
Baie dankie aan ons 2022 leiers en hulle ouers vir die lekker bederf gister. Dankie vir al die moeite en liefde wat julle in die kos ingesit het vir die personeel.
Welkom by die Omgeeskool
Operating as usual
Baie dankie aan ons 2022 leiers en hulle ouers vir die lekker bederf gister. Dankie vir al die moeite en liefde wat julle in die kos ingesit het vir die personeel.
Kleuterskool: Ons naskool Aries by die kleuterskool het hope pret "By die see". Volledige album op die kleuterskool blad gelaai.
Meriete aand - Baie geluk aan die volgende leerders met hulle toekennings:
Arend van die jaar:
Sherise Botha
Dux Leerder:
Klarissa Taljaard
Hoofleiers 2023
Baie geluk aan ons nuutverkose hoofleiers vir 2023.
Agter links na regs: Lumè Kotze, Juanè Hamel(Hoofdogter), Johan Nortje(Hoofseun), Teagan McCrate.
Voor: Talisha Venter, Rikus Beets.
Baie sterkte met julle taak wat voorlê.
Baie geluk aan die nuutverkose hoofleiers van Laerskool Die Arend
Gr.7 afskeid: Hier volg 'n paar foto's van ons Gr.7's by hulle afskeid vandag. Geniet dit Aries!
edu@ on the move ⋰ School Distribution 🚨
📢 Laerskool Die Arend
Click on the link below to 👍'Like us on Facebook'
https://educlick.co.za/LSDAFacebook
🎯edu@ Springs • Brakpan 🌼🌸
• 💡Digital School Guide | 4th Term’22 😊
• http://edu-at-digital.riesmarketing.co.za/books/agtc
☎️011 740 9870 | Call 👉🏻
https://educlick.co.za/0117409870
🌐https://educlick.co.za/LSDAWebsite
📬Hendrik Potgieter Rd & End St, Dalview, Brakpan, 1541
⋙📌https://educlick.co.za/LSDAGoogleMaps
@
🏐Gees: Ons Arie juffrouens het die menere uitgedaag vir 'n netbalwedstryd soos ons jaarlikse tradisie dit betaam.
'n Moeilike eerste halfte vir die Menere, maar die tweede halfte spreek boekdele. Welgedaan Arie juffrouens met die naelskraap wen!😜
1ste halfte
Dames - 7
Mans - 1
Finale telling
Dames - 8
Mans - 6
Kerskarakters: By die naweek se Kersmark was daar oral kerskarakters te sien. Julle het baie oulik gelyk Aries! Welgedaan!!
Leieropleiding: Ons 2023 leerlingraad het Vrydag vlak-1 noodhulp opleiding ontvang vanaf AfriForum Brakpan AfriForum Brakpan Takbestuur Baie dankie dat ons saam julle hande kan vat om ons skool en ons leerders se toekoms te versterk.
Kersmark: Baie dankie aan almal se ondersteuning by ons Kersmark die naweek. Dit was 'n reuse sukses!! Hiermee slegs 'n paar foto's van die uitstallers.
Rugby: Twee van ons o/13 rugbymanne toer hierdie Desember saam hulle rugbyklubs na London en Skotland. Geniet dit Christoff (Titans) en Nathan (Rhinos), wees veilig!
Onthou van ons Kerssangdiens! Ons wil graag die jaar op 'n gepaste manier afsluit. Almal is welkom.
Hokkie nuus: Baie geluk Dane en Talisha met julle hokkie prestasie! Ons is ongelooflik trots op julle!
Graad 1 2023: Welkom by Die Arend! Ons is baie opgewonde om julle te ontmoet.
Kersmark: Nog net paar dae tot ons eerste Kersmark plaasvind. Oud en jonk is welkom. Kom geniet die dag saam ons.
Kersfees: Al is die Aries nog hard aan die werk en besig met eksamen is daar al meer tekens wat wys Kersfees is om die draai.
Sterkte met die laaste week van die eksamen Aries!
Sokkie: Einde van die eksamen en jaar sokkie. Kaartjies kan by die mans personeel aangekoop word!
Hokkie nuus: Baie geluk aan die volgende o/11 en o/12 hokkiedogters wat deur is na die 2de rondte van die Oos-Gauteng hokkieproewe.
Julle maak ons trots.
Inkleurkompetisie: Remax Excellence het onlangs 'n inkleurkompetisie gehou tussen verskillende skole se Gr.1 tot 3's. Ses van ons Aries het pryse gewen en in die top 3 geëindig. Hulle elkeen en hul familie wen 'n rit in 'n lugballon en n koevertjie met 'n bederf in. Baie geluk julle elkeen en dankie RE/MAX dat julle ons Aries so bederf.
Paar van die items/produkte wat by die Kersmark te koop sal wees. Ons kan nie meer wag nie!
Gr.1 Aries van 2023 - Hierdie een is vir julle! Hou Maandag 28 November van 08:00 tot 09:30 oop en kom kuier by jou nuwe Juffrou.
Geagte Arie Kuikens van 2023 (Gr.R en RR):
Hiermee nooi ons julle graag uit om jou Juffrou te ontmoet vir 2023.
Kom vind alle nodige inligting uit vir jou eerste dag van skool.
Jy is welkom om jou skryfbehoeftes vir 2023 saam te bring.
Ons inligtingsboekie met die skryfbehoeftelys word ook op Facebook geplaas.
Onthou om jou inskrywingsvorms by die kantoor of kleuterskool in te gee.
Ons sien uit om al ons Arie kuikens te ontmoet.
Eksamen: Vandag begin die Gr.7's met hulle laaste laerskool eksamen. Sterkte aan elke Arie!
Kerkafsluiting
Kerkafsluiting: Vandag het die Aries die jaar se afsluiting in die kerk gehad soos elke jaar se tradisie voor die eksamen begin. Die kerk was stampvol vir albei sessies. Eers ons juniors en toe die seniors. Die Gr.7's het ook vir die laaste keer die skoollied saam as skool gesing. Watter mooi prentjie is dit nie, ons is voorwaarlike so geseën!
Swem nuus: Ons swemspan het Dinsdag na verskeie gala's deur die kwartaal aan die Intergala deelgeneem en 'n 1ste plek behaal. Baie geluk aan al ons swemmers en afrigters. Ons is trots op julle!
Kersmark hierdie Saterdag!
"To me there is no picture so beautiful as smiling, bright-eyed, happy children; no music so sweet as their clear and ringing laughter. "
P.T. Barnum
Skyfskiet: Saterdag was dit die Alt-veer pretdag aangebied deur Essu. Ons skuts het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem soos boog- en teikenskiet. Dankie aan die unie vir hierdie pretdag.
Monday | 07:30 - 13:45 |
Tuesday | 07:30 - 13:45 |
Wednesday | 07:30 - 13:45 |
Thursday | 07:30 - 13:45 |
Friday | 07:30 - 13:45 |
Curro Helderwyk is nestled in the secure Helderwyk Estate and provides high-quality education to learners from age 4 to Grade 12. With small class sizes, dedicated teachers and an enhanced curriculum, we empower learners with 21st-century skills.
Language of learning and teaching: English Home Language, Afrikaans First Additional Language. We of
Our management team has more than 10 years’ experience in the emergency medical services and training industry. Nirvana Business Solutions is BEE recognition is 100% level 4.
We are a learning centre in Brakpan dedicated in providing quality education and early childhood dev
Language of Teaching is English. First additional language is Afrikaans. The school has classes rang
Bambi Kleuterskool is al 31 jaar deel van Brakpan en verskaf die volgende dienste: Babasorg (0 -36 m
Magical Moments Daycare Centre caters for all children from 3 months - 5 years, including after scho
We offer Engineering Studies N1-N6 Business Studies N4-N6 and Computer Studies Trimester for Engineering Studies Semester for Business Studies
Muriel Brand School - Empowering children with disabilities
Die plek waar kinders blom...Gogga's leer speel-speel om selfstandige klein mensies te wees wat met selfvertroue straal. Hier kweek ons 'n liefde vir leer!