27/01/2021
Uit ondervinding weet ek leerders vergeet oor die Desember-vakansie van alle werk wat gedoen is en hierdie jaar was die vakansie besonder lank.
Die kwartaal is ook 2 weke korter met beperkte tyd by die skool vir onderrig.
Ek begin met hersieningslesse op 1 Februarie om leerders te help om voorbereid te wees wanneer die skool begin.
Indien u kind tans in graad 10 is en Rekeningkunde as vak gekies het, is daar ook klasse beskikbaar vanaf 1 Februarie om te help met die sprong vanaf graad 9 tot graad 10 Rekeningkunde.
Kontak my gerus.