Ons werk is nie altyd maklik nie, maar hierdie video maak alles die moeite werd!
Zoe hierdie tannie, ons juffies en jou maatjies gaan jou mis!
Geniet elke oomblik by jou nuwe skool!
Vlieg hoog!
Die naskool klub Brakpan
Naskool met 'n verskil! Gesonde etes, oop tydens vakansies. Akademie kom eerste!
Liewe Ouers
Skool is op die punt om te begin, so gaan sit asseblief vir 5 minute met jou kind en verduidelik dat om baie lank, kort, mollig, maer, swart of wit geen grap is nie.
Dat daar niks mee fout is om elke dag dieselfde skoene te dra nie.
Verduidelik aan hulle dat 'n gebruikte skooltas dieselfde drome as 'n nuwe een dra.
Leer hulle om nie iemand uit te sluit omdat hulle “anders” is of nie dieselfde geleenthede as ander het nie.
Verduidelik dat om iemand te terg maak seer...en dat hulle skool toe gaan om te LEER, NIE om mee te ding nie.
EK EN JY HET DIESELFDE WAARDE! ONDERWYS BEGIN BY DIE HUIS...
Dis *BY DIE HUIS* wat kinders moet leer om te sê:
01 - Goeiemôre
02 - Goeiemiddag
03 - Goeienaand
04 - Asseblief
05 - Met ma/pa se toestemming
06 - Jammer
07 - Vergewe my
08 - Baie dankie
09 - Dankie
10 - Ek was verkeerd
Dis *BY DIE HUIS* wat ons ook leer om:
01 - Eerlik te wees
02 - Betyds te wees
03 - Nie te beledig nie
04 - Beleef te wees
05 - Respekteer almal: vriende, kollegas, ouderlinge, onderwysers, owerhede
Steeds *BY DIE HUIS* leer ons om:
01 - Alles te eet
02 - Moenie met jou mond vol praat nie
03 - Persoonlike higiëne
04 - Moenie rommel op die grond gooi nie 05 - Help ouers met hul daaglikse take
06 - Moenie vat wat nie aan jou behoort nie 07 - Wees tevrede met wat jy het
08 - Werk eerlik om 'n bestaan te verdien 09 - Trek met beskeidenheid aan
*BY DIE HUIS* leer ons steeds om:
01 - Georganiseerd te wees
02 - Sorg vir jou besittings
03 - Moenie ander mense se besittings vat
nie.
04 - Respekteer die reëls,
05 - Praat jou moedertaal(e), bemeester jou kultuur en spiritualiteit
Want *OP SKOOL* moet onderwysers onderrig gee in:
■ Afrikaans
■ Engels
■ Wiskunde
■ Lewensvaardigheid
■ Skeppende Kunste
■ Liggaamlike opvoeding
■ Sport- en Kultuuraktiwiteite
Ons versterk net wat die Leerder geleer het *BY DIE HUIS*!!!
Want dit is uit wat ons *BY DIE HUIS* geleer het dat die individu gerespekteer sal word, dat hy die lewe sal respekteer.
Welkom by Akademiese Jaar 2024
😃👏👏👏👏
04/01/2024
Soek jy 'n naskool vir jou kind? Ons gee individuele aandag en spog met puik resultate.
Kontak my
Benice Borman
082 443 2992
30/12/2023
Ons staan aan die einde van 2023.
Ek wil dankie sê aan elke ouer wat hulle kinders aan ons toe vertrou het hierdie jaar. Aan elke vriend en vriendin van ons naskool wat bid vir ons, ons refer en altyd daar is wil ek dankie sê uit my hart, ek is lief vir julle!
Dankie pappa Vader vir U voorsiening elke dag.
Die Here is goed vir ons en sy guns is oor ons.
My gebed is dat die Here elkeen van julle sal seën in 2024.
Ebenhaésar – Tot hiertoe het die Here ons gedra.
My hart is dankbaar ❤️
24/12/2023
JESAJA 9:5
Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.
Geseënde Christus fees van ons familie aan jou familie ❤️
Onthou Jesus is die antwoord ❤️
14/12/2023
So is nog 'n jaar verby!!
Tyd wag nie vir óns nie.
Mag elke kindjie en ouer Jesus se onvoorwaardelike liefde hierdie fees seisoen ervaar!
Lekker rus ❤️
11/12/2023
Nog 'n jaar is verby ❤️
Jaar afsluiting vir 'n wenner span ❤️
Dankie Sonlig Photography vir ons mooi fotos ❤️
08/12/2023
Lekker water pret by ons Naskool ❤️
06/12/2023
Soek jy 'n naskool vir jou kind waar jy die resultate sien? Kontak my!
Ons spog met top resultate!
❤️laerskool tot Hoërskool leerders
❤️vervoer
❤️oop vakansies
❤️Help met take
❤️individuele voorbereiding vir eksamen en toetse
❤️ekstra lees en wiskunde klasse beskikbaar
❤️etes ingesluit
Kontak
Benice
082 443 2992
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Brakpan
1541
Opening Hours
| Monday | 06:30 - 18:00 |
| Tuesday | 06:30 - 18:00 |
| Wednesday | 06:30 - 18:00 |
| Thursday | 06:30 - 18:00 |
| Friday | 06:30 - 18:00 |