Dr CF Visser Primêre Skool

Dr CF Visser Primêre Skool Vir u kind se geluk en sukses!

💙 Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Melandri! 💙Dit is vandag vir ons ’n voorreg om Juffrou se spesiale dag saam te vier. Ju...
06/09/2026

💙 Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Melandri! 💙

Dit is vandag vir ons ’n voorreg om Juffrou se spesiale dag saam te vier. Juffrou se liefdevolle geaardheid, harde werk en besondere manier van doen word opreg waardeer en maak ons skool ’n mooier plek. ✨️

Mag Juffrou vandag behoorlik bederf word en elke oomblik van Juffrou se spesiale dag geniet. Ons bid dat die Here Juffrou in die nuwe lewensjaar sal lei, beskerm en oorvloedig sal seën. 🤩

Ons wens Juffrou ’n baie gelukkige verjaardag en ’n jaar vol vreugde! 🌟

💙 Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Riandi! 💙Vandag vier ons vir Juffrou Riandi en die vreugdevolle en positiewe energie wa...
02/09/2026

💙 Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Riandi! 💙

Vandag vier ons vir Juffrou Riandi en die vreugdevolle en positiewe energie wat Juffrou na ons skool bring. Juffrou se warm hart en mooi glimlag maak ’n besonderse impak op ons Vissie-familie. ✨️

Mag Juffrou vandag behoorlik bederf word en elke oomblik van Juffrou se spesiale dag geniet. Ons bid dat die Here Juffrou in die nuwe lewensjaar sal lei, beskerm en oorvloedig sal seën. 🤩

Ons wens Juffrou ’n baie gelukkige verjaardag en ’n jaar vol liefde! 🌟

25/08/2026

Ons Graad 1’s het Vrydag ’n spesiale mondeling aangebied oor wat hulle eendag wil word. 👩‍⚕️👨‍🚒👩‍🍳👨‍🚀 Van groot drome tot groot ambisies — elke Vissie het met trots gedeel wat hulle eendag hoop om te bereik. ✨

Mag hulle altyd in hulself glo, groot droom en nooit bang wees om hoog te mik nie. 💙💛❤️ Die wêreld wag vir alles wat julle eendag gaan word! 🚀

Our Grade 1s presented a special oral on Friday on what they would like to be when they grow up. 👩‍⚕️👨‍🚒👩‍🍳👨‍🚀 From big dreams to big ambitions, each Vissie proudly shared what they hope to become one day. ✨

May they always believe in themselves, dream big, and never be afraid to reach for the stars. 💙💛❤️ The world is waiting to see all that you will become! 🚀

*Droom groot. Glo in jouself. Reik altyd hoër.* 🌟
*Dream big. Believe in yourself. Always reach higher.* 🌟

Ons is geseënd en opreg dankbaar!!
21/08/2026

Ons is geseënd en opreg dankbaar!!

'n Nuwe rekenaarsentrum is onlangs by die Laerskool Dr. C.F. Visser in Bloemfontein ingewy.

Kom stal uit by Dr. C. F. Visser se jaarlikse Beesdrop! 🐄🎉Wil jy jou produkte of handgemaakte items aan die publiek beke...
19/08/2026

Kom stal uit by Dr. C. F. Visser se jaarlikse Beesdrop! 🐄🎉
Wil jy jou produkte of handgemaakte items aan die publiek bekendstel? Kom stal by ons uit!
💰 Stalletjiefooi: R200 per stalletjie
🚫 Geen kos, koeldrank of lekkers mag verkoop word nie.
Kontak ons gerus om jou staanplek te bespreek. Ons sien uit daarna om julle by ons Beesdrop te verwelkom! 🌟

Come and exhibit at Dr. C. F. Visser’s Annual Beesdrop! 🐄🎉
Would you like to showcase your products or handmade items to the public? Come and set up a stall at our event!
💰 Stall fee: R200 per stall
🚫 No food, soft drinks or sweets may be sold.
Please feel free to contact us to book your stall. We look forward to welcoming you to our Beesdrop! 🌟

🐄🎉 Kom deel in ons jaarlikse Beesdrop by Dr. C. F. Visser! 🎉🐄Kom geniet ’n heerlike dag vol vermaak vir groot en klein, ...
19/08/2026

🐄🎉 Kom deel in ons jaarlikse Beesdrop by Dr. C. F. Visser! 🎉🐄

Kom geniet ’n heerlike dag vol vermaak vir groot en klein, heerlike kosstalletjies en nog vele meer! 🌭🍔🎶

📅 12 September 2026
⏰ 08:00 – 14:00

Bring die hele gesin en kom geniet die dag saam met ons! Ons hoop om julle daar te sien! 🐄❤️

🐄🎉 Come and join us for our annual Beesdrop at Dr. C. F. Visser! 🎉🐄

Enjoy a fun-filled day with entertainment for young and old, delicious food stalls and much more! 🌭🍔🎶

📅 12 September 2026
⏰ 08:00 – 14:00

Bring the whole family and enjoy the day with us! We look forward to seeing you there! 🐄❤️

12/08/2026

🌿🦁 *OPEDAG 2026 | OPEN DAY 2026* 🦒🐘

*Wat ’n ongelooflike Opedag!* 💚💛
Ons skool het behoorlik gegons van opgewondenheid toe ons ons deure oopgemaak het om nuwe maatjies en hul families by die *Vissie-familie* te verwelkom. 🐾

Van vriendelike gesigte en lekker kuier tot die ontdekking van ons klaskamers en alles wat ons skool bied. Dit was vir ons ’n voorreg om ’n stukkie van dit wat *Dr. C.F. Visser Primêre Skool* so besonders maak, met julle te kon deel.🌿✨

’n *GROOT dankie* aan elke ouer, familielid en toekomstige Vissie wat die dag saam met ons kom geniet het. Ons hoop julle het net so lekker gekuier soos ons en dat ons binnekort baie van daardie klein gesiggies weer as deel van ons skoolfamilie sal sien! 💚

*Klein stappies. Groot toekoms.*🐾 Altyd Hoër!

*What an incredible Open Day!* 💚💛

Our school was buzzing with excitement as we opened our doors to welcome new little faces and their families to the *Vissie family.* 🐾

From friendly faces and special moments to exploring our classrooms and discovering everything our school has to offer, it was a privilege to share a little of what makes *Dr. C.F. Visser Primary School* so special.🌿✨

A *BIG thank you* to every parent, family member and future Vissie who joined us. We hope you enjoyed the adventure as much as we did, and we cannot wait to welcome many of those little faces back as part of our school family! 💚

*Small steps. Big future.*🐾 Always Higher!

🌿🦁 Net één slapie oor! 🦁🌿Die opwinding bou op, en ons kan nie wag om julle môre by Dr. C. F. Visser Primêre Skool se Ope...
06/08/2026

🌿🦁 Net één slapie oor! 🦁🌿

Die opwinding bou op, en ons kan nie wag om julle môre by Dr. C. F. Visser Primêre Skool se Opedag te verwelkom nie!

🌿🦁 Just one more sleep to go! 🦁🌿

The excitement is building, and we can't wait to welcome you tomorrow to Dr. C. F. Visser Primary School's Open Day!

🎉 *KOM VIER 100 JAAR VAN KUNS, KULTUUR EN TALENT!* 🎉Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging vier vanjaar sy *100ste bestaa...
30/07/2026

🎉 *KOM VIER 100 JAAR VAN KUNS, KULTUUR EN TALENT!* 🎉

Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging vier vanjaar sy *100ste bestaansjaar* - ’n besondere mylpaal vir een van die Vrystaat se mees geliefde kultuurinstellings.

✨ _VKV 100-JAAR GALA-AAND_ ✨
📅 Donderdag, 13 Augustus 2026
🕖 19:00
📍 Odeion

Kom geniet ’n onvergeetlike aand van herinnering, viering en inspirasie.

🎹 Van ons _spesiale gaste_ sluit *_Charl du Plessis_* en _*Corneil Muller*_ in, saam met ander bekende Vrystaters en toppresteerders van die 2026-kunswedstryd.

🎟️ _Kaartjiepryse:_
Volwassenes: R100
Pensioenarisse en kinders: R30

🎫 *Bespreek jou kaartjies op Quicket:*
https://qkt.io/vkvgala

Kunstenaars, skole, oud-deelnemers, ondersteuners en vriende van die VKV - kom vier hierdie geskiedkundige geleentheid saam met ons!

_Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging - 100 jaar van talent, kultuur en trots._

Address

Tibbie Visser Avenue 12, Estoire
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 13:30

Telephone

+27514331213

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr CF Visser Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Dr CF Visser Primêre Skool:

Share

Category