Kleinbroek Plaas Skool

Kleinbroek Plaas Skool Kleinbroekskool heet u hartlik welkom. Ons is 'n skool wat Opvoedingsentrum in ware sin van die woord wil wees. Voordele wat Kleinbroek Primêre Skool bied:
1.

Daarom streef ons na die natuurlike groei van die kind op alle vlakke naamlik: Geestelik, Verstandelik, Fisies en Normatief. Missie van Kleinbroekskool:
- As 'n Christelike Afrikaanse skool aanvaar ons die roepingsreis om wat jy doen, goed te doen, en daarna streef ons na die verwesenliking van die volgende eienskappe by leerders, personeel en ouers:

Leerlinge:
'n Leerder by Kleinbroek Primêre Sk

ool...
- Erken die Christelike waardes en norme, soos vervat in die Bybel.
- Ken en dien Jesus Christus ons Verlosser.
- Is trots op die Afrikaanse taal- en kultuurerfenis en streef na die handhawing en uitbuiting daarvan.
- Gebruik Godgegewe talente op die akdemiese en kultuurakker sowel as op die sportveld.
- Tree te alle tye netjies, hoflik en hulpvaardig teenoor almal op.
- Troetel ons skooltrots en bou dit uit.
- Benut die geleentheid om tot volle potensiaal te ontwikkel. Personeel
'n Personeellid van Kleinbroek Primêre Skool:
- Erken die Christelike waardes en norme soos vervat in die Bybel.
- Ken en dien Jesus Christus ons Verlosser.
- Voel geroepe tot die Christelike opvoedingsideaal om die kind te lei tot selfstandige, volle, vrugbare lewe van arbeid en diens saam met sy medemens in die wêreld tot eer van God.
- Wend te alle tye Godgegewe talente aan om doelwitte en tradisies van die skool te verwesenlik, uit te dra en te bewaar.
- Is lojaal teenoor onderwys, kollegas en die skool et woord en daad.
- Stel die belange van die leerlinge voorop.
- Huiwer nie om die tweede myl saam te stap nie. Ouers
'n Ouer van Kleinbroek Primêre Skool:
- Ag die Christelike waardes, norme en lewenswyses hoog en dra dit op gepaste wyse met die woord en daad aan hulle kinders oor.
- Stel positief belang en is gebalanseerd betrokke by hul kinders se akademiese sowel as buitemuurse aktiwiteite en gee hulle ondersteuning aan die bestuursliggaam, ouerevereniging en die skool. Standaard: Bewese hoë standaard word in belang van die ontwikkeling van die kind gehandhaaf. let op uitslae in Sekondêre skole.
2. Taal: Die skool se voertaal is Afrikaans. Tweede en derde taal onderrig word op hoë vlak ook aangebied.
3. Onderwyser-kind-verhouding: Beperkte klasgroottes en bekwame onderwysers sorg vir besonder gunstige en individuele aandag, ook aan toppresteerders.
4. Geleenthede: Geleenthede word gebied om op verskeie gebiede te ontwikkel. Die skool het byvoorbeeld 'n goed toegeruste rekenaarsentrum en bied kwaliteit opleiding aan.
5. Vermoë: Met kwaliteit onderwysers het die skool nie net die vermoë nie, maar ook die bewese rekord van kwaliteit leiding aan leerders.

 -Vrydag by Kleinbroek. 💚💛🇿🇦
28/08/2026

-Vrydag by Kleinbroek. 💚💛🇿🇦

Innige simpatie aan meneer van Zyl en sy vrou met die afsterwe van hulle geliefde seun. 😔🙏
23/08/2026

Innige simpatie aan meneer van Zyl en sy vrou met die afsterwe van hulle geliefde seun. 😔🙏

Ons Klitsies het vandag aangetrek soos wat hulle eendag wil word. Die kreatiwiteit hou net nie op nie. 🥰Ons sien ñ blink...
21/08/2026

Ons Klitsies het vandag aangetrek soos wat hulle eendag wil word. Die kreatiwiteit hou net nie op nie. 🥰

Ons sien ñ blink toekoms vir elkeen van julle. ⭐️

Beroepsweek by Kleinbroekklitsies! Dankie aan al ons raakvatter ouers vir julle bereidwilligheid en entoesiame om julle ...
21/08/2026

Beroepsweek by Kleinbroekklitsies!

Dankie aan al ons raakvatter ouers vir julle bereidwilligheid en entoesiame om julle kennis en vaardighede met ons kindertjies te kom deel. 🎂💄🛠️🧯🎨🎭✂️🐑

Trots op ons STERRE🏆
17/08/2026

Trots op ons STERRE🏆

Loer gerus na Kleinbroek se suksesvolle 2026 Markdag! 🛍️💰
14/08/2026

Loer gerus na Kleinbroek se suksesvolle 2026 Markdag! 🛍️💰

Lekker verjaar, Juffrou Annerita🥳🥳🥳
02/08/2026

Lekker verjaar, Juffrou Annerita🥳🥳🥳

30/07/2026

🌟 Kleinbroek se Spog-oomblik! 🌟

By Kleinbroek vier ons elke klein én groot mylpaal – en vandag spog ons met Jantje Stols!

Jantje, 'n Graad 2-leerder, het iets besonders reggekry: sy het haar eie storie van begin tot einde geskryf – sonder Juffrou se hulp! 📚✍️

Dit verg verbeelding, selfvertroue en deursettingsvermoë om jou eie gedagtes op papier vas te lê, en Jantje het gewys waartoe sy in staat is.

Ons is ongelooflik trots op haar groei en die talent wat reeds op so 'n jong ouderdom na vore kom.

Ons sien 'n blink toekoms vir Jantje en sien met groot verwagting daarna uit om haar eendag as 'n skryfster haar merk in die wêreld te sien maak.

Baie geluk, Jantje! Mag jy altyd aanhou droom, skryf en jou talent ontwikkel.

💚 Kleinbroek is ongelooflik trots op jou! 💚

🏉 Baie geluk, Schalk du Preez! 🏉Baie geluk aan Schalk du Preez wat gekies was en deelgeneem het aan die Cravenweek rugby...
29/07/2026

🏉 Baie geluk, Schalk du Preez! 🏉

Baie geluk aan Schalk du Preez wat gekies was en deelgeneem het aan die Cravenweek rugbytoernooi gedurende die Junie vakansie in Bloemfontein.

Jou harde werk, deursettingsvermoë en passie vir rugby het jou hierdie geleentheid besorg.

Jy het Kleinbroek met trots verteenwoordig, en ons is ongelooflik trots op wat jy bereik het.

Mag hierdie prestasie die begin wees van nog vele suksesverhale op en langs die rugbyveld.

Baie geluk, Schalk! Jou Kleinbroek-familie is baie trots op jou! 💚💛

🎉 Trotse Kleinbroek oomblik🎯Baie geluk aan Leanru de Beer met hierdie uitstekende prestasies by die SA Jagterskiet en di...
25/07/2026

🎉 Trotse Kleinbroek oomblik🎯

Baie geluk aan Leanru de Beer met hierdie uitstekende prestasies by die SA Jagterskiet en die kompetisie in Randfontein:

SA Jagterskiet Uitslae
10 m Lugpistool O/13
* 🥇 Eerste plek
*
15 m Junior Veergeweer O/13
* 🥈 Tweede plek
*
Junior Randslag O/13
* 🥈 Tweede plek
*
18 Julie – Randfontein
* 10 m O/13 Lugpistool: 🥇 Eerste plek
* Junior Veergeweer O/13: 🥈 Tweede plek

Jou harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het pragtige vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op jou en wens jou alle sterkte toe vir die pad vorentoe.

Mag jy nog baie sukses behaal en aanhou om Kleinbroek met trots te verteenwoordig.

Address

Kleinbroekmansfontein
Bothaville
9660

Opening Hours

Monday 07:15 - 13:00
Tuesday 07:15 - 13:00
Wednesday 07:15 - 13:00
Thursday 07:15 - 13:00
Friday 07:15 - 13:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleinbroek Plaas Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Kleinbroek Plaas Skool:

Shortcuts

Share

Category