Albert Myburgh Secondary School

Albert Myburgh Secondary School Albert Myburgh Secondary School, situated in the Western Cape, in the town Bredasdorp.

From the Community, Back to the Community! We would like to extend our heartfelt appreciation to VARS MARK Bredasdorp fo...
24/08/2026

From the Community, Back to the Community!

We would like to extend our heartfelt appreciation to VARS MARK Bredasdorp for their generous donation of fresh fruit and vegetables to our Representative Council of Learners (RCL).

What makes a gift truly meaningful is what happens next. Our RCL took the opportunity to share this generosity with the elders at Ons Huis Old Age Home, delivering fruit packs and fresh vegetables and, most importantly, spending time with the residents.

For our young leaders, this was about more than handing over a donation. It was about learning the value of service, compassion, respect and giving back to the community that surrounds us.

A sincere thank you to VARS MARK for helping our learners put these values into action, and to our RCL for representing Albert Myburgh with such warmth and purpose.

This is the Myburgh spirit we want to nurture: when our community gives to us, we find ways to give back.

Together, we grow. Together, we serve. Together, we are Myburghs. 💙💛

From Myburgh's to the world... 🤲🏾A sincere thank you to:Our dedicated educator team, led by Ms Tshinga, for making this ...
22/08/2026

From Myburgh's to the world... 🤲🏾

A sincere thank you to:
Our dedicated educator team, led by Ms Tshinga, for making this evening a reality.
Mr Gurshwin Prins for the word and message
Our honourable Executive Mayor, Mr Raymond Ross
Our MC and DJ team - Donovan Petersen, Revago and DJ Chester

Also, a big word of thanks to our sponsors. Van Loveren Winery, Jerry, Carin's flowers and decor

To the stars of the evening, our learners and parents... we salute you!

Thank you Wayne Arimoso Photography for capturing the special moments shared!

21/08/2026

A sneak preview of our Matric Invite Ceremony this evening...

21/08/2026
11/08/2026

AMPTELIKE VERKLARING

Albert Myburgh Sekondêre Skool neem kennis van mediaberigte en openbare kommentaar rakende die ernstige voorval wat Saterdag in Bredasdorp plaasgevind het ná afloop van die sportprogram waarby Hoërskool Bredasdorp en Hoërskool Punt betrokke was.

Ons gedagtes is in die eerste plek by die beseerde jongman en sy familie. Ons wens hom opreg sterkte en volkome herstel toe.

In die lig van die spekulasie wat tans in ons gemeenskap en op sosiale media versprei word, ag die skool dit nodig om die omvang en aard van Albert Myburgh Sekondêre Skool se betrokkenheid by Saterdag se sportprogram duidelik te stel.

Ons O/14-rugbyspan is vriendelik genooi om aan 'n rugbywedstryd as deel van die dag se program deel te neem. Albert Myburgh se deelname het met die afloop van ons span se wedstryd geëindig, waarna ons spelers en afrigtingspan die terrein (te Glaskasteel) verlaat het.

Die voorval waaroor daar tans in die media berig word, het nie tydens 'n Albert Myburgh-rugbywedstryd plaasgevind nie, het nie as deel van ons span se sportaktiwiteit plaasgevind nie en het nie onder toesig van Albert Myburgh Sekondêre Skool of ons afrigtingspan plaasgevind nie.

Ons is bewus van spekulasie rakende die identiteit en skoolverband van persone wat na bewering by die voorval betrokke was. Aangesien die aangeleentheid minderjariges betrek en tans die onderwerp van 'n polisieondersoek is, sal Albert Myburgh Sekondêre Skool geen individuele leerder identifiseer, sy of haar identiteit bevestig, of die omstandighede van enige individuele leerder in die openbaar bespreek nie.

Elke kind – ongeag die bewerings teen hom of haar – is geregtig op die beskerming wat aan minderjariges verleen word, asook op behoorlike regs- en dissiplinêre prosesse.
Die skool sal uiteraard sy volle samewerking aan die toepaslike owerhede verleen waar dit van ons verlang word.

Vir Albert Myburgh is daar egter 'n groter beginsel wat ons graag baie duidelik wil stel.
Ons is doelbewus besig om brûe te bou.
Ons werk hard daaraan om verhoudinge tussen Albert Myburgh, ons buurskole en die breër Bredasdorp-gemeenskap te versterk. Ons glo dat die kinders van hierdie dorp uiteindelik ons almal se kinders is en dat skole nie as eilande binne dieselfde gemeenskap kan funksioneer nie.
Dit is juis daarom dat geleenthede waar skole mekaar insluit, sportvelde deel en jongmense die kans gee om saam deel te neem, vir ons waardevol is.

Ons waardeer daarom ook die geleentheid wat aan ons O/14-span gebied is om deel van Saterdag se sportprogram te wees. Dit is hierdie gees van samewerking, insluiting en goeie buurmanskap wat ons wil uitbrei – nie laat afbreek nie.

'n Ernstige voorval soos hierdie moet aangespreek en ondersoek word. Dit mag egter nie gebruik word om verdeeldheid tussen skole te skep, bestaande stereotipes te versterk of 'n hele skoolgemeenskap te etiketteer op grond van die beweerde optrede van 'n individu nie.

Albert Myburgh Sekondêre Skool keur geweld en die besit of gebruik van gevaarlike wapens onomwonde af. Waar ernstige wangedrag binne ons verantwoordelikheid val, sal dit deur die toepaslike dissiplinêre en regsprosesse aangespreek word.

Maar ons moet terselfdertyd waak teen 'n ander vorm van skade:
Die optrede van een individu kan nie die identiteit van 'n hele skool bepaal nie.
Albert Myburgh is meer as een voorval!

Ons is 'n skoolgemeenskap van meer as 'n duisend jongmense, ondersteun deur opvoeders, ouers, afrigters, alumni en gemeenskapsvennote wat elke dag werk om beter geleenthede vir ons kinders te skep.
Ons kinders presteer. Hulle dien. Hulle speel sport. Hulle neem deel. Hulle groei. Hulle maak foute en word aanspreeklik gehou wanneer hulle dit doen – maar hulle verdien ook die ruimte om te leer, te ontwikkel en beter te doen.

Ons is trots op die ongelooflike hoeveelheid goeie werk wat daagliks binne Albert Myburgh plaasvind, en ons sal voortgaan om die skool se kultuur en reputasie te bou op Respek, Eer, Moed, Diens en Uitnemendheid.

Net so belangrik: ons wil hê dat Albert Myburgh 'n goeie buurman moet wees.
Aan Hoërskool Bredasdorp, ons ander skole en die breër Bredasdorp-gemeenskap wil ons sê: ons bly verbind tot samewerking. Ons bly verbind tot die bou van vertroue. Ons bly verbind tot geleenthede waar ons kinders mekaar op sportvelde, kulturele platforms en akademiese gebied kan ontmoet en leer ken.

Een voorval behoort nie die brûe wat ons saam bou, af te brand nie.

Ons doen 'n beroep op ons gemeenskap om verantwoordelik met hierdie aangeleentheid om te gaan, om nie minderjariges te identifiseer of onbevestigde inligting te versprei nie, en om die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander toepaslike owerhede die geleentheid te gee om hul prosesse te voltooi.

Ons sal nie ernstige wangedrag verskoon nie.
Ons sal ook nie toelaat dat die beweerde optrede van 'n individu die verhaal word van elke kind wat met trots die Albert Myburgh-wapen dra nie.

Ons kies om voort te bou.
Ons kies samewerking bo verdeeldheid.
Ons kies gemeenskap bo etikette.

Labore et Honore.💙💛
Me E. Paulo-Goagoseb
Skoolhoof
Albert Myburgh Sekondêre Skool

At Albert Myburgh Secondary School, learner and staff safety is not simply a responsibility — it is a priority. We are t...
08/08/2026

At Albert Myburgh Secondary School, learner and staff safety is not simply a responsibility — it is a priority. We are therefore incredibly grateful for the opportunity afforded to members of our staff to complete First Aid Levels 1 and 2, with Level 3 currently still in progress.

And our Myburghs certainly made us proud!
All participants successfully completed the first two levels, achieving results above 80%!

Opportunities such as these strengthen our school's capacity to respond effectively in emergency situations and contribute directly towards creating a safer environment for our learners, staff and wider school community.

We extend our sincere appreciation to our valued stakeholders who helped make this opportunity possible:
Acting Municipal Manager, E. Phillips
Senior Manager: Emergency Services, R. Geldenhuys
Platoon Commander, S. October
and the entire Overberg Brand & Redding / Emergency Services team who invested their time, expertise and resources in empowering our staff.

Your partnership with our school is deeply valued. When community structures invest in schools, the impact reaches far beyond the individuals who receive the training — our learners and our entire community ultimately benefit.

To our staff members: congratulations on your excellent results! We look forward to seeing you conquer Level 3 next.

Thank you for helping us build a safer, stronger and better-prepared Myburgh.

💙💛 LABORE ET HONORE 💛💙

Voor van links:  Beth September, Danelle Spandiel, Ronel Andreas, Me L. Jacobs (Spanbestuur)Middel: Caronithe Abrahams, ...
04/08/2026

Voor van links: Beth September, Danelle Spandiel, Ronel Andreas, Me L. Jacobs (Spanbestuur)
Middel: Caronithe Abrahams, Veraydenique Smith, Sebastian Jones, Hope Jones, Tatum Lewis
Agter: Reginald Marks, Mnr I. Reynicke (Spanbestuur)

Bogenoemde atlete het AMSS verteenwoordig tydens die landloopseisoen van 2026.

Tydens die Overberg Landloopkampioenskappe het die volgende atlete medaljes verwerf:
🥉 D15 • Beth September – Brons
🥇 D17 • Veraydenique Smith – Goud
🥈 Hope Jones – Silwer
🥉 Tatum Lewis – Brons
🥈 D19 • Ronel Andreas – Silwer
🥇 S19 • Reginald Marks – Goud

Sewe van ons atlete, naamlik Beth September, Veraypernique Smith, Hope Jones, Tatum Lewis, Ronelle Andreas, Sebastian Jones en Reginald Marks, is opgeneem in die Overberg Landloopspan 2026, waarop die skool baie trots is.
Hierdie sewe atlete gaan op Saterdag, 8 Augustus 2026, aan die Boland Landloopkampioenskappe by Dal Josafat, Paarl, deelneem.

Baie geluk aan elke atleet met hierdie besondere prestasie! Julle harde werk en toewyding dra vrugte, en die hele Myburgh-familie staan trots agter julle.

'n Opregte woord van dank aan ons spanbestuurders, Me. L. Jacobs en Mnr. I. Reynicke, vir hul leiding, ondersteuning en onbaatsugtige diens aan ons landloopspan.

💙💛 Labore et Honore 💙💛

Address

Recreation Street
Bredasdorp
7280

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:45
Tuesday 08:00 - 15:45
Wednesday 07:00 - 15:45
Thursday 07:00 - 15:45
Friday 07:00 - 14:30

Telephone

+27280502290

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Albert Myburgh Secondary School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Albert Myburgh Secondary School:

Share