01/10/2026
🏐 NETBAL 🏐
Terwyl Jansen se spelers en afrigters hulle welverdiende rus geniet, word daar hard gewerk aan ons netbalbane! 💪🏼🏐
Ons is ongelooflik opgewonde oor die vernuwing van al 10 ons netbalbane ná ’n lang netbalseisoen. Ons sien daarna uit om ons spelers weer op splinternuwe bane terug te verwelkom! 🔥
’n Groot dankie aan Plasticourt wat saam met ons hierdie groot projek aanpak. Ons waardeer julle ondersteuning en harde werk! 🙌🏼
Die toekoms van Jansen-netbal lyk blink! 💛❤️🖤