Kleinbroek Plaas Skool

Directions Contact the school

Kleinbroek Plaas Skool Kleinbroekskool heet u hartlik welkom. Ons is 'n skool wat Opvoedingsentrum in ware sin van die woord wil wees. Voordele wat Kleinbroek Primêre Skool bied:
1.

Daarom streef ons na die natuurlike groei van die kind op alle vlakke naamlik: Geestelik, Verstandelik, Fisies en Normatief. Missie van Kleinbroekskool:
- As 'n Christelike Afrikaanse skool aanvaar ons die roepingsreis om wat jy doen, goed te doen, en daarna streef ons na die verwesenliking van die volgende eienskappe by leerders, personeel en ouers:

Leerlinge:
'n Leerder by Kleinbroek Primêre Skool...
- Erken die Christelike waardes en norme, soos vervat in die Bybel.
- Ken en dien Jesus Christus ons Verlosser.
- Is trots op die Afrikaanse taal- en kultuurerfenis en streef na die handhawing en uitbuiting daarvan.
- Gebruik Godgegewe talente op die akdemiese en kultuurakker sowel as op die sportveld.
- Tree te alle tye netjies, hoflik en hulpvaardig teenoor almal op.
- Troetel ons skooltrots en bou dit uit.
- Benut die geleentheid om tot volle potensiaal te ontwikkel. Personeel
'n Personeellid van Kleinbroek Primêre Skool:
- Erken die Christelike waardes en norme soos vervat in die Bybel.
- Ken en dien Jesus Christus ons Verlosser.
- Voel geroepe tot die Christelike opvoedingsideaal om die kind te lei tot selfstandige, volle, vrugbare lewe van arbeid en diens saam met sy medemens in die wêreld tot eer van God.
- Wend te alle tye Godgegewe talente aan om doelwitte en tradisies van die skool te verwesenlik, uit te dra en te bewaar.
- Is lojaal teenoor onderwys, kollegas en die skool et woord en daad.
- Stel die belange van die leerlinge voorop.
- Huiwer nie om die tweede myl saam te stap nie. Ouers
'n Ouer van Kleinbroek Primêre Skool:
- Ag die Christelike waardes, norme en lewenswyses hoog en dra dit op gepaste wyse met die woord en daad aan hulle kinders oor.
- Stel positief belang en is gebalanseerd betrokke by hul kinders se akademiese sowel as buitemuurse aktiwiteite en gee hulle ondersteuning aan die bestuursliggaam, ouerevereniging en die skool. Standaard: Bewese hoë standaard word in belang van die ontwikkeling van die kind gehandhaaf. let op uitslae in Sekondêre skole.
2. Taal: Die skool se voertaal is Afrikaans. Tweede en derde taal onderrig word op hoë vlak ook aangebied.
3. Onderwyser-kind-verhouding: Beperkte klasgroottes en bekwame onderwysers sorg vir besonder gunstige en individuele aandag, ook aan toppresteerders.
4. Geleenthede: Geleenthede word gebied om op verskeie gebiede te ontwikkel. Die skool het byvoorbeeld 'n goed toegeruste rekenaarsentrum en bied kwaliteit opleiding aan.
5. Vermoë: Met kwaliteit onderwysers het die skool nie net die vermoë nie, maar ook die bewese rekord van kwaliteit leiding aan leerders.

13/10/2026

“As jy vir jou Juffrou ñ ander beroep kon kies, wat sou dit wees?” 🥰

Baie geluk aan ons TOP 3 presteerders van Kwartaal 3. Julle maak ons ongelooflik trots! 🏆🤩👏
12/10/2026

Baie geluk aan ons TOP 3 presteerders van Kwartaal 3.

Julle maak ons ongelooflik trots! 🏆🤩👏

11/10/2026

🌈 KLEINBROEK SE EERSTE VIRTUELE OPEDAG! 🌈

Ons is opgewonde om ons eerste virtuele opedag met julle te deel! 💚💛🤍

Met ons tema “Reënboog – Plek vir elke kleur” vier ons dit wat Kleinbroek so besonders maak: ’n plek waar elke kind welkom is, elke talent raakgesien word en elke maatjie die geleentheid kry om te groei en te blom. 🌈

By Kleinbroek is ons meer as net ’n skool – ons is ’n familie waar ons saam leer, saam lag, saam groei en bo alles, saam op God vertrou. 🙏🏻

💚 Wil julle Kleinbroek self kom beleef?
Ons nooi julle hartlik uit om ons skool enige tyd te besoek en eerstehands te ervaar wat Kleinbroek so spesiaal maak!
📝 Inskrywingsvorms is by die skoolkantoor beskikbaar.

Kom ontdek ’n plekkie waar daar ruimte is vir elke kind, elke droom en elke kleur! 🌈

Kleinbroek Laerskool – Reënboog: Plek vir elke kleur! 💚💛🤍



Kontakbesonderhede

* Telefoonnommer: +27 56 515 3552
* E-posadres: [email protected]
* Fisiese Adres: Kleinbroekmansfontein (Plaas), Distrik Bothaville, Bothaville, 9660

Ons beheerraad is cooler as joune!Kyk net hoe was ons personeel vandag bederf! 💞🩷💗💖
09/10/2026

Ons beheerraad is cooler as joune!

Kyk net hoe was ons personeel vandag bederf! 💞🩷💗💖

Kleinbroek se personeel was BEHOORLIK bederf vandag met Onderwyserdag. Dankie aan elke individu wat hierdie bederf moont...
06/10/2026

Kleinbroek se personeel was BEHOORLIK bederf vandag met Onderwyserdag.

Dankie aan elke individu wat hierdie bederf moontlik gemaak het. 🥰🧁

Dit is vir ons só groot voorreg en seën om elke dag te kan doen waarvoor ons lief is.

Kwartaal 4, ons is reg vir jou!
05/10/2026

Kwartaal 4, ons is reg vir jou!

Ons sluit Kwartaal 3 af op ñ hoogtepunt!Wat ñ prettige en suksesvolle Ysbeertjiedag! ❄️🧊🩵
22/09/2026

Ons sluit Kwartaal 3 af op ñ hoogtepunt!

Wat ñ prettige en suksesvolle Ysbeertjiedag! ❄️🧊🩵

Kleinbroek se Babaklas het vandag kunstenaars opgelei. 🥰Dankie Juffrou Melissa dat jy ons kleintjies só mooi leer en sti...
14/09/2026

Kleinbroek se Babaklas het vandag kunstenaars opgelei. 🥰

Dankie Juffrou Melissa dat jy ons kleintjies só mooi leer en stimuleer. 🎨🫟🖌️

Kleinbroek se eie ruiter-  Lisa du Preez🐎🏇Lisa het aan die Showjumping Kompetisie die 12de September in Pretoria deelgen...
14/09/2026

Kleinbroek se eie ruiter- Lisa du Preez🐎🏇

Lisa het aan die Showjumping Kompetisie die 12de September in Pretoria deelgeneem.

Sy het met groot entoesiasme, toewyding en sportmanskap deelgeneem en haarself uitstekend van haar taak gekwyt.

🏆 Ruiterprestasies

* Klas 2 40cm – Clear Round
* ⁠klas 3 50cm - Clear Round

Sy het in albei klasse ’n foutlose rondte voltooi, wat ’n besondere prestasie is en ’n bewys van die harde werk en voorbereiding wat tydens hul perdrylesse gedoen word.

Graslaagte Equestrian het ook as ’n groep aan die *Fancy Dress-klas deelgeneem. Die ruiters het as ’n span saamgewerk en met hul kreatiwiteit en spanentoesiasme ’n *1ste plek behaal.*🏆

Baie geluk, Lisa! Jy maak ons trots!

Address

Kleinbroekmansfontein
Bothaville
9660

Opening Hours

Monday 07:15 - 13:00
Tuesday 07:15 - 13:00
Wednesday 07:15 - 13:00
Thursday 07:15 - 13:00
Friday 07:15 - 13:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleinbroek Plaas Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Kleinbroek Plaas Skool:

Shortcuts

Share

Category