10/10/2026
MIND MOVES WERK ORALS โ
OOK OP DIE VERHOOG! ๐ญ
Dit is konsertseisoen by die laerskool. Met gejelde hare en blink gesiggies oefen die Graad Rโe dat die spoeg spat!
Mamma vra vir haar seun:
โHoe gaan dit met konsert-oefen? Geniet jy die sing en dans?โ
Seun:
โNee, nie eintlik nie.โ
โAg regtig? Hoe so?โ
โEk wil heeeeeltyd piepie, Mamma!โ ๐ณ
Mamma glimlag.
โOns het โn spesiale truuk om hiermee te help. Want eintlik het jy nie noodwendig mรฉรฉr piepie in jou blaas nie โ dit is die spanning wat jou lyf laat voel asof jy meer toilet toe moet gaan.โ
โKom, Mamma leer jou hoe om jou Vagus te masseer.โ
Neem jou regterhand en plaas dit onder jou linkersleutelbeen, in lyn met jou linkeroog. Jou vingers sal โn klein holte voel; druk daarop. (Hierdie deel kan sensitief wees.)
Beweeg jou vingers in sirkelbewegings, op en uitwaarts, in die rigting van jou skouer. Hou aan met die sirkelbewegings totdat jy voel hoe jou hartklop stadiger word en jou asemhaling verdiep. Jy kan selfs voel dat daar meer speeksel in jou mond vorm.
Oefen dit sommer elke dag op pad skool toe. Dit is โn eenvoudige Mind Moves-truuk wat kan help om die lyf te kalmeer, jou asemhaling te verdiep en jou dinkbrein aan te skakel sodat jy weer rustig voel.
Wanneer die lyf rustig is, is dit makliker om jou woorde en bewegings te onthou โ en die belangrikste: om pret te hรช!
Terloops, juffrou โ dit werk vir grootmens-senuwees ook! ๐
https://www.mindmoves.co.za/