Glow And Grow Mom

Glow And Grow Mom Ek help werkende mammas'n ekstra inkomste bou aanlyn op 'n veilige manier, om eendag jou baas te kan af dank 😉 & tyd terugwen met jou kinders.

06/10/2026

Ek dink baie werkende mammas wat ’n tweede inkomste wil bou sit met dieselfde probleem:

“Ek wil graag meer verdien
 maar waar moet ek nóg tyd kry?”

Vir ’n lang tyd het “ons kort meer geld” vir my gevoel asof die antwoord seker moet wees:

Werk harder.
Meer ure.
Meer overtime.
Nog iets byvat.

Maar daar was een probleem


Ek was reeds moeg 😅

Daar is werk.
Daar is kinders.
Daar is ’n huis.
Daar is sport, skoolaktiwiteite, kosmaak, wasgoed, honde en ’n lys goed wat somehow elke dag weer vol raak.

En ek dink baie van ons sit met dieselfde contradiction:
Ek wil graag meer asemruimte hĂȘ finansieel
 maar ek het nie meer van myself om weg te gee nie.

Dis een van die redes hoekom ek begin leer het hoe digital marketing werk.

Nie omdat ek gedink het dit gaan maklik wees nie.

En beslis nie omdat ek gedink het ek gaan vandag begin en volgende week my werk los nie 😅

Ek wou eerder uitvind:
Kan ek ’n vaardigheid leer wat ek, rondom my reeds vol skedule, kan begin bou?

20 minute hier.
'n Uur daar.
’n Video wanneer ek kan.
’n Bietjie leer tussen alles anders deur.

Ek het nog nie alles uitgefigure nie.

Maar ek weet een ding:
Ek het nie nóg ’n werk nodig gehad wat nóg meer van my tyd vat nie.

Ek het ’n ander manier nodig gehad om iets te begin bou.

As jy ook al gedink het:
“Ek wil ’n ekstra inkomste hĂȘ
 maar waar de heng moet ek nĂłg tyd kry?”

Comment 'TYD' đŸ€ Ek wil weet hoeveel van ons hierdie probleem probeer uitfigure.

05/10/2026

Ek het besef ek het iets verkeerd gedoen met my content.

Ek het baie gepraat oor 'n ekstra inkomste.

Oor nuwe skills.

Oor iets van jou eie bou.

Oor meer opsies vir jouself en jou familie.

Maar as jy na vyf van my videos gekyk het en nog steeds gedink het:

“Okay Marietjie
 maar wat DOEN jy eintlik?”

dan het ek nie my werk behoorlik gedoen nie 😅

So hier is dit in gewone Afrikaans.

Ek leer "digital marketing".

Ek leer hoe om content te skep rondom 'n produk of offer.

Hoe om die regte persoon se aandag te trek.

Hoe om duidelik te kommunikeer wat die produk doen en vir wie dit kan help.

Hoe om iemand wat belangstel na 'n conversation of offer toe te beweeg.

En hoe verkope uiteindelik uit daardie proses kan ontstaan.

Nie deur 'n magic button te druk nie.

Nie omdat jy 'n course gekoop het nie.

Deur 'n "skill" te leer en dit aan te hou toepas.

Ek het nie hierdie goed geweet toe ek in Desember 2025 begin het nie.

Ek leer nog steeds.

Maar dit is presies hoekom ek ook daarvan hou om met ander beginners te praat - ek onthou nog baie goed hoe dit voel wanneer almal hierdie woorde gebruik en jy sit en dink:

“Maar wat beteken dit alles?”

As jy wil sien wat ek vir iemand sou wys wat heeltemal van nul af begin, comment 'BEGIN'.

Ek sal vir jou die info stuur en jy kan self kyk of dit relevant is vir jou đŸ€

11/09/2026

Ons was gisteraand by die Barnyard-show, deel van die skool se fondsinsamelingsprojek — en ek onthou nog hoe ek vroeĂ«r altyd eers moes somme maak of my banking app oopmaak, voor ons enigiets soos hierdie kon doen.

Kostes van die kaartjies, diesel, ietsie om te eet en drink by die show. Klein bedrae op hulle eie, maar bymekaar het dit gou gevoel of dit nie die moeite werd was nie, en dan het ons liewer tuis gebly.

Nou kan ons net gaan, sonder om eers somme in ons koppe te maak.

Ek het "skills" begin leer, en genereer inkomste vanaf my foon, en dit het vir ons hierdie ruimte gegee om "ja" te sĂȘ vir gesinsaande wat vroeĂ«r soos 'n luukse gevoel het.

Comment 'SAAM' as jy wil ophou somme maak voor 'n gesinsuitstappie. Dit kan werklik verander mamma.

Address

Boksburg
1459

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27823871473

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Glow And Grow Mom posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Glow And Grow Mom:

Shortcuts

Share