reminds us that lasting results are not always a sprint, but a marathon.

Thank you for running this race with us! 💙💛

Photos from SmartBrain Brits en Harties's post 03/09/2025

Saam bou ons aan LEWENSLANGE leer!

Kontak ons vir meer inligting of ń gratis evaluasie.

16/07/2025

As ouers wil ons hê dat ons kinders die beste geleenthede sal kry om alles tot die beste van hulle vermoë aan te pak! As jy wéét dat jy ń verskil kan maak, hoekom nie hierdie geleentheid aangryp nie?!

GEEN bekommernis vir graad 1 nie, net ń geruste moederhart wat weet, my kind is SKOOLGEREED.

Hierdie leerder is 5 jaar oud en ken amper al haar klankies met selfvertroue! Sy gaan soveel meer aandag aan die graad 1 inhoud kan gee, omdat sy reeds die klankies ken en KORREK kan skryf. SmartBrain is trots!

29/05/2025



🐸Dit is belangrik dat onderwysers fokus op die aanleer van klanke of klankleer, samesmelting en dekodering in plaas van drillees van sigwoorde.

🐸Wanneer ons die klanke van die alfabet ken kan ons byna enige sigwoord vorm en lees. Dit is nie nodig om dit te forseer of dril nie.

Klankpretgroete 🐸💛💚
Etrecia x o x

Want your school to be the top-listed School/college in Brits?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Website

Address


De Ridder Straat
Brits
0250