Start Smart Aftercare

Start Smart Aftercare By Start Smart Nasorg sien ons daagliks kinders wat sukkel met skoolwerk. Ons help elke leerder! Welkom by Start Start Nasorg.

Ons besef onderwysers se werkslading is baie groot, daarom wil ons graag 'n ondersteunende rol speel sodat elke kind akademies presteer en selfvertroue bou. By ons nasorg streef ons daarna om 'n omgewing te bied waar die kinders veilig en geliefd voel. Kinders word elke dag by die skool gaan haal en teruggeneem vir sport as dit verlang word. Hulle kry elke dag middagete met 'n laatmiddag versnapering. Graad R-3 huiswerk sal onder toesig plaasvind en ons help met lees en huiswerkboeke word geteken. Slegs huiswerk wat in hul huiswerkboeke geskryf word, sal aandag kry. Ons kan nie verantwoordelik gehou word vir huiswerk wat nie in die huiswerkboeke geskryf is nie. Ons is oop in die skoolvakansie van 7:00 tot 18:00. Middagete en versnaperinge sal gegee word. Geen ontbyt word voorsien, u is welkom om ontbyt vir die kinders te voorsien. Ons werk volgens die Wes-Kaapse skoolkwartale, maar sluit vir die skoolvakansie elke jaar die 15de Desember-Januarie vir drie (3) weke. Die volle nasorgfooi is dus betaalbaar vir vakansies selfs al kom die kind nie nasorg toe nie. (die volle bedrag is betaalbaar vir 12 maande van die jaar). Ons is ook die 2 spesiale skoolvakansie dae gesluit elke jaar. Geen terugbetaling sal gegee word vir siekte/openbare vakansiedae nie. GEEN LAATKOM FOOI
Loadshedding en verkeer is 'n groot nagmerrie. Ouers hoef nie te jaag as die omstandighede buite hul beheer is nie. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat u kind goed versorg en gelukkig is terwyl hulle in ons sorg is.

01/10/2026

💃🕺 Wanneer dit vakansie is en ons nie meer weet wat om met al die energie te doen nie… DANS ONS! 🎶

30/09/2026

☀️💦 Lekker warm dag en die kids geniet die swembad! 🏊‍♀️🏊‍♂️

Lekker speel en sommer net lekker afkoel! 😍💦☀️

Warm weer + swempret = gelukkige kinders! ❤️

29/09/2026

🌿 ’n Dag van avontuur én geskiedenis! 🥾📚

Ons het vandag ons nasorgkinders op ’n lekker staptog deur die natuurreservaat geneem. 🌳🥾 Die kinders het die natuur geniet, en sommer lekker saam gestap en ontdek.

Maar dit was nie net ’n natuuruitstappie nie — ons het sommer ook geskiedenis geleer! 🇿🇦 Ons het by die ou kanon gestop en geleer hoe kanonne vroeër as ’n waarskuwingstelsel gebruik is om mense van gevaar wat aankom, in kennis te stel. Die kinders kon die geskiedenis eerstehands sien en beleef.

Ons glo dat leer nie net in die klaskamer plaasvind nie — die wêreld om ons is ook ’n wonderlike plek om te leer!” 🌿📚

Chrisna Wiese Rochelle Michaela

23/07/2026

OM 'N NASORGOPVOEDER TE WEES.....is die enigste beroep waar daar van jou verwag word om:

❤️ Om om te gee soos 'n ouer.
💼 Te bestuur soos 'n CEO
📚 Rekords te hou soos 'n prokureur.
🏫 Te onderrig soos 'n onderwyser.
🤗 Te vertroos soos 'n ouma of oupa.
🍳 Te kook soos 'n sjef.
♟️ Vyf treë vooruit te dink soos 'n skaakspeler.
🤝 Te onderhandel soos 'n diplomaat.
🐙 Verskeie take tegelyk te verrig soos 'n seekat.
🧠 Allergieë, roetines en voorkeure te onthou sonder om iets te vergeet.
👂 'n Verdagte stilte van die ander kant van die vertrek af te hoor.
🧦 Verlore skoene, sokkies en ander goed binne minute op te spoor.
🎉 Elke klein mylpaal te vier asof dit 'n Olimpiese goue medalje is.
❤️ Kinders lief te hê asof hulle jou eie is, want die klein mensies is dit werd.

Ons kyk nie net hoe kinders grootword nie, ons help hulle om die beste weergawe van hulself te word.🥰

21/07/2026
Ek kan nie glo dat die 3 weke vakansie so vinnig verby is nie! 🥹'n Groot dankie aan Zanri, Chrisna Wiese, Rochelle en Wi...
19/07/2026

Ek kan nie glo dat die 3 weke vakansie so vinnig verby is nie! 🥹

'n Groot dankie aan Zanri, Chrisna Wiese, Rochelle en Wilma Philander vir alles wat julle die afgelope 3 weke vir ons kinders gedoen het. Julle liefde, geduld, harde werk en omgee maak elke dag 'n verskil.

Ek is ongelooflik dankbaar vir elkeen van julle. Julle is beslis my dream team! ❤️🌟

Baie dankie aan al die ouers wat vir ons boodskappe gestuur het. 💛
Dit maak ons harte so bly om te hoor dat die kinders hulle vakansie by ons geniet het. Van die kinders het só lekker gespeel dat hulle al teen 19:00 op die bank aan die slaap geraak het! 😄

Dankie vir julle vertroue en ondersteuning – ons waardeer dit opreg. 🌸

17/07/2026

Nog 'n kykie na al die pret wat ons tydens die vakansie gehad het! 🌟

Dankie aan elke kind wat met soveel entoesiasme deelgeneem het, lekker saam gespeel het en eenvoudig net kind kon wees. 💛 Julle het hierdie vakansie onvergeetlik gemaak! ✨

15/07/2026

🌍✈️ PASPOORTE GEREED… START SMART HET VANDAG DIE WÊRELD PLATGEREIS! 😂✈️

Gelukkig het ons geen tasse verloor nie! 🤣🧳
Ons het sommer kamstig drie lande in een dag besoek! 🌍
🇲🇽 Eerste stop: MEXIKO! 🌮
Die kinders het heerlike tacos geniet!
🇮🇹 Tweede stop: ITALIË! 🍕
Want wie kan nou nee sê vir lekker pizza?
🇧🇪 Laaste stop: BELGIË! 🧇🍦
Wafels met roomys…
🎥🌍 Ons het ook ’n video van elke land se bekendste hoogtepunte gekyk en so ’n klein voorsmakie van elke bestemming beleef. ✈️❤️

14/07/2026

❤️ ’N GROOT DANKIE UIT ONS HARTE! ❤️

Ons wil vandag net ’n baie spesiale en opregte dankie sê aan Navaho Spur Steak Ranch wat so goedhartig die koeldrank vir ons nasorgkinders geborg het. 🥤❤️ Julle vriendelikheid en vrygewigheid word opreg waardeer! 🌟

Ook ’n baie groot en hartlike dankie aan Regardt Fourie van RLF Electrical Worx & More vir die wonderlike skenking om vir die kinders met heerlike roomys en cones te bederf. 🍦❤️

Dit is mense en besighede soos julle, met groot harte en ’n liefde vir ons gemeenskap, wat ’n verskil maak.

Address

15 Weber Street, Protea Heights
Brackenfell
7560

Opening Hours

Monday 13:00 - 18:00
Tuesday 13:00 - 18:00
Wednesday 13:00 - 18:00
Thursday 13:00 - 18:00
Friday 13:00 - 18:00

Telephone

+27791808971

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Start Smart Aftercare posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Start Smart Aftercare:

Shortcuts

Featured

Share

Category