21/09/2026
Martie du Plessis Skool is besonder trots op ons matriekleerder, Chris van der Westhuizen, wat die gesogte Presidentsverkenner-toekenning van Die Voortrekkers verwerf het – die hoogste toekenning wat 'n Verkenner kan ontvang.
Chris het die uitdagende nasionale Hoofleierswag-eksamen suksesvol geslaag en daarna ook die Presidentsverkennerkamp voltooi, waar sy leierskap, karakter, diensbaarheid en deursettingsvermoë op nasionale vlak getoets is.
As lid van die Voorslagkommando, tel Chris nou onder 'n klein groepie jong Suid-Afrikaners wat hierdie besondere mylpaal bereik.
Ons wens Chris van harte geluk en vertrou dat hierdie prestasie die begin van nog vele suksesse sal wees. Ons is trots op jou!