05/06/2026
Liewe Ouers
Ek wil graag vandag uit my hart uit dankie sê.
Die afgelope week was vir ons almal uitdagend. Met verskeie juffrouens wat siek geword het en skedules wat voortdurend aangepas moes word, was daar beslis tye wat dinge nie volgens plan verloop het nie. Tog het ons personeel weer eens bewys wat dit beteken om deel van die Kleuter Paradys-familie te wees.
Ek is ongelooflik dankbaar vir elke personeellid wat ingespring het waar nodig was, ekstra verantwoordelikhede opgeneem het en sonder klagtes hul skouers onder die werk gesit het. Julle het oor en oor bewys dat julle op mekaar kan staatmaak en dat julle bereid is om te doen wat nodig is vir ons kleuters. Sonder julle sou die skip beslis gesink het.
'n Spesiale woord van dank aan Juamari wat selfs vroeër van haar siekverlof teruggekeer het omdat sy bekommerd was oor haar klas en haar kleuters. Jou toewyding en liefde vir die kinders spreek boekdele.
Aan al ons ouers – baie dankie vir julle geduld, begrip en ondersteuning gedurende hierdie moeilike week. Ons weet daar was 'n paar tandekners-oomblikke en dat sommige dae nie perfek verloop het nie, maar julle genade en samewerking het dit vir ons soveel makliker gemaak om deur die uitdagings te werk.
Ek glo ons is nou deur die ergste, en ons sien uit na rustiger dae vorentoe. Intussen bid en hoop ons dat elke siek juffrou spoedig sal herstel en weer sterk en gesond terug sal wees.
Dankie dat julle deel is van ons Kleuter Paradys-familie.
Met opregte waardering
Antunet Barnard
Skoolhoof
Kleuter Paradys Kleuterskool 🌸💙
04/06/2026
29/05/2026
28/05/2026
26/05/2026