Sekondêre Meisieskool Oranje

Sekondêre Meisieskool Oranje ‘n Vriendin, ‘n Heldin, ‘n Suster, ‘n Skool. Ons verwelkom gesprekke onderaan plasings in die kommentaarseksie. Baie dankie vir u samewerking.

SEKONDÊRE MEISIESKOOL ORANJE FACEBOOKBELEID

Die gebruik van Oranje se Facebookblad is primêr om ons nuus met belangstellendes te deel, hulle op hoogte te hou en om die skool mee te bemark. Ons moedig verdraagsaamheid aan en om mekaar se menings te respekteer. Indien u negatiewe kommentaar oor die skool het, volg die regte kanale en kontak die skool pleks daarvan om dit in die kommentaarseksie te plaas. Oranje hou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat:
> Beledigend, afbrekend, lasterlik, dreigend, teistering, aanvallend, neerhalend, rassisties, seksisties, kuberboelie, haatspraak, godslasterlik, of onwelvoeglik is;
> Kru taal bevat
> Gemorspos (spam) of besigheidsadvertensies is

Sulke kommentare sal verwyder word en u sal op die blad geblok geword. Ons versoek ons Facebook-volgelinge om sulke gevalle aan te meld deur Facebook se “report”-funksie te gebruik of om vir ons ’n Facebookboodskap of e-pos te stuur.

29/09/2026
Oranje se “Kieries en Crocs” (Con Spirito-sanggroep) is dalk oud en gekrok, maar vol skop!Hulle het Maandagaand by die n...
28/09/2026

Oranje se “Kieries en Crocs” (Con Spirito-sanggroep) is dalk oud en gekrok, maar vol skop!

Hulle het Maandagaand by die nasionale eindronde van die nuwe ATKV Sêr-kompetisie 3 titels verower:
🏆Beste produksie
🏆Beste musikaliteit
🏆Beste ensemblewerk

28/09/2026

Grepe uit Con Spirito se optrede by die nasionale eindronde van die ATKV Sêr-kompetisie Maandagaand in Kaapstad waar hul as die beste produksie aangewys is.

Ané Snyders het op die Nasionale Kortbadkampioenskap vir ‘n A-finaal gekwalifiseer (200 m-borsslag) waarin sy 9de was. S...
28/09/2026

Ané Snyders het op die Nasionale Kortbadkampioenskap vir ‘n A-finaal gekwalifiseer (200 m-borsslag) waarin sy 9de was. Sy het ook 2 B-finale gehaal.

Die kampioenskap is ‘n ope-afdeling waarin jy dus teen die land se top seniors meeding.

👉Meandri de Vos se beste prestasie was in die 200 m-borsslag (haal B-finaal en eindig 18de algeheel).

👉Emma Pretorius het ‘n top 50 posisie (45ste) in die 50 m-vlinderslag vermag.

27/09/2026

Legendariese Mattie se tradisies leef steeds voort.

𝗠𝗮𝘁𝗿𝗶𝗲𝗸𝗮𝗳𝘀𝗸𝗲𝗶𝗱 – ’𝗻 𝗹𝗮𝗮𝘀𝘁𝗲 𝗱𝗮𝗻𝘀 𝗼𝗽 𝗱𝗶𝗲 𝗹𝗲𝘄𝗲 𝘁𝗼𝘁 𝗻𝗼𝘂– Deur Innike du Toit (OMS-redaksie)Vir ’n meisie is ’n matriekafskei...
26/09/2026

𝗠𝗮𝘁𝗿𝗶𝗲𝗸𝗮𝗳𝘀𝗸𝗲𝗶𝗱 – ’𝗻 𝗹𝗮𝗮𝘀𝘁𝗲 𝗱𝗮𝗻𝘀 𝗼𝗽 𝗱𝗶𝗲 𝗹𝗲𝘄𝗲 𝘁𝗼𝘁 𝗻𝗼𝘂

– Deur Innike du Toit (OMS-redaksie)

Vir ’n meisie is ’n matriekafskeid moeilik om in woorde te beskryf, want dis nie net ’n aand waar jy saam met vriendinne dans en ’n mooi rok aantrek nie. Dis iets waarna ’n matriekmeisie lank uitsien en droom.

Ná maande se beplanning, rokpraatjies, hare en grimering, breek die dag uiteindelik aan. Jy kan nou jou droomrok aantrek. Jy besef dan skielik voor die spieël: “Ek is ’n matriekmeisie en vandag gaan net oor my.”

Oomblikke voor jy by die rooi tapyt afstap, besef jy dan hoeveel moeite die skool, ouers en personeel gedoen het. Iemand het aan die klein dingetjies gedink om seker te maak dat jou aand perfek is.

Wanneer jy die lokaal binnestap, voel dit asof die skool sê: “Ons het julle hier sien grootword en ons weet hierdie hoofstuk kom tot ’n einde, daarom wil ons dit vir julle spesiaal maak.” Net nie ’n enkele aand word gevier nie, maar ook vriendskappe, moeilike en goeie dae deur die jare.

Dit gaan nie noodwendig oor hoe jy lyk nie, maar oor hoe jy voel. Jy hoef nie aan toetse of na-skoolse planne te dink nie, jy kan net daar wees en die aand saam jou vriendinne geniet. Jy voel vir een aand nie soos ’n gewone leerder nie.

’n Matriekafskeid laat jou terugkyk en besef jou skool is die plek waar jy grootgeword het en jou eerste hartsvriendinne gemaak het. Skool het jou stadigaan verander in die persoon wat jy vandag is. Die skooljare wat so lank gevoel het, het skielik verbygevlieg en jy moet nou elke foto, lag en dans inneem, want die tyd raak min.

Dit herinner jou dat alles nie noodwendig perfek is nie, maar jy kan vir een aand stop, asemhaal en besef: “Ek was hier, het geleef, het gegroei en ek is gereed vir wat volgende kom.” Dis nie net ’n viering van die einde van skool nie, maar ’n sagte afskeid van die lewe wat jy tot nou toe geken het.

■ Innike is in matriek.

Oranje het 7de uit die meisiespanne op die Noord t. Suid-byeenkoms in die Paarl gekom.➡️ Medaljewenners:🥇🥈Annika Saayman...
26/09/2026

Oranje het 7de uit die meisiespanne op die Noord t. Suid-byeenkoms in die Paarl gekom.

➡️ Medaljewenners:

🥇🥈Annika Saayman = 1ste in gewigstoot + 2de in hammergooi

🥇Taylor Reinders = 1ste in 800 m

🥈🥈Karla K**k = 2de in gewigstoot + 2de in diskus

🥈🥉Mienke Botha = 2de in 400 m + 3de in 200 m

🥈Lilly Burger = 2de in 100 m-hekkies

🥈o.19’s (Carli Uÿs, Talita Louw, Lilly Burger, Mienke Botha) = 2de in 1 000 m-aflos

🥉Rouvé Janse van Rensburg = 3de in 800 m

𝐖𝐞𝐞𝐫 𝐧𝐚𝐬𝐢𝐨𝐧𝐚𝐥𝐞 𝐧𝐚𝐚𝐬𝐰𝐞𝐧𝐧𝐞𝐫𝐬 𝐢𝐧 𝐝𝐞𝐛𝐚𝐭 Die debat-duo van Anabelle Laubscher en Thiamé Hoffman is die tweede keer vanjaar di...
24/09/2026

𝐖𝐞𝐞𝐫 𝐧𝐚𝐬𝐢𝐨𝐧𝐚𝐥𝐞 𝐧𝐚𝐚𝐬𝐰𝐞𝐧𝐧𝐞𝐫𝐬 𝐢𝐧 𝐝𝐞𝐛𝐚𝐭

Die debat-duo van Anabelle Laubscher en Thiamé Hoffman is die tweede keer vanjaar die naaswenner in ‘n nasionale kompetisie.

Hulle het 2de in die senior afdeling van die Con Spirito-kompetisie se nasionale ronde geëindig.

Thiamé en Anabelle was verlede maand ook 2de in die ATKV-kompetisie.

⚫️ Danaé du Plessis en Miné Truter was 5de onder die seniors.

‘n Blik op die OMS-matriekafskeid 2026.* 𝐆éé𝐧 𝐟𝐨𝐭𝐨 𝐢𝐬 𝐦𝐞𝐭 𝐀𝐈 𝐚𝐚𝐧𝐠𝐞𝐩𝐚𝐬 𝐧𝐢𝐞.
24/09/2026

‘n Blik op die OMS-matriekafskeid 2026.

* 𝐆éé𝐧 𝐟𝐨𝐭𝐨 𝐢𝐬 𝐦𝐞𝐭 𝐀𝐈 𝐚𝐚𝐧𝐠𝐞𝐩𝐚𝐬 𝐧𝐢𝐞.

24/09/2026

Oranje is 🐥ers, maar anders.
𝐄𝐞𝐧𝐝𝐞𝐫𝐬, want die Meetsnoere-vers (Psalms 16:6) is ons nie-amptelike Bybelvers.
𝐀𝐧𝐝𝐞𝐫𝐬, want ons praat verskillende tale.
Steeds bly ons 𝐞𝐫𝐟𝐞𝐧𝐢𝐬 vir ons mooi.

Address

Harry Smithstraat 7
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sekondêre Meisieskool Oranje posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category