Koot Niemann Primêre Skool

Koot Niemann Primêre Skool Ons voedingskema bied daagliks 'n heerlike bord kos aan die leerders.

Ons is 'n "no-fee" skool aan die soom van Bloemfontein. 'n Span toegewyde opvoeders koester elke leerder van Graad R tot 7 en sorg vir hoë gehalte akademie en buitemuurse aktiwiteite.

21/09/2026
Vroegoggend busdiens.   Dankie aan almal wat altyd getrou busgeld betaal.Dankie aan die personeel vir die opoffering om ...
17/09/2026

Vroegoggend busdiens.

Dankie aan almal wat altyd getrou busgeld betaal.
Dankie aan die personeel vir die opoffering om so vroeg al by die skool te wees en diens te doen.

🤣😂Vandag se busdiens het eers met die trekker begin. Dankie Oom David.

15/09/2026

Die jaar se sport- en kultuurfotos was vandag geneem asook die Graad R-maats se gradeplegtigheidfotos.

14/09/2026

Graad 7 Entrepreneursdag

14/09/2026

Lehlohonolo Masana 'n voormalige leerder van Koot Niemann Primêre Skool het vandag kom kuier en ook as seremoniemeester by die Graad 7 Beroepsdag opgetree. Hy het die leerders bemoedig en laat uitsien na die hoërskool. Hier vertel hy so ietsie van sy reis by Bloemfontein Hoërskool en onthou hy hoogtepunte van Koot Niemann. Hy los ook 'n woord van bemoediging vir ons leerder.

14/09/2026

Die top 12 graad 7's het vandag sake in die saal uitgespook om die beste drie te wees. Geluk aan die wenners: Danhay September, Maddison Baadjies en Oratile Rasekaio.

Die afgelope naweek het vier van ons talentvolle leerders aan die Vrystaat Cheerleading-proewe van die FSCMA deelgeneem....
09/09/2026

Die afgelope naweek het vier van ons talentvolle leerders aan die Vrystaat Cheerleading-proewe van die FSCMA deelgeneem. Ons is ongelooflik trots op elkeen wat die uitdaging aangepak het en hul beste gelewer het! ❤️💙

’n Spesiale gelukwensing aan:

🌟 Jamy-Lee Waterboer
🌟 Leonardo Collins
🌟 Chernel Goliath
🌟 Luhan Wessels

Ons is besonders trots om aan te kondig dat Leonardo, Chernel en Luhan hul Vrystaatkleure ontvang het! 🏅🎉

Ons is trots op al vier van julle en sien uit om te kyk hoe julle verder groei en presteer. Julle maak ons skool trots! ❤️🏆

Address

Old Thaba Nchu Road , Bloemspruit
Bloemfontein
9364

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:15
Tuesday 07:30 - 14:15
Wednesday 07:30 - 14:15
Thursday 07:30 - 14:15
Friday 07:30 - 14:00

Telephone

+27515269908

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Koot Niemann Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Koot Niemann Primêre Skool:

Shortcuts

Share

Category