03/09/2023
Baie geluk aan die nuwe Langhorings wat ingehuldig was by die Veritas 45 Jaar Reunie. Dit is n groot een en baie dankie vir 7 jaar se toewyding aan die Huis!
Die klas van 2023 is:
Aat Lindeque
Arthur Koorts
Reinhard Buys
Andries Gous
23/08/2023
Na groot afwagting en opgewondenheid begin Veritas Reünie More met die Golfdag by Bloemfontein Golf Club. As jy nie self speel nie, kom maak n draai na die tyd by die koshuis vanaf 18:00!!!
14/08/2023
Geagte Veritas Alumni
Met die Reünie om die draai wil ons die honderde manne wat klaar bevestig het voor dankie se. Met die getalle en die program gaan dit een vir die boeke wees. Die golfdag en weekend pass (Vrydag en Saterdag oggend) oop vir RSVP tot 21 Augustus 2023.
Ons wil dit net weer beaam dat alle beter helftes en metgesel welkom is. Veritas is n familie en kom deel die 45 jaar se geskiedenis saam met jou geliefdes.
Gebruik die geleentheid om die Reünie van n leeftyd bytewoon.
Veritas 45 Jaar Reünie
Een man, een koshuis! Beste Huis Veritas lede, huidig, en gewese. Ons as Huis Veritas Alumni in samewerking met Huis Veritas nooi u hartlik uit na ons 45 Jaar Reunie op die naweek van die 26e & 27e Augustus 2023. Dit is n geleentheid vir gewese en huidige Veritas manne om van regoor die land vir n n...
30/06/2023
Geagte Veritas Manne.
Die 45 Jaar Reunie om 25 & 26 Augustus se RSVPs sluit Vrydag 30 Junie om Middernag vir die klere pakket. Vul nou jou RSVP vorm in om jou plek te bevestig. Bestellings en besprekings moet gemaak word, en daarom kan ons nie later as 30 Junie RSVP nie.
Vul jou RSVP hieronder:
https://forms.gle/i1EDyFZssQpzd3EZ7
Sien julle daar!
Veritas Alumni🌹
06/06/2023
Geagte Veritas Alumni, die tyd is nou hier uiteindelik. Ons 45 jaar reunie! Gaan registreer op die skakel aangeheg. Alle inligting word op die skakel verskaf. Veritas Et Justitia 1978-2023
Veritas 45 Jaar Reunie
Een man, een koshuis! Beste Huis Veritas lede, huidig, en gewese. Ons as Huis Veritas Alumni in samewerking met Huis Veritas nooi u hartlik uit na ons 45 Jaar Reunie op die naweek van die 25e & 26e Augustus 2023. Dit is n geleentheid vir gewese en huidige Veritas manne om van regoor die land vir n n...
28/02/2023
Geagte Veritas Alumni
Dit is met groot opgewondenheid dat ons die aankondiging maak van die Huis Veritas Alumni 45 Jaar Reünie op 25 & 26 Augustus 2023.
Soos die koshuis se Naam en Leuse: Veritas Et Justitia (Waarheid en Geregtigheid) is, sal ons seker maak dat die Alumni se Leuse - Veritas Vivit (Die Waarheid Leef Voort) met die Reünie bewys word.
Volledige program sal binnekort volg, saam met n registrasie vorm en n Reünie katalogus.
Hou die datum oop manne, dit gaan een wees vir die boeke.
Vriendelike Veritas Groete
Duan Viljoen
18/05/2020
Veritas Manne, die registrasies is oop kerels. Dit vat net n paar minute, gaan registreer nou asseblief ( DIt is verniet, bydrae is jou keuse). Daar is groot goed oppad en harde werk is gedoen om dit moontlik te maak. Share asseblief ook met julle jaar groepe.
www.veritasalumni.com
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdEX8sOwCrJr6UEvaApMtAh_kBxrTHoYgdagnsDlCu-zz3Sxw/viewform?usp=sf_link&fbclid=IwAR38GlVcKChOL2ACE8MPKztTCnmInth_Sw_SzeedpehiyE9ujfe4bkMloRs
Veritas Alumni
13/05/2020
Beste Ser koshuis in die geskiedenis! 5 National Titels! Die Legendes
Veritas Kleinser 10 year Reunion video
It has been 10 years since Veritas Kovsies won Ser Nationals. This is a tribute to 2010 and the song that won us a special award.