Gis & Gons
Ons Gis & Gons oor gesonde kos. Werkswinkels word aangebied. Kontak my gerus oor ‘n datum!
Sourdough workshop
29 August
Bfn
11/08/2026
Mense, lees asseblief die lys van bestanddele as julle “sourdough” koop!!
Agter op die pakkie staan “yeast”.
Mmmm…🤔
09/08/2026
As jou vyfjarige kleindogter jou verras met so n vrolike verjaarsdagkoek, kan jou beker net oorloop!!
Baie dankie Mila!
07/08/2026
Varsgemaalde volgraan sagte bolletjies.
20% rog
40% spelt
40% harde rooi koring
Bietjie heuning en olie en ‘n eier vir sagtheid.
Nooit gedink volgraan kan so lekker wees nie!!
Het jy geweet?
Elke sny supermarkbrood neem omtrent 45 minute van meel tot sak.
Vanmelewe se brood het 24 uur geneem.
Daardie verlore tyd is nie nostalgie nie.
Tydens 'n volle dag van stadige fermentasie breek die suurdeegkultuur die fitiensuur en baie van die gluten af wat vinnige brood ongeskonde laat.
Dit is die hoofrede waarom ons voorvaders elke dag brood geëet het en geseënd was daarmee — sonder die opgeblaasde gevoel wat ons as normaal beskou.
Die keuse is joune.
Gis en Gons leer jou hoe!
06/08/2026
BLITSKURSUS!!
Nee, nie blitsige suurdeegklas nie, wel een wat blitsvinnig aanbreek.
12 Augustus
9-3(ongeveer)
Hier in Bloem
Laat weet teen Maandag as jy wil bywoon.
Die wonder van ROG
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Website
Address
9301