13/08/2026
Ons is vreeslik trots op Charl Joubert! Charl is verkies tot die SASAPD-para-fietsryspan wat in September in Oudtshoorn aan die CSA-jeugpadkampioenskap deelneem. Ons is voorwaar trots op hierdie uitsonderlike prestasie!
13/08/2026
Ons is hard besig met die Conquesta Olimpiade.
13/08/2026
Agter die stuur van elke veilige rit lê ’n stille krag van getrouheid, geduld en goeie sorg. Elke liewe skooldag, lank voor die eerste klok lui, is ons busbestuurders al klaar op die pad om te sorg dat ons leerders met die hoogste mate van verantwoordelikheid vervoer word. Met 'n vloot van 14 busse wat daagliks die roetes trotseer, dra hierdie span 'n massiewe taak op hul skouers; een wat hulle met 'n glimlag en opregte omgee aanpak. Ons bring vandag hulde aan die mense wat verseker dat ons skoolfamilie elke dag veilig opdaag en weer na hul geliefdes terugkeer.
To our incredible team behind the wheel, thank you for the dedication that starts long before sunrise. Navigating 14 buses through busy morning and afternoon routes takes remarkable skill, patience, and a big heart. The welcoming atmosphere you create the moment our learners step onto the bus makes all the difference, setting a warm and reassuring tone for their whole day. We are deeply grateful for the quiet dedication you display daily, protecting our learners and keeping our school moving forward!
13/08/2026
Meet our Mr & Ms Paarl School contestants!
Divan Kotzé & Marlé Niewoudt
12/08/2026
Een aand. Een verhoog. 'n Toekoms vol moontlikhede. Stap saam met ons die toekoms binne by Mnr. & Mej. Paarl-skool!
Kaartjies by die skool te koop teen R70 (slegs kontant) elk. Koop nou om teleurstelling te voorkom.
Kaartjiegeld kan ook by PSOS inbetaal word. Wys die inbetalingsbewys by die skool om die kaartjies te ontvang.
A vision. A stage. A future full of possibilities. Step into the future with us at Mr & Ms Paarl School!
Tickets are available at the school for R70 each (cash only). Get yours now to avoid disappointment!
Ticket payments can also be made to PSOS. Please show your proof of payment at the school to receive your tickets.
PSOS bankbesonderhede/bank details:
PSOS
ABSA
Tjekrekening
Rekeningnommer: 407 620 5561
Takkode: 632005
Verwysing: Leerder se naam, M&M PS 2026
12/08/2026
Meet our Mr & Ms Paarl School contestants!
Callum Frantz & Kendahl Benting
11/08/2026
Meet our Mr & Ms Paarl School contestants!
Keanu Smith & Kayla Jacobs
07/08/2026
Paarl Valley Eisteddfod – Junior Singing
We are so proud of our Gr 2, 4, 6 and 7 learners who participated in the Junior Singing section this week.
We salute your bravery! Congratulations on your stunning results and beautiful singing.
06/08/2026
Agter elke netjiese en veilige skoolterrein is daar 'n span wat met ware toewyding agter die skerms werk. Terwyl die skooldag verloop, sorg ons terreinpersoneel onvermoeid vir die voorbereiding van sportvelde, die instandhouding van geboue en die algemene versorging van die terrein. Aangesien ons fokus hierdie kwartaal op ons skoolwaarde, omgee, val, gee ons hierdie week spesiale erkenning aan hierdie span wat Paarl-skool elke dag 'n veilige en trotse plek maak.
A massive thank you to each team member for your ongoing commitment, warm smiles, and the immense difference you make in our school community every single day. Your hard work behind the scenes never goes unnoticed, and we truly appreciate everything you do to keep our grounds in top shape.
04/08/2026
‘Elke lewe is ’n gawe van God,’ sê dié onderwyser vir gestremdes - LiG Tydskrif
Om met kinders wat gestrem is te werk, bring vele uitdagings mee. Maar dis ook uiters bevredigend – as jy in God se goedheid glo, en as jy glo dat elke lewe