CumLaude Akademie
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from CumLaude Akademie, Education, 16 Kirsch Straat, Parkrand, Boksburg.
25/12/2019
28/10/2019
Baie geluk aan ons 2 pragtige Graad 6 poppe, Met jul verkiesing as deel van Laerskool Baanbreker se leerlingraad vir 2020! Ons is verskiklik trots op julle!!
Geleen by Laerskool Baanbreker: Agt beste maniere om eksamenstres hok te slaan
deur Marlien van der Westhuizen, Navorser by die Skoleondersteuningstentrum
Hierdie tyd van die jaar is die meeste mense afgemat, moeg en onder baie druk om alles klaar te kry voor die Kersfees-geskarrel begin. Leerlinge ervaar selfs meer druk as gevolg van eksamenstres wat hulle in die gesig staar. Die Skoleondersteuningsentrum het ’n lys saamgestel met die top maniere om eksamenstres en spanning in hierdie moeilike tye onder beheer te kry.
Een van die groot probleme met eksamenstres is dat stres breinselle laat doodgaan en dus, hoe meer ’n leerling stres ervaar, hoe minder inligting neem hulle in. Dáárby veroorsaak stres ook dat jou immuunsisteem nie so goed werk as wat dit moet nie wat dikwels daartoe lei dat leerlinge siek word tydens die eksamen.
Alhoewel stres ’n natuurlike reaksie is en selfs tot voordeel kan wees tydens die eksamen, is dit belangrik om nie abnormale stresvlakke die oorhand te gee nie. Hier is handige maniere om stres te verminder.
Luister na klassieke musiek
Daar is reeds vele studies gedoen deur wetenskaplikes oor die invloed van klassieke musiek op die leerproses. Buiten vir hierdie voordele het klassieke musiek ook ’n fisiologiese invloed op die liggaam self deurdat dit bloeddruk verlig wat onmiddellik ’n gevoel van welbehae in die leerling veroorsaak.
Gaan stap ’n kort entjie
Leerlinge mag dalk voel dat hulle nie tyd het om vir twintig minute op te hou leer nie, maar die voordele aan ’n vinnige stappie weeg swaarder as die tyd wat gemors word. Breinskanderings van kinders se brein wat 20 minute aktief was teenoor die wat by hulle lessenaar gesit het, wys ’n duidelik verskil en behoort almal te motiveer.
Slaap genoeg
Dis dalk makliker gesê as gedaan, maar tydens die eksamen sal genoeg nagrus dalk beter wees as ’n deurnag-sessie. Dit is omdat die brein slaap nodig het om nuwe inligting (wat jy vir die volgende dag wil inprop) om te skakel sodat dit in jou langtermyngeheue vasgevang kan word.
Omring jouself met positiewe mense
Wanneer jy die oggend by die skool opdaag, maak seker jy vermy vriende wat self ook baie stres en jou moontlik nog meer gaan laat stres. Dit is ook nie nodig om na die eksamen agter te bly om met vriende te redekawel oor die vraestel nie. Dit veroorsaak bloot onnodige spanning oor ’n vraestel wat reeds verby is, waaraan jy niks meer kan doen nie.
Wees voorbereid
Dit mag dalk vanselfsprekend wees, maar deur betyds voor te berei, help jy jouself om kalm te bly. Stel ’n rooster op sodat jy jou tyd oordeelkundig gebruik en hou by jou skedule. Gee jouself genoeg tyd om tussendeur te ontspan en vroeg in die bed te klim.
Eet gesond
’n Belangrike aspek om spanning en stres te verminder is om jou liggaam in ’n gesonde toestand te hou. Fluktuerende bloedsuikervlakke beïnvloed jou energievlakke en kan bydra tot onnodige stres. Vermy items met te veel suiker en koolhidrate. ’n Sjokolade net voor jou eksamen gaan jou geen gunse doen nie. Maak ook seker jy kry genoeg proteïene in, in die vorm van laevet suiwel, vleis en neute.
Drink genoeg water
Onlangse studies wys ook dat water help om senuweeagtigheid te beperk en daar is ’n teorie dat water help om informasie tussen breinselle te laat vloei. Deur water in die eksamensaal in te neem, kan bydra dat leerlinge tot 10% beter vaar.
Leer in ’n skoon area
Nie alleenlik sal dit ouers se hart verbly nie, maar deur in ’n skoon, netjies vertrek (of selfs net lessenaar) te leer hou baie voordele in. Te veel items op ’n lessenaar trek jou aandag af en maak dit moeiliker om te konsenteer wat maklik tot stres kan lei. ’n Mens se brein word vinnig moeg en verward wanneer dit gebombardeer deur ’n magdom stimuli.
01/10/2019
Ons plant blommetjies, want dis heerlike lente🌸 die winters⛄️ verby.... 👻so ook Die vakansie
01/10/2019
Musical chairs, charades en vrot eier
Laaste bietjie lekker voor die skool begin
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
16 Kirsch Straat, Parkrand
Boksburg
1459