06/09/2026
ALLEGRETTO FINAAL🏆
Wat ’n ongelooflike prestasie om ons skool se naam op ’n nasionale verhoog te kon verteenwoordig! 🇿🇦
Ons twee produksies het as deel van die Top 10 toneelstukke in die land aan die Allegretto-feesfinaal deelgeneem:
🎭 Break a Leg – 🏅 4de plek
👻 Daar waar die Geeste is – 🏅 7de plek
Met talle nominasies en verskeie toekennings is dit ’n prestasie waarop ons as Stoffies ongelooflik trots is! 💚💛
🏆 Ons wenners:
🥇 Ruanco – Beste digitale toneelakteur
🥇 Monsters – Beste digitale toneel
🥇 Jason Nell – Beste manlike byrol (Drama)
🥇 Micke Fulton – Beste vroulike hoofrol (Komedie)
Baie geluk aan elke leerder, regisseur en tegniese span wat deel was van hierdie besondere reis. Julle het die Stoffberg naam met trots en passie gedra! ❤️