Wiskunde Wenners

Wiskunde Wenners πŸ“š Gr. 1–11 Maths Support Books
πŸ’› Helping children understand Maths and build confidence
πŸ† 15 000+ books sold
🚚 Delivery throughout South Africa
⬇️ Shop here ⬇️

Interaktiewe aanlyn klasse / Interactive online classes

πŸ’š Vandag, op WΓͺreldonderwysersdag, sΓͺ ons dankie.Dankie aan elke onderwyser wat elke dag met geduld verduidelik, weer ve...
05/10/2026

πŸ’š Vandag, op WΓͺreldonderwysersdag, sΓͺ ons dankie.

Dankie aan elke onderwyser wat elke dag met geduld verduidelik, weer verduidelik, aanmoedig en aanhou glo in die kinders voor hulle.

Dankie vir die ekstra tyd, die voorbereiding, die merkwerk, die motivering en al die klein dinge wat dikwels niemand raaksien nie.

’n Goeie onderwyser leer nie net inhoud nie β€” hulle help kinders om in hulself te begin glo. 🌈

Aan elke onderwyser wat met soveel toewyding ’n verskil maak: ons sien julle en ons waardeer julle.

Gelukkige WΓͺreldonderwysersdag! πŸŽπŸ“š
πŸ’š Wiskunde Wenners

02/10/2026

πŸ“š Het jou kind die hele vakansie niks Wiskunde gedoen nie?

Moenie paniekerig raak en die laaste paar vakansiedae skielik in ’n mini-skool verander nie. πŸ˜…

’n Klein bietjie doelgerigte hersiening kan reeds help om jou kind se Wiskunde-brein weer wakker te maak voordat die nuwe kwartaal begin.

In hierdie video deel ek 3 eenvoudige dinge wat ek sou doen. πŸ’š

πŸŽ₯ Kyk die video hier onder.

30/09/2026

πŸŽ‰ WEN 5 Wiskunde Wenners-boeke van jou keuse! πŸ“š

Ons is baie opgewonde om saam met Parenting Hub hierdie kompetisie aan te bied! πŸ’š

Een gelukkige wenner kan 5 Wiskunde Wenners Wiskundeboeke van hul keuse wen.

πŸ‘‰ Klik op die skakel hieronder om in te skryf en volg die kompetisie-instruksies by Parenting Hub.

Sterkte! πŸ€ Ons hoop daar is sommer ’n Wiskunde Wenner tussen julle! βž•βž–βœ–οΈβž—

https://parentinghub.co.za/competitions/win-with-wiskunde-wenners/?fbclid=PAdGRleAUqPtBleHRuA2FlbQIxMQBwZG9mAmZkaWQWUPZTiRqEj7t6d2DnXbGPoMvxdX_PdHNydGMGYXBwX2lkDzEyNDAyNDU3NDI4NzQxNAABpzQ94HX1Yo6hsmYlksV9nYBBDv8aqWuHXGqnPaO6UghQJLu3_Ek0olLOSPx__aem_8xlJ9JThm83V1CL5a0vU-Q

6 Stories. Latest story added on 30 September 2026. See insider moments and handpicked daily stories you won't find anywhere else.

πŸ’š Sukkel jou kind met Wiskunde?Sluit gratis aan by ons Wiskunde Wenners VIP Club op WhatsApp. πŸ“±In die groep deel ons ger...
30/09/2026

πŸ’š Sukkel jou kind met Wiskunde?

Sluit gratis aan by ons Wiskunde Wenners VIP Club op WhatsApp. πŸ“±

In die groep deel ons gereeld:

praktiese Wiskunde-wenke
raad vir ouers
idees om jou kind beter te ondersteun
belangrike Wiskunde Wenners-nuus en aankondigings

Dit is heeltemal gratis om aan te sluit. πŸ’š

πŸ‘‰ Sluit hier aan:
https://chat.whatsapp.com/Lwqt3ZRvVCTBJbsaax0CE6

Wiskunde hoef nie altyd so oorweldigend te voel nie. ’n Paar goeie wenke op die regte tyd kan reeds ’n groot verskil maak.

πŸ“š Graad 8 Wiskunde Jaareind-hersieningsweekOns Graad 8-hersieningsweek is oop vir besprekings! πŸŽ‰Vier LIVE aanlyn sessies...
29/09/2026

πŸ“š Graad 8 Wiskunde Jaareind-hersieningsweek

Ons Graad 8-hersieningsweek is oop vir besprekings! πŸŽ‰

Vier LIVE aanlyn sessies om Gr. 8-leerders doelgerig vir hul Wiskunde-jaareindeksamen voor te berei.

πŸ“… 2–4 November

πŸ’» LIVE aanlyn | Afrikaans

πŸŽ₯ Opnames beskikbaar indien jou kind ’n sessie mis

⏰ 4 ure se gefokusde hersiening

πŸ’° R400 vir die volledige reeks

Elke sessie volg ’n voorafbeplande program met fokus op belangrike konsepte, tipiese eksamenvrae, algemene foute en eksamentegniek.

πŸ“² Stuur β€œGRAAD 8” op WhatsApp na 083 579 5369 vir meer inligting of om jou kind se plek te bespreek.

πŸ“š Graad 10 Wiskunde Jaareind-hersieningsweekOns Graad 10-hersieningsweek is oop vir besprekings! πŸŽ‰Ses LIVE aanlyn sessie...
29/09/2026

πŸ“š Graad 10 Wiskunde Jaareind-hersieningsweek

Ons Graad 10-hersieningsweek is oop vir besprekings! πŸŽ‰

Ses LIVE aanlyn sessies om Gr. 10-leerders doelgerig vir hul Wiskunde-jaareindeksamen voor te berei.

πŸ“… 2–7 November

πŸ’» LIVE aanlyn | Afrikaans

πŸŽ₯ Opnames beskikbaar indien jou kind ’n sessie mis

⏰ 6 ure se gefokusde hersiening

πŸ’° R600 vir die volledige week

Elke sessie volg ’n voorafbeplande program met fokus op belangrike konsepte, tipiese eksamenvrae, algemene foute en eksamentegniek.

πŸ“² Stuur β€œGRAAD 10” op WhatsApp na 083 579 5369 vir meer inligting of om jou kind se plek te bespreek.

πŸ’š Julle het gevra – ons het geluister!  Ons Wiskunde Jaareind-hersieningsreekse vir Gr. 4–12 is nou oop vir registrasie....
26/09/2026

πŸ’š Julle het gevra – ons het geluister!
Ons Wiskunde Jaareind-hersieningsreekse vir Gr. 4–12 is nou oop vir registrasie. πŸ“š
Gr. 4–5: R200
Gr. 6–7: R250
Gr. 8–9: R400
Gr. 10–12: R600
πŸ’» LIVE aanlyn via Zoom
πŸŽ₯ Opnames ingesluit
πŸ“„ Klasnotas ingesluit
Wil jy die besonderhede vir jou kind se graad hΓͺ? Stuur net vir my die graad privaat op 0835795369, dan stuur ek die regte advertensie en inligting. 😊

25/09/2026

πŸŽ“ Het jy ’n Graad 12 in die huis?

Die laaste paar weke voor die eindeksamen kan vir ’n matriekleerder ongelooflik baie druk bring.

As ouer kan jy dalk meer beteken as wat jy besef. πŸ’š

πŸŽ₯ In vandag se video deel ek ’n paar eenvoudige maniere waarop jy jou Graad 12 nou kan ondersteun.

πŸ‡ΏπŸ‡¦ Gelukkige Erfenisdag, Suid-Afrika! πŸ‡ΏπŸ‡¦Vandag vier ons die verskillende tale, kulture en tradisies wat ons land so beso...
24/09/2026

πŸ‡ΏπŸ‡¦ Gelukkige Erfenisdag, Suid-Afrika! πŸ‡ΏπŸ‡¦

Vandag vier ons die verskillende tale, kulture en tradisies wat ons land so besonders maak. πŸ’š

Mag ons aanhou om ons kinders te leer om trots te wees op waar hulle vandaan kom, respek te hΓͺ vir ander en met hoop na die toekoms te kyk.

Gelukkige Erfenisdag van Wiskunde Wenners! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ’š

πŸ’š Volg Wiskunde Wenners nou ook op WhatsApp!Ons het ons Wiskunde Wenners WhatsApp Channel weer aktief gemaak. πŸŽ‰Volg die ...
23/09/2026

πŸ’š Volg Wiskunde Wenners nou ook op WhatsApp!

Ons het ons Wiskunde Wenners WhatsApp Channel weer aktief gemaak. πŸŽ‰

Volg die Channel vir:
πŸ“š Nuus oor ons Wiskunde-hulpboeke
πŸ’» Inligting oor klasse en hersieningsreekse
πŸ“’ Belangrike datums en aankondigings
🎁 Spesiale aanbiedinge en nuwe produkte

πŸ‘‰ Volg hier:
https://whatsapp.com/channel/0029VaDdDaKISTkD2yr5PH1K

Address

21 Greenwood Street, Fichardt Park
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 08:00 - 19:00
Tuesday 08:00 - 19:00
Wednesday 08:00 - 19:00
Thursday 08:00 - 19:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 12:00

Telephone

+27835795369

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wiskunde Wenners posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Wiskunde Wenners:

Shortcuts

Share

Category