Eben Dönges Primêre Skool

Eben Dönges Primêre Skool Eben Dönges Primêre Skool waar daar geleenthede vir elke kind is! Ons Skool: Is trots Suid-Afrikaans!!!!!! Handhaaf die hoogste akademiese standaarde.

Skep 'n geleentheid vir elke kind om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Kweek gemeenskapsbetrokke, verantwoordelike landsburgers. Handhawing van wedersydse respek en erkenning van gesag. Ons praat Afrikaans en is die hartklop van die Mieliehoofstad. Visie: Die doel van die skool as instelling is om toekomsgerigte Christelike onderwys in Afrikaans aan elke leerder te verskaf en so 'n gelukkiger

en gebalanseerde kind te ontwikkel om die uitdagings van 'n veranderende wêreld aan te gryp deur sy/haar volle potensiaal te ontwikkel en hom/haar te lei tot 'n waardige volwassene.

📚💙 GELETTERDHEIDSDAG BY EBIES! 💙📚Vandag het ons Ebies gewys dat lees sommer enige plek én saam met enige iemand lekker k...
08/09/2026

📚💙 GELETTERDHEIDSDAG BY EBIES! 💙📚

Vandag het ons Ebies gewys dat lees sommer enige plek én saam met enige iemand lekker kan wees! 🤩📖

🧸 Graad R het lekker saam met hulle teddies gelees.
👩‍👧‍👦 Graad 1 is bederf toe ’n mamma vir hulle kom voorlees.
🌳 Graad 2 het ontdek dat ’n mens sommer op ’n vreemde plek ook ’n boek kan geniet.
📚 Graad 3 het hulle biblioteekboeke met mekaar gedeel en vir mekaar gelees.

Want by Ebies weet ons: elke boek maak ’n nuwe wêreld oop!🌍✨

💙 Klein lesers vandag… groot dromers môre!
📖 Lees. Ontdek. Droom. Groei.

🤸‍♀️🏅 EBIES SE GIMNASTE SKITTER!🏅🤸‍♀️Ons is ongelooflik trots op ons gimnaste se puik prestasies tydens die Noord-Vrysta...
08/09/2026

🤸‍♀️🏅 EBIES SE GIMNASTE SKITTER!🏅🤸‍♀️

Ons is ongelooflik trots op ons gimnaste se puik prestasies tydens die Noord-Vrystaat Kwalifiserende kompetisie!💙🤍

🥇 VLAK 1

🌟 Liane Minnaar– 🥇 Goue medalje met ’n gemiddeld van 8.91 én ’n algehele 2de plek in haar ouderdomsgroep!

🌟 Minge van der Berg – 🥈 Silwer medalje met ’n gemiddeld van 8.54

🌟 Mijane Ellis – 🥈 Silwer medalje met ’n gemiddeld van 8.56

🌟 Jolinke Gricius – 🥉 Brons medalje met ’n gemiddeld van 8.36

🌟 Lienke Pieterse – 🥉 Brons medalje met ’n gemiddeld van 8.23

🌟 Macayla Grobler – 🥇 Goue medalje met ’n uitstekende gemiddeld van 9.08 én ’n algehele 1ste ple in haar ouderdomsgroep! 🏆

🌟 Sanri Rossouw – 🥈 Silwer medalje met ’n gemiddeld van 8.61

🥈 VLAK 2
🌟 Rine van Eeden – 🥈 Silwer medalje met ’n gemiddeld van 8.64

🌟 Izelle Nothnagel – 🥉 Brons medalje met ’n gemiddeld van 8.31

🌟 Charlime Cloete – 🥉 Brons medalje met ’n gemiddeld van 8.30

🥉 VLAK 3

🌟 Lia Malan – 🥉 Brons medalje met ’n gemiddeld van 8.38

👏 Baie geluk! Al hierdie gimnaste is opgeneem in die Noord-Vrystaatspan wat op 11 en 12 September aan die Flip Fest in Bloemfontein gaan deelneem! 🤸‍♀️💙

🏆 VLAK 4

🌟 Elske Wessels – 🥇 1ste plek in Spronge én ’n algehele 3de plek in haar ouderdomsgroep met ’n gemiddeld van 8.5!

Elske is ook opgeneem in die Vrystaatspan wat gedurende die Septembervakansie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Gauteng gaan deelneem! 🇿🇦🏆

💙🤍 Baie geluk aan elkeen van ons gimnaste! Julle harde werk, deursettingsvermoë en pragtige prestasies maak ons ongelooflik trots!

Sterkte met die volgende kompetisies – Ebies staan bankvas agter julle!🤸‍♀️✨

♟️💙EBIES SE SKAAKSPANNE LYK SPOGGERIG!! 💙Ons Ebies-skaakspanne het dié skaakseisoen behoorlik spoggerig gelyk in hulle p...
08/09/2026

♟️💙EBIES SE SKAAKSPANNE LYK SPOGGERIG!! 💙

Ons Ebies-skaakspanne het dié skaakseisoen behoorlik spoggerig gelyk in hulle pragtige hempies!♟️

Baie dankie vir die borge wat dit moontlik gemaak het.

🌟 Jaco Hanekom – Agri-Uniek
🌟 Willie van Staden – Agri-Global

Dankie dat julle in ons Ebies belê en ons skaakspanne so mooi ondersteun. Julle betrokkenheid en ondersteuning word opreg waardeer! 💙🤍

08/09/2026
🎯🇿🇦ONS SIEN JOU MÔRE! 🇿🇦🎯Die wag is amper verby! Ons sien jou môre by Darts en Boktown! 🥳Kom geniet ’n dag vol darts, ru...
04/09/2026

🎯🇿🇦ONS SIEN JOU MÔRE! 🇿🇦🎯

Die wag is amper verby!

Ons sien jou môre by Darts en Boktown! 🥳

Kom geniet ’n dag vol darts, rugby, lekker kos, kuier en goeie gees! 🇿🇦🎯

Bring jou mense saam en kom maak dit ’n dag om te onthou! ❤️

Moenie dit misloop nie – ons sien jou môre!
🇿🇦🎯

Baie sterkte, Juffrou Emma! 🏃‍♀️💙💛Ons wens Juffrou Emma Noeth alle sterkte toe met die Suid-Afrikaanse Landloopkampioens...
04/09/2026

Baie sterkte, Juffrou Emma! 🏃‍♀️💙💛

Ons wens Juffrou Emma Noeth alle sterkte toe met die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe! 🇿🇦

Hou bene, hou! 💪🏃‍♀️
Geniet elke tree!
Ebies is trots op jou! 💙💛

02/09/2026

As die 🐱 weg is is die 🐭 baas!!!!

Gelukkige Sekretaressedag!!! 💙💛
02/09/2026

Gelukkige Sekretaressedag!!! 💙💛

Baie Geluk met jou Verjaarsdag van gister Juffrou Isabel Nothnagel. 🥳🥳🥳
29/08/2026

Baie Geluk met jou Verjaarsdag van gister Juffrou Isabel Nothnagel. 🥳🥳🥳

Address

Prellerstraat 83
Bothaville
9660

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27565152591

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Eben Dönges Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Eben Dönges Primêre Skool:

Shortcuts

Share