29/09/2024
Nog n suksesvolle jaarend reunie vergadering, ons vier ons laaste vergadering vir 2024met n Kersfees gemoed. Dankie vir julle lojale ondersteuning en sien uit na 2024 en ons 50jaar reunie Oktober.
Hierdie blad is JBM'ers vanaf 1972,73,74,75 Asb plaas foto's en jou inligting wie jy is en wie jy ken of soek
29/09/2024
Nog n suksesvolle jaarend reunie vergadering, ons vier ons laaste vergadering vir 2024met n Kersfees gemoed. Dankie vir julle lojale ondersteuning en sien uit na 2024 en ons 50jaar reunie Oktober.
07/08/2023
Ontbytsake | wenwenSake Wen met ontbytSAKE! Hou hierdie spasie en ons sosiale media-blaaie dop vir kompetisies waarvoor jy kan inskryf. Ons gee lekker pryse weg.
19/11/2022
Nog n suksesvolle jaarend reunie vergadering, ons vier ons laaste vergadering vir 2022 met n Kersfees gemoed. Dankie vir julle lojale ondersteuning en sien uit na 2023 en ons 50jaar reunie Oktober.
31/08/2022
Met groot hartseer verneem van mev Marietjie v.d. Walt sang juffrou wat gister oorlede is. Sterkte aan haar kinders en familie ons d**k aan julle in die tyd. R.I.V Juf Marietjie.
Dis met groot hartseer om te verneem dat Juf Ina v.d. Merwe is oorlede. My innige simpatie met haar familie en vriende.
Mnr Daan Bodenstein, baie geluk met mnr se verjaarsdag, vertrou u gaan n baie geseende jaar hê met goeie gesondheid. Geniet mnr se spesiale dag. Groete Frieda
08/05/2022
Sulke mooi ware woorde.
Gelukkige Moedersdag aan elke Maroela-mamma! Kristin Naude het geskryf:
My ma is nie ‘n vrou van staal nie, maar sy is my anker as ek wegdryf;
My ma is nie ryk nie, maar sy bederf my met haar liefde.
My ma is nie ‘n wetenskaplike nie, maar sy is die intelligentste vrou wat ek ken.
My ma is geen biblioteek nie, maar haar wyse woorde sal my altyd op die regte pad hou.
My ma dra nie luukse juwele om haar nek nie, maar sy hanteer my soos ‘n juweel in haar hande.
My ma was nog nooit op die voorblad van ‘n tydskrif nie, maar sy is beeldskoon.
My ma is nie ‘n held nie, maar sy red my elke dag.
My ma is nie ‘n komediant nie, maar sy laat my lag tot ek huil.
My ma is nie ‘n leier nie, maar sy lei my altyd na die regte keuses
My ma is nie die president nie, maar ek kyk op na haar.
My ma is nie ‘n koningin nie, maar sy’s ‘n ware kind van Die Koning.
Vir die wêreld is my ma net ‘n vrou, maar vir my is daardie vrou Die Wêreld!
Spesiaal aan my mamma in die hemel, ek mis mamma vandag spesiaal baie. Dankie vir die moeder wat mamma vir my was. Ek lief mamma so baie.
Dis met groot hartseer om te verneem dat ons vriendin Vera (1973) oorlede is gister. Baie sterkte aan die gesin en familie ons d**k aan julle. RIV Vera.
More vriende, ek het gister my skoondogter se babatee bygewoon vir my 6de kleinkind, ons is opgewonde om haar te verwelkom in Oktober. Nou sal ek 4 dogtertjies en 2 seuntjies hê. Die 1973 maats laat ons bietjie weet hoeveel kleinkinders julle het. Ons hou hierdie spasie dop om te sien hoe jou gesin uitgebrei het.